Die vakbond Solidariteit het gesê hy sal Donderdag met Telkom se groephoof, Sipho Maseko, vergader om die maatskappy se toekomsplanne ten opsigte van sy herstruktureringsproses te bespreek.
Petisie oor voorgestelde internetregulasies
ʼn Petisie is op die webwerf Avaaz geskep waar Suid-Afrikaners hul misnoeë te kenne kan gee teen nuwe voorgestelde internetregulasies.
Landboustudente ontstig oor wegdoen met Afrikaans
Afrikaanse studente by die Elsenburg-landboukollege buite Stellenbosch is woedend nadat die kollege Woensdag begin het om onderrig net in Engels aan te bied, terwyl ’n 50/50-taalbeleid glo vroeër aanvaar is.
NW-gesondheid hoes vir mediese eise
Die departement van gesondheid in Noordwes het die afgelope vier jaar glo meer as R40 miljoen uitbetaal aan mediese eise en ʼn verdere R30 miljoen rand aan regskoste.
Moord op Kaapse uitsmyter: hofrol te vol vir borgtogaansoek
ʼn Aansienlike agterstand in die hofrol het Donderdag veroorsaak dat die borgtogaansoek van drie mans wat teregstaan op die moord van ʼn uitsmyter van ʼn gewilde kuierplek in Kaapstad, uitgestel moes word.
Polisie glo warm op spoor van Senzo Miyewa-moordenaars
Die polisie het Donderdag gesê hulle is “warm op die spoor” van die verdagtes in die Senzo Miyewa-moordondersoek.
Pta-ma en dogter verdwyn spoorloos
Die polisie is op soek na ʼn ma en dogter van Pretoria nadat hulle Sondag spoorloos verdwyn het.
Herrie oor Down-sindroom-seuntjie in wasmasjien
ʼn Herrie is op sosiale media ontketen nadat ʼn foto op Facebook gelaai is van ʼn Skotse seuntjie met Down-sindroom in ʼn wasmasjien.
Drie Pretoria-studente dood ná ongelukke op selfde plek
Die opleidingsinstansie Sol-Tech is in rou gedompel nadat drie van hul studente in twee afsonderlike motorongelukke op dieselfde plek in Pretoria dood is.
Stellenbosch wil eienaars van onwettige strukture vasvat
Die munisipaliteit van Stellenbosch gaan optree teen eienaars wat in die dorpsgebied talle strukture, wat as enkelgebruik gesoneer is, onwettig as studenteverblyf gebruik.
Foto’s: Rower doodgeskiet tydens Vereeniging-huisbraak
Volgens die polisie het die eienaar van die huis en sy gesin reeds geslaap toe hulle geluide onder in die huis gehoor het.
Ses vas ná meisie glo ontvoer, verkrag is
Ses mans is in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat ʼn 17-jarige meisie glo ontvoer en verkrag is.
Bejaarde veg om lewe ná hy rower doodskiet: ‘My man het my lewe gered’
“Dit was vreesaanjaend. Dit het gevoel of die skote hier bo-oor my gaan en agterna het ons skrapnel in my klere gevind. Maar my man sal altyd my held bly, hy het my lewe gered.”
Polisiehelikopter-ramp: Ma soek vyf jaar later steeds antwoorde
“Reg en geregtigheid het nie geskied nie. As die beamptes hul plig gedoen het, het almal nog gelewe.”
Nuuskommentaar: Nkandla, vlagskip van korrupte SA
Volgens ’n nuwe verslag beskou al meer potensiële buitelandse beleggers Zimbabwe as ’n beter beleggingsopsie as Suid-Afrika; ’n byna onafwendbare gevolg weens Nkandla wat die vlagskip van ’n korrupte SA geword het.
Kragnetwerk Donderdag ‘stabiel’
Eskom het gesê daar sal nie Donderdagoggend beurtkrag toegepas word nie aangesien die kragnetwerk stabiel is.
Gevangene wat glo polisieman skiet weer vas
ʼn Gevangene wat teregstaan vir die moord op ʼn polisiebeampte en Maandagaand uit die Ritavi-polisiekantoor in Limpopo ontsnap het, is Woensdagmiddag weer vasgetrek.
OB-verslag oor Prasa kom eers later
Die openbare beskermer se veel verwagte verslag rakende bewerings van wanadministrasie, finansiële wanbestuur en tender- en aanstellingsonreëlmatighede by Prasa is uitgestel vir verdere voorleggings.
Drie vas oor miljoene se tabak
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig die grens van Zimbabwe na Suid-Afrika oorgesteek het met ʼn vragmotor vol tabak.
Twee vas ná skietgeveg met polisie
Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn groep gewapende verdagtes losgebrand het op polisiebeamptes wat patrolliewerk in KwaZulu-Natal gedoen het.