Suid-Afrika se aantreklikheid as beleggingsbestemming vir mynbou het skerp gedaal sedert 2006.
New York: Amerika se ongeskikste stad
Intimiderende bestuurders, voetgangers wat nie glimlag nie en meer as agt miljoen haastige inwoners: New York is onlangs as die ongeskikste stad in Amerika aangewys.
SA se rykste persoon R61 miljard sterk
Suid-Afrika se rykste persoon is meer as R61 miljard sterk en ook van die 100 rykste mense in die wêreld.
DA-plakkaat veroorsaak opskudding
Die DA studenteorganisasie (Daso) het Maandag ʼn opskudding veroorsaak op sosiale netwerke nadat die organisasie sy nuwe werwingsplakkaat op Facebook geplaas het.
Skietgeveg breek uit by Jhb-laerskool
ʼn Skietgeveg het Dinsdagoggend uitgebreek tussen die polisie en ʼn vermeende rower by ʼn laerskool in Bryanston in Johannesburg.
De Kock vra om vergifnis
Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, Eugene de Kock, het om vergifnis gevra van die familie van die Johannesburgse prokureur, Bheki Mlangeni, wat in 1991 in ʼn bomontploffing dood is.
Bejaarde se motor deur vloedwater meegesleur
ʼn Bejaarde vrou is vir hipotermie behandel nadat haar motor deur vloedwater meegesleur is in Boksburg aan die Oos-Rand.
Nuuskommentaar: Juju en die Afrikaner se moermeter
“Julius Malema sal moontlik in die geskiedenis afgaan as die een mens wat daarin kon slaag wat min van die grootste Afrikanerhelde kon doen – om ‘n sterk gevoel van eensgesindheid onder die Afrikaner te kweek,” meen Herman Toerien.
Vyf vas na hulle bejaarde beroof, probeer keelaf sny
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn bejaarde vrou beroof en probeer het om haar keel af te sny in Naboomspruit in Limpopo.
Boer in Roossenekal vermoor, gesin vasgebind
ʼn Boer van Roossenekal in Limpopo is Maandagoggend in sy huis deur drie rowers doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Stille uitroepe om hulp en gesinsmoorde
Terwyl die land se oë gerig is op die daaglikse ANC-verwikkelinge wat soos ‘n sepsie oplossingstraag is, met uitstaande hoofrolspelers soos Julius Malema en pres. Jacob Zuma wat ‘n sterk, ondergeskikte rol vertolk, word die nuustoneel gereeld geskud deur moorde binne gesinsverband waarby polisielede dikwels betrokke is.
Puk-student wat verdrink se naam bekendgemaak
Die student wat Saterdagaand by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus in ʼn swembad verdrink het se naam is Maandagmiddag bekendgemaak.
Man ernstig beseer na mikrovliegtuig val
ʼn Britse man is ernstig beseer nadat sy mikrovliegtuig Maandag naby Munster aan die KwaZulu-Natale suidkus neergestort het.
Moordbeskuldigde sterf in ongeluk
ʼn Man wat beskuldig is van die moord op sy niggie in 2010 is in ʼn motorongeluk naby Joubertina in die Langkloof dood.
Weermaglid skiet vriendin, self
ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het glo sy vriendin doodgeskiet voor hy probeer selfmoord pleeg het.
Meisie ontsnap haar ontvoerders se kloue
ʼn Tiener van Johannesburg wat ʼn lewe van prostitusie onder dwang in die strate van Kaapstad ontvlug het, het ʼn vermeende mensehandelkring in Suid-Afrika oopgevlek, het EWN Maandag berig.
Selebi se toestand versleg
Voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is in die intensiewe sorgeenheid by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria opgeneem, het die Sowetan Maandag berig.
Kaapstad-inwoners boikot kantoorpark in Chapman’s Peak
Honderde inwoners van Houtbaai het onderneem om die oprigting van ʼn kantoorgebou op Chapman’s Peakrylaan te boikot, het EWN berig.
Meisie erg beseer ná perd haar skop
ʼn 18-jarige meisie is Sondagoggend beseer toe die perd waarop sy by die Wylebach-melkplaas buite Walkerville gery het, in ʼn sloot beland, omgerol en haar toe in die gesig geskop het, het paramedici gesê.
Video: Kroonstad-stasiegebou in puin gelê deur brand
Die Kroonstad-stasiegebou is Vrydagaand deur ʼn brand in puin gelê.