Duisende afgevaardigdes, lede en vriende van instellings van die Solidariteit Beweging sal na verwagting Saterdag 10 Oktober in Pretoria byeenkom vir die historiese Toekomsberaad.
Dowe vrou se lyk in huis aangetref
Familie en vriende van ʼn dowe vrou van Port Elizabeth is in rou gedompel nadat haar liggaam Maandag in haar huis gevind is.
‘Veiligheidsbeamptes’ roof R1 miljoen by ander
Sowat R1 miljoen is Dinsdagoggend gesteel nadat ʼn SBV-veiligheidsbeampte deur twee gewapende mans in Hazyview in Mpumalanga beroof is terwyl hy geld in ʼn kitsbank gelaai het.
Meer as R1 miljoen se batterye uit selfoontorings gesteel
ʼn Man sal Dinsdag in die Kimberley-landdroshof verskyn nadat hy na bewering batterye ter waarde van meer as R1 miljoen uit selfoontorings gesteel het.
Gru-botsing eis 5
Vyf mense, onder wie twee kinders van onderskeidelik vyf en sewe jaar oud, is dood en drie mense kritiek beseer nadat twee motors Maandagaand naby Brits in Noordwes gebots het.
Eerste klomp diere dood in Limpopo-dryfjag
Buitelandse jagters het Maandag voortgegaan met die omstrede dryfjag in Alldays, Limpopo, ondanks sterk openbare teenkanting en negatiewe publisiteit rondom die praktyk.
Nuuskommentaar: Aktivisme of terreur – waar lê die grens in die stryd om die behoud van Afrikaans op kampusse?
Voldoen die gewelddadige anti-Afrikaanse studentebetogings soos by die Elsenburg-lanboukollege ondervind is, nie aan die vereistes vir terreur nie? Herman Toerien het wydlopend ondersoek gaan instel.
Meisie (8) glo verkrag terwyl sy regmaak vir skool
ʼn Man van die Wes-Kaap verskyn na verwagting Dinsdag in die hof nadat hy glo sy agtjarige stiefdogter verkrag het
‘Ma’ weer in hof vir ontvoering 18 jaar gelede
Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy die drie dae oue Zephany Nurse 18 jaar gelede uit haar bedjie in die Groote Schuur-hospitaal ontvoer het, sal Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.
Kommer oor swanger ma’s wat drink
Suid-Afrika het die hoogste aangetekende koers van fetale alkoholsindroom, het The Times Dinsdag berig.
TLU SA: 1 000 jaar nodig om grondeise te verwerk
“Die gevolg is dat boere onseker bly oor die toekoms, nuwe toetreders is huiwerig om by landbou betrokke te raak en verbruikers raak al meer bekommerd of daar kos op die tafel gaan wees en wat die prys daarvan gaan wees.”
Staat wil ingryp oor valse kwalifikasies
“Vir minder as R1 000 kan jy omtrent enige graad bekom, van eerste grade tot doktorsgrade deur duisende graadverkopers oor die hele wêreld.”
Twee vas vir Durban Day-moord
Twee mans is in hegtenis geneem vir die moord van ’n man, Montreal King (19), Sondagaand by East Coast Radio se Durban Day-geleentheid.
[Video] Vuurbal laat tonge klap
Dramatiese beeldmateriaal van ʼn ‘raaiselagtige vuurbal’ wat Maandagoggend oor Thailand neergestort het, laat die tonge klap op sosiale media.
Tieners vas oor gewapende roof in Grahamstad
Vier tieners het Maandag in die Grahamstadse landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van gewapende roof.
‘Boere moet kinders opvoed oor optrede tydens plaasaanvalle’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê almal in landelike gebiede moet met hulle kinders gesels oor plaasaanvalle.
Vyfjarige in Noord-Kaap vermoor
Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vyfjarige seuntjie, Boitumelo Engelbrecht, se liggaam Sondag omstreeks 16:00 in ʼn droë dam in Daniëlskuil opgespoor is.
[Foto’s] Slang by kleuterskool
Paramedici van Netcare 911 is Maandag na ʼn kleuterskool in Amanzimtoti ontbied toe ʼn slang op hul speelgrond ontdek is.
10 punt-voorkomingsplan vir kampusse
AfriForum Jeug het vandag ’n Nasionale Voorkomingsplan vir kampusse regoor Suid-Afrika bekendgestel.
Pta-polisieman skiet glo vrou dood, toe homself
ʼn Polisiesersant het glo sy vrou doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het by die polisiekollege in Pretoria-Wes.