Een van die Oos-Kaap se mees gesoekte verdagtes is Vrydagoggend in Duncan Village in Oos-Londen in hegtenis geneem.
Durban-polisie fnuik rooftog
ʼn Sakeroof is Vrydagoggend in Wentworth, Durban in KwaZulu-Natal afgeweer en ses verdagtes is in hegtenis geneem toe die polisie flink reageer het.
Vrystaat-reeksmoordenaar beken skuld
Nog twee liggame is Vrydag op die plaas Geduld naby Kestell in die Vrystaat uitgehaal, wat die aantal liggame op ses te bring staan.
‘Begin van die einde vir Afrikaans op die Puk’
Eerstejaarsklasse op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus sal vanaf volgende jaar deur middel van parallelmediumonderrig aangebied word.
Stiefma gevonnis oor kleuter se dood
Linda Hope (25) is Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis in verband met die moord op die tweejarige Christabelle, haar man Wynand Hope, se biologiese dogtertjie.
Stella-boer en medebeskuldiges in hof oor aanranding, moord
ʼn 48-jarige boer van Stella, sy vrou en vyf ander verdagtes het Vrydag in die Vryburg-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord, aanranding en ontvoering.
Derde verdagte vas in Panayiotou-saak
ʼn Derde verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jayde Panayiotou.
R1.4 miljard-tender toegeken om skip te bou
Suid-Afrika se skeepsbouvenootskap SMIT Amandla Marine en Damen Shipyards Cape Town het ʼn tender van R1.4 miljard bekom wat ongeveer 500 poste sal skep en die plaaslike bedryf sal bevorder.
Inwoners gemaan om water spaarsamig te gebruik
Rand Water het Vrydag inwoners van Gauteng weer gemaan om water spaarsamig te gebruik, aangesien watertekorte dreig weens min reën.
Groepe pak Lesufi ná uitlatings oor Afrikaanse skole
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die burgerregte-organisasie AfriForum het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, die stryd aangesê na ʼn hofbeslissing wat hom die mag gee om te besluit of ʼn skool vol is of nie.
Kovsie-studente moet stem oor Afrikaans
Studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) neem tans aan ʼn stemproses deel oor taalbeleid by dié tersiêre instelling.
Nuuskommentaar: In die sweet van jou ‘demands’…
Hoe lank kan ’n ekonomie ’n “demand”-kultuur bly dra? Want iemand moet die rekening daarvoor betaal, skryf Herman Toerien.
Twee beseer toe hulle uit bewegende trein val
Twee mans, in hul 50’s, het Donderdagmiddag ernstige beserings opgedoen toe hulle naby die Langlaagte-stasie, in die suide van Johannesburg, uit ʼn bewegende trein geval het.
Drie vas oor Luckhoff-diefstal
Drie mans, tussen 21 en 34 jaar oud, verskyn Vrydag in die Fauresmith-landdroshof in die Vrystaat in verband met voorvalle van diefstal vandeesmaand in Luckhoff.
Verdagtes steeds soek ná kluis opgeblaas is
Die polisie in Clarens in die Vrystaat het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn instapkluis by die Gladstone-kantoor in Golden Gate op 5 Februarie vanjaar opgeblaas is.
Kinderverkragter gevonnis vir onopgeloste sake uit 2013
ʼn 21-jarige man is uiteindelik gevonnis in twee sake van kinderverkragting wat nie in 2013 opgelos is nie, danksy knap speurwerk deur die polisie.
Politici se geskenke, aandele verklaar
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het sy persoonlike rykdom van meer as R110 miljoen verklaar, het die Register van Ledebelange Donderdag gewys.
Twee sit lank oor agt familielede se moord
Twee mans is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof in KwaZulu-Natal gevonnis vir die moord op agt mense.
Kuierplek permanent gesluit ná sterftes tydens stormloop
Die Wes-Kaapse dranklisensiëringstribunaal het Donderdag Osi’s Place, ʼn kuierplek in Khayelitsha, permanent gesluit ná ʼn stormloop in Junie die lewe van verskeie jong meisies geëis het.
Departement waarsku oor droogte; waterbeperkings ingestel
Die departement van water en sanitasie het sy kommer uitgespreek oor die droë seisoen wat Suid-Afrika tans beleef.