Die ses mans wat aangekla word van die moord op die kunstenaar Cornelius Bosch is Vrydagoggend vrygelaat nadat die aanklagte teen hulle teruggetrek is in die Pretoria landdroshof.
Panthers-rugbyklub geskors na beweerde rasvoorval
Die Panthers-rugbyklub van Edenvale aan die Oos-Rand is deur die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU)geskors na ʼn beweerde rassistiese geweld tydens ʼn wedstryd teen die Soweto-rugbyklub die naweek.
Oudpres. FW de Klerk doen ‘n beroep op ‘n sterk Suid-Afrikaanse taalwet
Oudpresident FW de Klerk het ‘n beroep gedoen op ‘n sterk Suid-Afrikaanse taalwet wat die taalregte in die grondwet ‘n werklikheid sal maak.
Nuwe toltariewe vir Gauteng-hoofweë
Die kabinet het toltariewe vir Gauteng se opgegradeerde hoofweë goedgekeur.
Gesondheidsplan van volgende jaar af geimplementeer
Die regering is besig om die land se gesondheidsfasiliteite te oudit om voor te berei vir die implementering van die nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV) in April 2012.
Talle beseer in ernstige botsing
Talle mense is beseer tydens ʼn ernstige botsing Donderdagoggend op die R300 hoofweg naby Vangaurd rylaan in Mitchells Plein in die Wes-Kaap.
Man wat glo vrou, seun verwurg se saak uitgestel
Die man van Linden, Johannesburg, wat sy vrou en kwadruplegiese seun glo verwurg het, se saak is uitgestel tot 19 Augustus.
Twee tieners wat aangekla word van moord op boer borgtog geweier
Die twee tieners wat aangekla word van die moord op die Vrystaatse boer, Thinus Uitenweerde, is borgtog geweier in die Bethlehem landdroshof.
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Shrien Dewani, wat verdink word van die moord op sy vrou Anni, mag na Suid-Afrika uitgelewer word om verhoor te word.
Mees gesoekte misdadiger ontsnap uit hof
Een van Suid-Afrika se mees gesoekte misdadigers, Bongani Moyo, het Woensdagoggend uit die Pretoria landroshof ontsnap berig EWN.
Die onrus smeul in Londen
‘n Jongman met ‘n gesigbalaklava wat oorhaal om ‘n petrolbom na ‘n rooi Londense bus te gooi. ‘n Pragtige glas- en siersteenwinkelsentrum se ingang met ruwe planke diggetimmer.
Gautrein-busbestuurders terug by die werk
Gautrein-busbestuurders wat vroeër die week begin staak het, is terug by die werk.
Vermiste Tukkies-student se liggaam gevind
Duncan Allan, die Tukkies-student wat drie weke gelede vermis geraak het, se liggaam is in sy motor buite Pretoria gevind.
Polisielid vas na bankroof gefnuik word
Drie mans is Dinsdagoggend in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hulle ʼn bank probeer beroof het.
DA sê vroue steeds nie vry van onderdrukking
Die DA sê vryheid van onderdrukking is slegs ʼn realiteit vir ʼn paar vroue in Suid-Afrika.
768 kriminele sake teen polisie
Die minister van polisie, Nathi Mthetwa, sê daar is sedert Januarie 2009 768 kriminele sake teen polisiebeamptes aanhangig gemaak.
Gautrein-busbestuurders wil staak
Die vervoervakbond Satawu sê sowat 400 busbestuurders wat pendelaars na die Gautrein vervoer kan staak indien ʼn salarisgeskil nie opgelos word nie.
Boere mag nie inspeksies op plase weier nie
Die departement van arbeid sê bewerings dat inspeksies op plase vooraf met boere gereël moet word, is onwaar.
Motorfietsryer dood, verkeersbeampte beseer na motoris glo jaag
ʼn Motorfietsryer is dood en ʼn verkeersbeampte ernstig beseer nadat ʼn bakkie hulle raakgery het in Potchefstroom in Noordwes.
Ondersoek na polisiebeampte glo selfmoord pleeg
Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n ondersoek van stapel gestuur rakende die dood van ‘n polisiebeampte van die Paarl wat glo selfmoord gepleeg het.