Mvula Isaac (48), ʼn inwoner van Verkeerdevlei in die Vrystaat, is skuldig bevind aan dieremishandeling nadat hy verlede jaar ʼn hond in ʼn slagyster gevang en vir ses ure lank laat ly het.
Bejaarde op verjaardag in aftree-oord vermoor
ʼn Inwoner van ʼn aftree-oord in Somerstrand, Port Elizabeth, se liggaam is Woensdag op sy 85ste verjaardag in sy kothuis aangetref.
Arbeidsdepartement sê oor ineenstorting van M1-brug
Die departement van arbeid het Woensdag ʼn mediakonferensie gehou om “voorlopige bevindinge” in die ondersoek na die M1-brug ineenstorting bekend te maak.
Nasionale maand van protes teen plaasmoorde aangekondig
AfriForum het Woensdag amptelik die maand November as ’n nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar. Gedurende dié maand sal verskeie aksies van stapel gestuur…
SA kry vroulike president (vir ʼn dag)
Suid-Afrika gaan vir ʼn kort periode ʼn vroulike president hê.
Groep rowers blaas ses kitsbanke op, skiet polisieman
ʼn Polisiebeampte is Woensdag in die vroeë oggendure in die maag geskiet, nadat ʼn groep van nagenoeg 20 “goed georganiseerde” rowers ses kitsbanke in Durban opgeblaas het.
NWU se Mafikeng-kampus gesluit
Die Noordwes-Universiteit het sy Mafikeng-kampus onmiddellik gesluit omdat betogende studente eiendom beskadig het.
Brande op Wits-kampus gestig ure voor universiteit heropen
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) moes Woensdag veiligheid by sy Braamfontein-kampus opskerp nadat eiendom op die kampus deur brande beskadig is.
Nuuskommentaar: Afrikanerkeuses – studente-opstande en plaasmoorde
AfriForum stuur eersdaags sy grootste internasionale veldtog teen plaasmoorde van stapel, maar geoordeel aan die media is nog net die studente-opstand nuus. Hoe raak dié kwessie die Afrikaner?
Polisieman by laerskool doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, is Dinsdagaand in sy eie motor by ʼn laerskool in Kaapstad doodgeskiet.
Polisieman vas oor ‘beplande roof’ op polisiestasie
Die Valke het Dinsdag ʼn polisiekonstabel in hegtenis geneem vir sameswering om die Dunnottar-polisiestasie, net buite Springs in Gauteng, van vuurwapens te beroof.
City Power-beampte vas oor kabeldiefstal
ʼn Senior werknemer van City Power in Johannesburg is in hegtenis geneem nadat vier kabeldromrolle met ʼn geraamde waarde van R350 000 elk in sy besit gevind is.
Zuma se seun veroordeel porno-skildery
[WAARSKUWING: Besonderhede in die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie]
[Foto’s] Duisende EFF-lede ruk op na JSE
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Dinsdag tydens ʼn opmars na die Johannesburgse aandelebeurs gesê die JSE is “vol rassiste wat nie naby swartmense wil wees nie”.
Werkloosheid neem toe, sê Stats SA
Die aantal persone wat werkloos is, het toegeneem, het Statistiek Suid-Afrika Dinsdag gesê.
Strafhof tref voorsorg as Basjir weer SA besoek
Fatou Bensouda, staatsaanklaer van die Internasionale Strafhof, het voorsorgmaatreëls getref om seker te maak dat Suid-Afrika die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis sal neem indien hy weer dié land besoek.
[Foto’s] Nóg Limpopo-studente vas oor plundery
Nog drie studente van die Universiteit van Limpopo is in hegtenis geneem in verband met brandstigting en plundery op die kampus.
Matrikulante moet R20 opdok vir eksamenrooster
Die Demokratiese Alliansie in Noordwes eis ʼn dringende ondersoek na bewerings dat matrikulante van Setumo High School in Mafikeng R20 moet betaal voordat hul die eksamenrooster ontvang.
2016-studiegeld: Regering sê dán waar geld vandaan gaan kom
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het gesê ʼn aankondiging sal Donderdag gemaak word oor waar die regering die R2,6 miljard gaan kry om op te maak vir die 2016-studiegeldverhoging wat onlangs geskrap is.
Mynwerker sterf in modderstorting
ʼn Lokomotiefdrywer is Maandag tydens ʼn modderstorting by die Lonmin-myn buite Rustenburg in Noordwes dood.