ʼn 36-jarige man is Woensdag in Everham, Phoenix in KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem vir die besit van dwelmmiddels en onwettige vuurwapens.
Stern-skildery wat as kennisgewingbord gebruik is vir miljoene opgeveil
Die eienaars van die woonstel het die skildery as ʼn kennisgewingbord gebruik en poskaarte en rekeninge daaraan vasgespeld, onbewus van die waarde daarvan.
Julius Malema geskors uit parlement
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag die eerste slagoffer geword van die nuwe strenger parlementêre reëls toe hy fisies uit die Nasionale Vergadering verwyder is oor aanmerkings wat hy oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa gemaak het.
250 vas in KZN vir seksuele oortredings
Die polisie in KwaZulu-Natal het in Augustus 250 verdagtes op aanklag van seksuele oortredings in die provinsie in hegtenis geneem.
Twee in hof oor Durban Day-moord
Twee mans het Woensdag in die hof verskyn in verband met die moord op ’n man Sondagaand by East Coast Radio se Durban Day-geleentheid.
VSA-terreurwaarskuwing: SA-paspoort wek glo kommer
Suid-Afrikaanse intelligensie- en wetstoepassingsagentskappe het Woensdag gesê daar is geen “geloofwaardige of onmiddellike” terreurdreigemente teenoor Amerikaanse belange in Suid-Afrika nie.
Nog 2 polisiebeamptes doodgeskiet
“Dit is tyd dat wetstoepassers hulself beskerm teen hierdie gevoellose misdadigers.”
170 km, drie lande, 46 uur, een stel tekkies en ʼn hart vol durf
Stel jouself voor: dis Vrydagaand om 18:00 en jy staan gereed met net jou paar hardloopskoene aan jou voete, ʼn waterbottel oor jou skouer en ʼn paar energiestafies iewers in jou sak versteek. Voor jou lê 170 km oor drie lande, meer as 10 000 m se klim (dis hoër as Everest!) en jy moet dit binne 46 uur voltooi.
Paartjie in hof ná moord op Pta-ouma
Johannes (Johan) Visser, die 34-jarige vermeende dwelmverslaafde wat Maandag in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem is vir die moord op Anita Cassell, het Woensdag saam met sy vriendin in die hof verskyn.
Plaasverkragting: “Geregtigheid het geskied”
“Geregtigheid het geskied,” het ʼn dankbare Mariaan Wentzel, ʼn inspekteur van die Lephalale (Ellisras)-DBV gesê, nadat haar verkragter Woensdag gevonnis is.
Alldays-dryfjag ‘wettig en verantwoordelik’
Die departement van toerisme en omgewingsake in Limpopo het Woensdag gesê die omstrede dryfjag wat vandeesweek in Alldays plaasvind, is wettig en word op ʼn “verantwoordelike wyse” uitgevoer.
Stiefpa vas vir verkragting van tienerdogter
ʼn Man van Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat sy 15-jarige stiefdogter vir haar onderwyseres vertel het dat hy haar glo verkrag.
Valke vang ‘polisiemoordenaar’
Die valke het ʼn 34-jarige man in hegtenis geneem vir die onlangse moord op ʼn Oos-Kaapse polisiesersant.
Onnie steek haarself aan die brand
Die eienaar van ʼn kleuterskool in Port Elizabeth is dood nadat sy Woensdagoggend glo petrol oor haarself uitgegooi en haarself toe aan die brand gesteek het.
Saru-president vaar uit teen transformasie-kritiek
“Die idee van ‘n ‘eksklusiewe’, ‘wit-gedomineerde’ spel is om die minste te sê, lagwekkend.”
Dullstroom-plaasmoord: Twee skuldig wat boer ‘vermink’
Twee mans is Woensdag skuldig bevind aan die wrede moord op Sarel Janse van Rensburg (75) in September verlede jaar op ʼn plaas naby Dullstroom in Mpumalanga.
[Video] Man stormloop selfoondief in Jhb-winkelsentrum
Jacques Erasmus (37) het oornag ʼn internetsensasie geword nadat hy die naweek ʼn vermeende selfoondief in ʼn gewilde winkelsentrum in Johannesburg platgetrek het.
Siriese vlugtelinge nie welkom in Golfstate
Terwyl Europa steier onder die druk van meer as ʼn miljoen vlugtelinge, tree die Arabiese Golfstate, van die rykste lande ter wêreld, afkeurend teen die vlugtelinge op.
Man vermoor glo drie ander oor stamleierskap
ʼn Man wat glo drie mense doodgeskiet het nadat hulle ʼn petisie wou oorhandig om hom van tradisionele leierskap te weerhou, sal Woensdag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn.
Man vas oor vrou se skietdood: ‘Ons het dit heeltyd vermoed’
“Hy het maar snaakse neigings gehad; erg buierig. Odette het van tyd tot tyd dinge laat val soos dat hy ʼn private speurder gekry het om haar te agtervolg.”