Die ontdekking van ‘n slangfossiel wat 110 miljoen jaar oud is in Brasilië werp nuwe lig op die verwantskap met akkedisse.
Bfn-huishulp helder oordag by werk vermoor
ʼn Huishulp van Bloemfontein is Maandag helder oordag, in die huis waar sy werk, met ʼn tou verwurg.
Man se liggaam langs dooie hond gevind
Die polisie het ʼn aansienlike beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ʼn verdagte of verdagtes wat John Barnes (66), ʼn inwoner van Plettenbergbaai, Vrydagoggend in sy huis saam met sy hond doodgeskiet het.
Lindley-boer se seun vertel van woede, bitterheid na moord
“Mense praat altyd van die brutaliteit en die wreedheid van plaasmoorde, maar glo my, jy weet nie wat brutaliteit is tot jy self jou pa in daardie toestand moes optel nie.”
Matriekafskeid eindig tragies vir Nelspruit-meisie
Michaela Harmse, ʼn 17-jarige leerling aan Hoërskool Bergvlam in Nelspruit, se matriekafskeiddroom het tragies geëindig toe sy tydens ʼn botsing uit ʼn voertuig geslinger is en ʼn gedeelte van haar gesig vergruis is.
Stellenbosch-bylmoorde: NVG bestudeer nog dossier
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag gesê daar is nog nie besluit of die Stellenbosch-bylmoorde verder ondersoek sal word of na ʼn geregtelike ondersoek verwys sal word nie.
Dawie Roodt-aanval: ‘Sy gemoed is goed’
Die bekende ekonoom en TV-aanbieder Dawie Roodt (54) is Sondag vir ʼn tweede keer geopereer nadat hy en sy gesin Donderdagaand deur rowers in hul huis oorval en hy aangerand is.
Jhb-vrou skiet twee huisrowers dood
ʼn Inwoner van Glenvista in die suide van Johannesburg het Maandagoggend twee vermeende rowers in haar huis doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Hoe ver sal die Afrikaner sy volksidentiteit dryf of bodder hy hoegenaamd?
Die kwessie van Afrikanerskap eerste, of Suid-Afrikanerskap eerste, het pas weer onregstreeks momentum gekry ná die afsterwe van die Stellenbosse filosoof prof. Johan Degenaar. Pluraliteit is onder meer teenoor nasiebou gestel.
‘Lughawe-rower’ aangekeer
ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy deel is van ʼn bende wat mense van die OR Tambo-lughawe agtervolg en hulle beroof as hulle by hul bestemmings aankom, is oor die naweek in hegtenis geneem.
Beurtkrag Maandagaand ʼn moontlikheid
Eskom het Maandagoggend gesê dat geen beurtkrag vir die dag beplan word nie.
Stad Kaapstad waarsku teen onwettige HOP-huise
Die stad Kaapstad het voornemende kopers van HOP-huise gewaarsku om seker te maak dat die huis wat hulle beplan om te koop, wel wettig verkoop mag word.
Neef glo vermoor oor geheuestokkie
ʼn 21-jarige man is naby Vryburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy oor die naweek glo sy 28-jarige neef vermoor het, glo oor ʼn rekenaargeheuestokkie.
Whitney Houston se dogter Bobbi Kristina oorlede
Bobbi Kristina Brown, die dogter van Whitney Houston en Bobby Brown, is Sondag in die ouderdom van 22 oorlede.
Gewelddadige misdadigers ontsnap uit polisieselle
Die polisie in Bellair, KwaZulu-Natal, is op soek na drie gevaarlike misdadigers wat Sondagoggend uit aanhouding ontsnap het.
Tragedie tydens hengeluitstappie: Liggaam spoel twee weke later uit
Die liggaam van Hendro Schutte (29), het Sondagoggend in Barberspan naby Delareyville in Noordwes uitgespoel nadat hy op 11 Julie vermoedelik saam met sy oom verdrink het.
Malema maan Vavi, Jim en Mathunjwa om nuwe federasie te vorm
Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag Zwelinzima Vavi, die voormalige hoofsekretaris van Cosatu en Irvin Jim, hoofsekretaris van die vakbond Numsa, gemaan om by Amcu-president Joseph Mathunjwa aan te sluit om ʼn nuwe federasie te vorm.
Video: Rondloper-leeu het woonbuurt op hol
‘n Wit veghond is intussen geskiet nadat hy glo vir die leeu aangesien is.
Polisiebeamptes vas ná hulle glo taxibestuurder met vuurwapen dreig
Twee polisiebeamptes is in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn taxibestuurder met ʼn vuurwapen gedreig en kontant gesteel het.
Twee kinders vermoedelik deur weerlig beseer
Paramedici is Saterdagaand in KwaZulu-Natal ontbied om twee jong kinders te behandel nadat hulle vermoedelik deur weerlig getref is.