Die bekende radio-omroeper, Darren Scott, het aangekondig dat hy en sy vrou gaan skei
Honderde babas in Gauteng-hospitale agtergelaat
ʼn Gemiddeld van 11 babas word elke maand in Gauteng-hospitale agterlaat.
Nuuskommentaar: Dinge word warm vir witwees – persepsie of werklikheid?
Die laaste apartheidswet is lank voor 1994 deur die vorige regering uit die wetboek verwyder. Tog is rassistiese wetgewing in volle glorie terug op die wetboek, en het ’n bepaalde diskriminerende uitwerking sodat twee rubriekskrywers wat vir liberale standpunte bekend is, nou oor die onaangename (vir wit) uitwerking daarvan skryf.
Party soek register van ‘studenteskollies’
Te midde van die onlangse landwye betogings deur studente oor studiegeld, onder die vaandel #feesmustfall, het die Congress of the People (Cope) Maandag aangekondig: Hooligans at varsities must fall!
Russiese vliegtuig breek glo al in lug in stukke
Die Russiese vliegtuig wat Saterdag in Egipte neergestort het, het reeds in die lug in stukke begin breek.
Drie voetgangers in KZN doodgery
Drie mense is Sondagaand in drie afsonderlike voorvalle naby Durban doodgery.
Man in hof oor moord op minister se seun
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Chumani Nqakula, die seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, vermoor het, sal Maandag in die hof verskyn.
Afslag op e-tolskuld ʼn ‘klug’
Die 60%-afslag wat aangebied word op e-tolskuld is ’n klug en verander niks nie, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) gesê.
Polisie kry groot hoeveelheid perlemoen
Die polisie in die Wes-Kaap het vyf mans in hegtenis geneem en op ʼn vragmotor beslag gelê wat vier ton perlemoen vervoer het.
Nuutste oor kommissie van ondersoek na universiteite
Die presidensie het aangekondig dat pres. Jacob Zuma tans die vestiging van ’n amptelike kommissie van ondersoek verken om te kyk na transformasie, gratis onderwys en institusionele selfseggenskap by universiteite.
SA ervaar ernstige waterkrisis, sê minister
Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het Donderdag gesê Suid-Afrika word deur ʼn ernstige waterkrisis in die gesig gestaar en dat uitgebreide waterbeperkings moontlik ingestel moet word.
Ontsnapte verdagte gewond toe polisie hom weer vastrek
ʼn Verdagte wat uit aanhouding by die Tembisa-landdroshof aan die Oos-Rand ontsnap het, is Vrydag gewond toe die polisie hom weer in hegtenis geneem het.
Minister se seun vermoor
Die 23-jarige seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, is Saterdag vermoor.
Nuwe regulasies vir lisensietransaksies tree in werking
Motoriste moet van 1 November persoonlike en adresbesonderhede verifieer vir alle motor- en bestuurslisensietransaksies.
Ondersoek oor polisie wat verdagte glo op teregstellingswyse skiet
“Dan herposisioneer die konstabel homself, strek sy arm uit, mik en skiet hom dood. Bloed stroom oor die sypaadjie.”
Man vas vir Rhodespark-aanval
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die skokvoorval waartydens twee pare op 17 Oktober in Rhodespark in Kensington in die ooste van Johannesburg aangeval is. Twee mans is vermoor en ʼn vrou is verkrag in die voorval.
Bekende Pta-restaurant in brand verwoes
“Soos met enige grasdakgebou het die vlamme soos blits versprei en binne oomblikke was die hele gebou in ligte laaie.”
Probleme kan kom ná die verkiesingsuitslae in Tanzanië
Die Chama Cha Mapinduzi- party (CCM of rewolusionêre party) se presidensiële kandidaat, John Magufuli, is Donderdagaand aangewys as die wenner in Tanzanië se presidentsverkiesing.
Kind vermis nadat swerm bye hom jaag
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se hulp is Saterdag ingeroep nadat inwoners vermoed het dat ʼn kind by die hawe in Hermanus in die Wes-Kaap in die see gespring het nadat hy deur ʼn swerm bye gejaag is.
UWK-bestuur versoek studente om betogings te staak
“By die koshuise het veiligheidsbeamptes hulle toegang geweier, waarna die studente gordels, bakstene, stokke en sambokke teen die veiligheidswagte gebruik het. Verskeie van ons veiligheidsbeamptes is beseer, een so erg dat hy gehospitaliseer moes word.”