ʼn 19-jarige rower se beplande rooftog het vinnig skeefgeloop toe hy ʼn winkel in Mansfield, Texas, probeer beroof het, salig onbewus daarvan dat ʼn voormalige Amerikaanse marinier reg agter hom staan.
Twee botsings oomblikke ná mekaar op N12; vrou dood
ʼn Tweede motorongeluk het Saterdagaand op die N12 in Noordwes plaasgevind, enkele minute nadat ʼn vrou in ʼn vorige ongeluk op dieselfde plek dood is.
Prasa beloof nuwe seinstelsel ná Jhb-treinbotsing
Die twee instansies het die minister verseker dat die toetsing van die nuwe seinstelsel teen Sondag om 17:00 afgehandel sal wees.
Foto’s: Veldbrand veroorsaak chaos op VSA-snelweg
ʼn Weghol-veldbrand in die suide van Kalifornië het sowat 20 voertuie in puin gelê en veroorsaak dat motoriste vir veiligheid moes hardloop.
Taxidrywer onder raaiselagtige omstandighede doodgeskiet
“Sy beursie was op die sitplek en geen kontant is gevat nie.”
Hierdie video sal jou hoop gee vir SA
eNuus is vandag (18 Julie 2015) vyf jaar oud.
Zuma vra vir eenheid op Mandeladag
Pres. Jacob Zuma het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om saam ʼn meer verenigde en omgee-samelewing te bou in die lig van Nelson Mandeladag wat Saterdag gevier word.
Beampte vas oor ID’s aan buitelanders
ʼn Beampte van die departement van binnelandse sake in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente aan buitelanders verkoop het.
Naweekvooruitsig vir beurtkrag
Eskom het aangekondig dat daar nie Saterdag beurtkrag toegepas sal word nie, maar wel Sondag.
Drie verkool in botsing: ‘Dit was gruwelik’
Drie mense is Saterdagoggend dood in ʼn gru-botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie op die R61 naby Shelly Beach in KwaZulu-Natal.
F1-renjaer sterf maande na gru-ongeluk
“Jules het tot die einde geveg, soos hy altyd gedoen het, maar vandag het sy stryd tot ʼn einde gekom.”
Agt vas vir moord in KZN
Agt mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn veiligheidswag in ʼn rooftog doodgeskiet het.
Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing
ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn sterk aardbewing naby die Solomon-eilande voorgekom het.
Foto’s: Meer as 200 beseer ná treine bots
Volgens ʼn ooggetuie het die een trein stilgestaan toe die ander een van agter daarteen gebots het.
Tienjarige skenk geboorte ná sy kla oor maagpyn
ʼn Tienjarige meisie van Brasilië het geboorte geskenk, ure nadat sy by die skool oor maagpyn gekla het.
Foto’s: Ses vas ná waaghalsige bankroof
Ses verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle deel was van ’n groep van 13 verdagtes wat ’n bank in Hammanskraal, noord van Pretoria, beroof het.
Munisipale bestuurder doodgeskiet
ʼn Munisipale bestuurder is deur drie gewapende mans in Ladysmith doodgeskiet, het die KwaZulu-Natalse polisie Vrydag gesê.
Prasa-hoof sê sy afdanking is onwettig
Lucky Montana, afgedankte hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het Vrydag aan verslaggewers gesê die besluit deur Prasa se raad om hom af te dank is onwettig.
Oorblywende 5 SA’ners in China gaan vrygelaat word
Die oorblywende vyf Suid-Afrikaners wat in China in aanhouding is, gaan vrygelaat word, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking bekend gemaak.
Kleuters uit motor by winkelsentrum gered
Twee kleuters moes Vrydagoggend gered word nadat hulle in ʼn motor by ʼn Pietermaritzburgse winkelsentrum toegesluit was.