Twee swart ouers van die private skool Curro Roodeplaat het gesê daar is geen sprake van rassisme by dié skool nie.
23 bokke dood aangetref in Oos-Kaap
Minstens 23 bokke van ʼn vee-eienaar in Qhorha naby Dutywa in die Oos-Kaap, is dood aangetref.
Foto’s: Twee vas wat dagga onder bakkie versteek het
Twee mans van Lesotho wat glo dagga oor die Peka-grenspos in Ficksburg in die Vrystaat wou smokkel, is in hegtenis geneem danksy oplettende polisiebeamptes.
Geen beurtkrag, maar netwerk onder druk
Eskom het gesê geen kragonderbrekings word Saterdag deur die loop van die dag verwag nie.
20 jaar tronkstraf ná verkragting
ʼn Man van die Oos-Kaap is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn vrou in 2011 verkrag het.
Vrou sterf toe sy haar man en sy meisie agternasit
ʼn Vrou van Houston in Amerika is in ʼn trompop botsing dood nadat sy haar man en vermoedelik sy minnares agternagesit het.
’n Derde van wêreld se grondwaterkomme is onder druk
Verskeie van die wêreld se grootste natuurlike ondergrondse waterreservoirs word vinniger uitgeput as wat dit aangevul word, blyk uit navorsing van die Universiteit van Kalifornië se Irivine-tak.
Twee in Noordwes met springstof betrap
Twee verdagtes sal Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die besit van springstof.
Man vas oor ongelisensieerde vuurwapens
ʼn 67-jarige man is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op ʼn AK47 en ander wapens.
Vrou beseer in Pta-mesaanval
ʼn Vrou is Vrydagaand in Waterkloof Glen in Pretoria beseer nadat sy met ʼn mes aangeval is.
Noord-Kaap-raadslid in Noordwes doodgeskiet
Tueloetsi Thipo (40), raadslid vir die Joe Morolong- plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap, is op die N14 tussen Vryburg en Kuruman doodgeskiet.
De Lille se naam óók in bedrogspul gebruik
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se naam word glo ook valslik in ʼn e-pos en Facebook-profiel gebruik waarin poste adverteer word.
Regering, Zuma staan nie Telkom-afleggings teen nie, sê Solidariteit
Die regering, insluitend president Jacob Zuma, is volgens Telkom lankal daarvan bewus dat die maatskappy moontlik sowat 7 800 werknemers in die pad wil steek. Die regering het boonop nie dié planne teengestaan nie.
Hewitt misluk in aansoek om verlof tot appèl
Die voormalige tennisster en veroordeelde verkragter Bob Hewitt se aansoek om verlof tot appèl het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof misluk, maar hy gaan glo nie ophou om sy skuldigbevinding teen te staan nie.
Vermiste jong man dood gevind
Steven Roux (25), ʼn inwoner van Brakpan in Gauteng wat die laaste keer in Mpumalanga gesien is, is dood gevind.
Inkopiesentrum-kleuter: Ma tans vry, maar kind nie by haar
Die ma van tweejarige blondekopseuntjie wat verlede Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, het vandeesweek in die hof verskyn.
Panayiotou, medebeskuldigdes in hof vir moord op Jayde
Christopher Panayiotou, wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy vrou, Jayde, gereël het, het Vrydag saam met sy twee medebeskuldigdes in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Aspirant-model in hospitaal ná bakkie haar tref
ʼn Tiener se droom om ʼn model te word lê dalk aan skerwe nadat sy Woensdagmiddag ná skool op pad na haar ma se werkplek deur ʼn bakkie raakgery is en erge beserings aan haar gesig opgedoen het.
Word Griekse geldkrisis ’n Griekse tragedie?
Terwyl 30 Junie onheilspellend nader kom wanneer Griekeland byna 1,6 miljard euro’s aan die IMF moet terugbetaal, word die Griekse regering daarvan beskuldig dat dit onderhandelinge oor die terugbetaling en selfs verdere lenings, met hul hardkoppigheid tot stilstand laat knars het.
Een van twee verstekelinge op vlug van Jhb na Londen val na sy dood
ʼn Verstekeling is dood nadat hy glo uit ʼn vliegtuig, wat van Suid-Afrika na Londen gevlieg het, geval het en op ʼn winkeldak te lande gekom het.