Katelint da Costa, die agtjarige meisie van Lephalale (Ellisras) wat ernstige brandwonde opgedoen het toe haar ouerhuis in ʼn brand vernietig is, is oorlede.
Vierjarige sterf ook ná suur-aanval
Die polisie in Durban ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vierjarige seuntjie en sy tannie gesterf het nadat suur oor hulle uitgegooi is.
Ses beseer ná skietery by taxistaanplek
Ses mense is Dinsdagaand beseer tydens ʼn skietery omstreeks 18:30 by die Noordstraat-taxistaanplek in Joubertpark, Johannesburg.
Vyf beseer toe bus deur huis bars
Paramedici is Dinsdag ontbied nadat ʼn bus deur ʼn huis se muur in Ashville in die Ilembe-distrik in KwaZulu-Natal gebars het.
Groot geskenk aan Legoland-baba
Lucas Atkinson, wat onlangs in die parkeerterrein van Legoland in Windsor in Engeland gebore is, het ʼn groot geskenk van dié speelpark ontvang.
[Video] Skool in sop oor lyfstraf
‘n Privaat skool in Bloemfontein word straks deur strafregtelike én siviele optrede in die gesig gestaar nadat bewerings van lyfstraf op die skoolterrein op die lappe gekom het.
Ladybrand-ouma se verkragter sit lank
ʼn 38-jarige man wat ʼn 78-jarige ouma vroeër vanjaar in die Ladybrand-omgewing in die Vrystaat verkrag het, is in die dorp se streekshof gevonnis.
Aurora-direkteure binnekort gesekwestreer
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het vandag Solly en Fazel Bhana se aansoek om appèl oor die vroeëre uitspraak dat hulle aanspreeklik is vir R35 miljoen in die Aurora-saga, van die hand gewys.
Pogings om wittes na SANW te lok, is nie eerbaar nie, sê VF Plus
Volgens die VF Plus is die ANC-regering se beroep op wittes om weer by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aan te sluit, nie eerbaar nie.
Walglike omstandighede in Pollsmoor tronk bekend gemaak
“Die selle is so vuil dat gevangenes blase, jeuksiekte, wonde en sere het van die luis-besmette beddegoed wat nog nooit gewas is nie. Gevangenes is siek en kan nie toegang tot medisyne kry nie weens gereelde voorraadtekorte, wat tekorte aan tuberkulose-medikasie insluit.”
VSA waarsku oor moontlike terreuraanval op belange in SA
Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het gesê hy het inligting ontvang dat ekstremiste moontlik Amerikaanse belange in Suid-Afrika teiken.
Man agter tralies ná wrede verkragting van bejaarde
ʼn 38-jarige verkragter is Dinsdag in die Ladybrand-streekshof tronkstraf opgelê nadat hy ʼn 78-jarige vrou wat hy goed geken het, wreed verkrag het.
Geen kommentaar meer op News24
News24 het Dinsdag aangekondig dat hy die kommentaarfunksie op sy aanlynberigte gaan verwyder.
Vrystaat-boer buite plaashek geskiet
ʼn Boer van die Vrystaat is Dinsdagoggend reg buite sy plaas in die Boshof-omgewing geskiet.
[Foto’s] Bejaarde man, trokbestuurder sterf in botsing
Twee mans is Dinsdag dood in ʼn kettingbotsing op die M7 in Durban.
Tiener vas vir moord ná man aan heining hang
Lenka is gevind waar hy naby sy huis aan ʼn duiwelsvurkheining gehang het, met ʼn skerp voorwerp in sy nek gesteek.
‘Rassistiese’ UJ-dosent afgedank
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het ʼn dosent wat rassistiese uitlatings op sosiale media gemaak het, afgedank.
Internasionale Strafhof soek antwoorde van SA oor Al-Basjir
Die Internasionale Strafhof het Suid-Afrika versoek om te verduidelik waarom pres. Omar al-Basjir van Soedan nie tydens sy besoek aan Suid-Afrika in hegtenis geneem is nie.
Voormalige kelner vas ná moord op Pta-ouma
ʼn Vermeende dwelmverslaafde is Maandag in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem skaars nege uur nadat hy Anita Cassell, ’n ma en ouma in haar laat 60’s, na bewering verskeie kere met ʼn mes gesteek het.
Duisende by Solidariteit Beweging Toekomsberaad verwag
Duisende afgevaardigdes, lede en vriende van instellings van die Solidariteit Beweging sal na verwagting Saterdag 10 Oktober in Pretoria byeenkom vir die historiese Toekomsberaad.