Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn uitsmyter van ʼn gewilde kuierplek in Kaapstad se bekende Langstraat.
Foto’s: Haai val jong man aan by Plet-see
Die 23-jarige Dylan Reddering is Vrydagmiddag deur ʼn haai aangeval by Look-out-strand in Plettenbergbaai.
Man in hof oor Top Billing-aanbieder se dood
ʼn Man het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn in verband met die ongeluk waarin die Top Billing-aanbieder Simba Mhere dood is.
Polisieman vas ná hy glo kollega doodskiet
ʼn Beampte van die Sterkspruit-polisie in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy een van sy kollegas doodgeskiet en nog een gewond het.
Video: Jeremy Clarkson maak glo ‘grappie’ oor Oscar Pistorius
Jeremy Clarkson, voormalige aanbieder van Top Gear, is opgeneem waar hy glo tydens die Clarkson, Hammond and May Live-motorvertoning in Johannesburg ʼn ‘grappie’ gemaak het oor Oscar Pistorius.
Vrou skenk geboorte in grot
ʼn Vrou het Vrydag geboorte gegee in die Sterkfontein-grotte aan die Wes-Rand.
Minstens 27 dood in aanval by Tunisiese strandoord
Minstens 27 mense is doodgeskiet in ʼn aanval by ʼn strandoord in Sousse, Tunisië.
Brandstofpryse styg weer
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag styg.
‘Curro-skool bewys van nog politieke boewery’
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se minagting van die Grondwet en sy boelie-agtige intimidasie van Afrikaanse skole kan nie langer geduld word nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.
Lesufi gee Curro nog een kans
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy besluit om Curro Roodeplaat se bedryfslisensie op te skort, teruggetrek en die skool tot einde Oktober gegee om verskeie maatreëls in plek te kry.
Foto’s: Toeris kritiek ná duikvoorval
ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy in die moeilikheid beland het tydens ’n duikuitstappie in Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Klop beurtkrag; word energie-slim met Solidariteit en KragDag se hulpgids
Die vakbond Solidariteit het vandag in samewerking met die KragDag Ekspo ʼn hulpgids vir groter elektrisiteitselfstandigheid bekendgestel. Die gids word op die eerste dag van dié jaarlikse selfdoen-ekspo by die Diamantvallei-landgoed buite Pretoria bekendgestel.
Drie vas ná hulle vrou glo op kleinhoewe aanval
Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Woensdag op ʼn kleinhoewe naby Thohoyandou in Limpopo oorval, aangerand en in die veld in gesleep is.
Identiese drieling ʼn ‘wonderwerk’
ʼn Egpaar van Texas het die trotse ouers geword van ’n identiese drieling. Die dogtertjies is egter nie net nog ʼn identiese drieling nie aangesien die kans om aan só ’n drieling lewe te skenk “1 uit 50 miljoen” is.
Pa vas ná hy glo tweejarige doodslaan
Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn 32-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op sy tweejarige dogter.
Vier weer vas ná hulle uit aanhouding ontsnap
Vier van die vyf verhoorafwagtendes wat Dinsdagmiddag uit aanhouding in Malamulele in Limpopo ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Marikana-verslag lê blaam voor Phiyega se deur
Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se pos is in die gedrang nadat die Farlam-kommissie beveel het dat ʼn ondersoek gedoen word na haar geskiktheid om haar amp te beklee.
Nuuskommentaar: Die regering en sy maatjies voor die hof
Skielik is daar byna gelyktydig regspraak wat die regering en van sy mees begunstigdes tot orde roep. Soms, soos met die Aurora-saak, lê daar ’n reusepoging daaragter – iets wat nie sonder saamstaan moontlik sou wees nie.
Twee dood ná motor teen huis bots
Twee mans is dood en twee mense kritiek beseer toe ’n motor deur ’n heining gebars en teen ʼn huis gebots het in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Bafana Bafana het glo voldoende wit en bruin spelers
Die ANC-regering is tevrede dat wit en bruin regverdig behandel word en genoeg speelkans kry in die land se nasionale sokkerspan, blyk dit uit antwoorde van die sportminister op geskrewe parlementêre vrae van die VF Plus.