ʼn Metropolisiebeampte is Donderdagoggend by die Kempton Park treinstasie doodgeskok tydens ʼn beweerde gyselaarsdrama.
Zuma se kleinneef vas vir spoed
President Jacob Zuma se kleinneef, Khulubuse, is in Balito aan die KwaZulu-Natalse kus in hegtenis geneem vir ʼn spoedoortreding.
Polisieman skiet vrou, self
ʼn Polisieman van Mpumalanga het sy vrou doodgeskiet en ʼn buurman gewond voor hy selfmoord gepleeg het.
Man ernstig beseer in vliegongeluk
ʼn Man van Port Elizabeth is ernstig beseer toe hy Woensdagaand met sy Aquilla-mikrovliegtuig op ʼn plaas in Uitenhage in die Oos-Kaap neergestort het.
Sakeondernemings gewaarsku teen ‘rugbyman’
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê minstens twee Kaapse restaurante was slagoffers van ʼn man wat beweer dat hy ʼn verteenwoordiger is van die organisasie.
Polisie: ‘Henning nie in hegtenis geneem’
Die polisie in Gauteng sê die vermoorde Chanelle Henning se eksman is teen Donderdagoggend nog nie in hegtenis geneem nie.
Video’s: Laeveld-vloede veroorsaak chaos
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke-owerheid (SANparke) het laat Woensdagaand ʼn nuwe waarskuwing uitgereik oor vloede in die Krugerwildtuin.
Nuuskommentaar: Weer- en klimaatsvoorspelling
Vanoggend lui twee opskrifte in Volksblad: “Vloedwater laat spoor van verwoesting” en “Droogte knel N-Kaap boere”. Boonop teister hittegolwe die Wes- en Suid-Kaap, en veldbrande stel reuse eise aan mens en dier. Dit werp ‘n treurige blik op ‘n stuk onbekookte wetgewing wat darem intussen koue voete gekry het – om die SA Weerdiens in wese die monopolie oor stormwaarskuwings te gee.
Paartjie dood gevind in vakansiewoonstel
ʼn Man en vrou is Dinsdagmiddag dood aangetref in ʼn vakansiewoonstel in George in die Wes-Kaap.
Foto’s: Vloede in Krugerwildtuin en omgewing
[nggallery id=19]
Waarskuwing oor vloede in Krugerwildtuin
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke-owerheid (SANparke) het Woensdag ʼn dringende waarskuwing uitgereik oor vloede in die Krugerwildtuin.
Polisie waarsku oor slenter
ʼn Bejaarde man is Woensdag van R8 000 beroof by die Lenasia-winkelsentrum in Gauteng nadat rowers hom met ʼn skelmstreek in hulle motor gekry het.
Man wis gesin uit, pleeg selfmoord
‘n Man van Brits in Noordwes het sy vrou en twee jong seuns vermoor voor hy selfmoord gepleeg het.
Man sterf na trein motor tref
ʼn Man is Woensdag dood nadat ʼn trein sy motor getref het op ʼn spoorwegkruising buite Potchefstroom in Noordwes.
Video: Bloulig-tiener eet self, praat weer
Thomas Ferreira, wat verlede jaar deur ʼn LUR se ampsvoertuig raakgery is in Krugersdorp, eet nou self en het ook weer begin praat.
Nuuskommentaar: Die skoonste taal
Die vraag is nie of daar ‘n aanslag teen Afrikaans is nie, die vraag is hoe groot daardie aanslag is. En die aanslag kom ook nie net vanuit ANC-geledere nie.
Boer loof reuse beloning uit na renosterstropery
ʼn Boer van Hartenbos het Dinsdag ʼn reuse beloning uitgeloof vir inligting oor ʼn renosterbul wat die naweek op sy plaas doodgemaak is.
Vrae oor verslag wat sê Kaap gevaarliker as JHB
Die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) het Dinsdag die geloofwaardigheid en waarde bevraagteken van ʼn Mexikaanse organisasie se verslag wat beweer Kaapstad is die gewelddadigste stad in Afrika.
Chanelle Henning-moord: ‘Eksman is nou verdagte’
ʼn Polisie ondersoeker het Dinsdag bevestig dat Chanelle Henning se vervreemde man nou ʼn verdagte is in haar moordsaak.
Oud-polisieman tronk toe vir moord op vrou
ʼn Voormalige polisieman is Dinsdag in die Pietermaritzburg hooggeregshof tronkstraf opgelê vir die moord op sy vrou.