Die doel van die gids is om bejaardes te beskerm en om inligting oor hoe om mishandeling te identifiseer en te help voorkom aan diegene te bied wat in kontak met bejaardes verkeer.
Foto’s: Moloto-pad eis nóg 10
Tien mense, waaronder ʼn sewejarige dogtertjie, is Saterdagaand in ʼn ongeluk op die Moloto-pad, ongeveer 10 km voor die KwaMhlanga/Moloto-kruising, oorlede.
Twee vas ná week se rooftogte
Twee mans wat verlede week glo ʼn vrou in Claremont in Kaapstad gekaap en toe ʼn week lank persone op verskillende plekke in die stad se suidelike voorstede met messe gedreig en beroof het, is in hegtenis geneem.
Foto’s: Talle gevaarlike diere ontsnap uit dieretuin weens vloede in Georgië
Talle diere loop op vrye voet in Tbilisi in Georgië nadat gedeeltes van die dieretuin tydens vloede verwoes is.
Spanning verhoog oor Soedan se Basjir in Suid-Afrika
Pretoriase hooggeregshofregter Hans Fabricius het Sondag ʼn tussentydse bevel toegestaan wat die Soedannese president Omar al-Basjir verhoed om Suid-Afrika te verlaat, hangende ʼn besluit deur die hof.
Foto’s: Klein Libertas-teater verwoes in brand
Die bekende Klein Libertas-teater in Stellenbosch in die Wes-Kaap is Saterdagoggend in ʼn brand verwoes.
Inkopiesentrum-kleuter in plek van veiligheid geplaas
Die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is steeds in ʼn plek van veiligheid terwyl sy ma deur die polisie ondervra word.
Goeie nuus: Groot eer vir Johnny Clegg
Koningin Elizabeth II het die Orde van die Britse Ryk aan die Suid-Afrikaanse musikant Johnny Clegg toegeken.
Beurtkrag-risiko laag vir Sondag
Eskom het Sondag gesê die kans dat hy Sondag beurtkrag sal toepas, is laag.
Kaapstad-polisiebeampte vas oor omkopery
ʼn 37-jarige polisiebeampte van Kaapstad is in hegtenis geneem op aanklag van uitbuiting en korrupsie nadat hy aan ʼn verdagte in ʼn huishoudelikegeweld-voorval gesê het hy kan die “probleem oplos” in ruil vir geld.
Inkopiesentrum-kleuter se ma gevind
Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is Saterdagmiddag opgespoor.
Skoliere eis dat moordbeskuldigde-klasmaats vrygelaat word
Meer as 800 skoliere van ʼn skool in Inanda, noord van Durban, het Vrydag ʼn optog na die plaaslike polisiestasie gehou om te eis dat vyf van hul klasmaats, wat op aanklagte van moord en poging tot moord teregstaan, vrygelaat word.
Twee dood ná hartstilstande op ongelukstoneel
Twee mans is Saterdagoggend dood en twee ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die R603 in Winklespruit, KwaZulu-Natal.
Kleuter by Jhb-inkopiesentrum gevind; ouers dringend gesoek
Die polisie is dringend op soek na die ouers van ʼn tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is.
Kapers skiet ma van Jhb in oprit dood
ʼn Ma van Johannesburg is Donderdag dood toe sy tydens ʼn kaping in die kop en bors geskiet is.
Noordwes heet nou glo Bokone Bophirima
Noordwes se naam is oornag glo stil-stil na Bokone Bophirima, die Tswana-vertaling van die provinsie se naam, verander.
Goeie nuus: Kelnerin se gebaar maak opslae op sosiale media
ʼn Amerikaanse kelnerin se goedheid teenoor ʼn egpaar wat hul baba verloor het, het onlangs soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Beurtkrag voorspel vir Saterdagaand
Eskom het Saterdag gesê geen beurtkrag is vir die dag geskeduleer nie, maar gewaarsku dat die kragnetwerk na verwagting teen die aand onder druk sal wees. Dit verhoog die moontlikheid dat beurtkrag toegepas sal moet word.
Zimbabwiërs kan nou baie Zimdollar vir min dollar ruil
Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zimdollar vir Amerikaanse dollar omruil.
Verkragter wat homself as polisiekaptein voordoen vasgetrek
ʼn Man wat homself as ʼn polisiekaptein voorgedoen het en meer as ʼn jaar lank sy “pligte” by die Polokwane-polisiestasie uitgevoer het, is Donderdagaand deur die Valke vasgetrek.