Die departement van internasionale betrekkinge het Dinsdag bevestig dat ʼn groep Suid-Afrikaners in China in hegtenis geneem is.
Ses vas kort ná rooftog
Ses verdagtes wat glo ʼn Ackermans in Bela Bela (Warmbad) beroof het, is kort ná die voorval reeds in hegtenis geneem.
Seun doodgeslaan omdat hy koek eet
Die ma en oom van ʼn negejarige seun van Maryland in die VSA is in hegtenis geneem nadat hulle die seun doodgeslaan het omdat hy ʼn stuk verjaarsdagkoek geëet het.
Beurtkrag Dinsdag toegepas
Eskom het aangekondig beurtkrag word Dinsdagmiddag van 17:00 af toegepas.
Nuwe vakbond in platinumgordel beoog
ʼn Nuwe vakbond wat sal fokus op die beskerming van mynwerkers se regte is besig om in die Rustenburg-platinumgordel in Noordwes vorm aan te neem.
Afrikaanse seun word man saam met boesemvriend by besnydenisskool
“Ek was vooraf bang, maar nooit spyt daaroor nie. Dit is ʼn seëning van God wat my lewe verander het.” Só beskryf Estiaan Swanepoel sy drie weke lange tradisionele rite tot manwees saam met sy boesemvriend, Ndibulele Soboyisi, by ʼn besnydenisskool in die Oos-Kaap.
Hoe het meerminne in die Sahara beland?
Ons lees in die Griekse epiese gedig van Homerus, die Odussee, van hulle – die sirene wat met hul lieflike sang bemannings met hul skepe en al na die rotse gelok het om te vernietig.
Reuse beloning vir gesteelde ‘Wizard of Oz’-skoene
Baie mense is bereid om stywe bedrae te betaal vir ʼn mooi paar skoene, maar ʼn beloning van $1 miljoen word nou aangebied vir die gesteelde rooi skoene uit The Wizard of Oz.
Man sterf nadat hy glo onder bakkie beland
ʼn 23-jarige man sal Dinsdag in die Knysna-landdroshof verskyn nadat hy glo Sondag in die vroeë oggendure met sy bakkie oor sy vriend gery het.
Starbucks open sy deure in Suid-Afrika
Die bekende koffiegroep Starbucks het Dinsdag aangekondig dat hy winkels in Suid-Afrika sal oopmaak.
Iran en ses groot lande bereik kernooreenkoms
’n Kernooreenkoms is vroeg vanoggend tussen Iran en ses groot lande gesluit. Die ses lande is die VSA, Rusland, China, Duitsland, Frankryk en Brittanje. Die ooreenkoms is ná 18 maande lange onderhandelinge gesluit.
Inkopiesentrum-kleuter steeds in plek van veiligheid
Die tweejarige blondekopseuntjie wie se foto wyd op sosiale media versprei is nadat hy in Junie naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is steeds in ʼn plek van veiligheid.
Tshwane-DBV in knyp ná kaping
Die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Pretoria het Dinsdag ʼn dringende beroep op die publiek gedoen om hulp te verleen nadat een van hul amptelike voertuie vroeër vandeesmaand gekaap is.
Nuuskommentaar: Stylverskille (en suksesverskille) tussen Cosatu en Solidariteit
By die spesiale Cosatu-kongres lyk dit of die Zuma-kamp oorweldigend geseëvier het, wat byna seker tot ’n nuwe vakbondfederasie en party gaan lei. Maar die woelinge by die kongres staan in skrille kontras met Solidariteit wat ordelik dinge doen en gedoen kry.
450 kg-man oorlede: ‘Die familie is platgeslaan’
Corrie le Grange (60), die Johannesburger wat 450 kg geweeg het, is Dinsdagoggend oorlede.
Ontsnapte verdagte aangekeer ná weke op vrye voet
ʼn Gevaarlike vermeende misdadiger wat drie weke gelede uit die Malumele-landdroshof naby Thohoyandou in Limpopo ontsnap het, is Maandagaand vasgetrek.
Pakistani betaal glo duisende vir valse paspoort, huweliksertifikaat
ʼn Senior beampte van die departement van binnelandse sake het Maandag in die hof verskyn nadat hy glo duisende rande betaal is om ʼn valse paspoort, identiteitsdokument en huweliksertifikaat aan ʼn Pakistani uit te reik.
Winkeleienaar verkrag glo sussies wat lekkers koop
ʼn Winkeleienaar, oorspronklik van Bangladesj, sal Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn nadat hy glo twee laerskoolmeisies verkrag het.
Beamptes vas vir valse lisensies aan taxi-eienaars
Drie Kaapstadse beamptes is Maandag by hulle werk vasgetrek omdat hulle valse voertuigregistrasielisensies aan hoofsaaklik taxi-eienaars uitgereik het.
Vrou sterf ná dae langs lewensmaat se lyk; polisie reageer nie op oproep
Die Skotse polisie kom erg onder skoot nadat ʼn vrou vir drie dae langs die lyk van haar lewensmaat in ʼn motorwrak vasgekeer was, hoewel die polisie ʼn oproep oor die ongeluk ontvang het.