Dustin Blom, wie se liggaam in die kattebak van sy motor by Montecasino gevind is, is dood aan ‘n dwelmoordosis, het die hooggeregshof in Johannesburg, wat in Palm Ridge sit, gehoor.
Dié vyfling enig in hul soort in VSA
ʼn Vrou van Texas in die VSA het geboorte geskenk aan ʼn vyfling – almal dogtertjies.
Ondersoek kom na verkragtingbewerings in Big Brother-huis
M-Net het Woensdag aangekondig dat hy ʼn regsfirma aangestel het om onafhanklik ondersoek in te stel na die onlangse berigte van ʼn verkragtingsvoorval in die Big Brother-huis.
Vragmotors dalk binnekort taboe in spitstye
Die minister van vervoer het aangekondig dat regulasies oorweeg word om sekere vragmotors in spitstye van die land se paaie te hou.
Medupi-werkers weier om terug te keer
Stakende konstruksiewerkers by die Medupi-kragstasie naby Lephalale (Ellisras) het Eskom se aanbod om terug te keer werk toe van die hand gewys.
Gemeenskap ruk op vir slagoffer ná verkragting op plaas
Mariaan Wentzel is op 23 Maart helder oordag verkrag terwyl haar gesin by ʼn plaashuurhuis naby Dorset, tussen Vaalwater en Lephalale, ingetrek het.
Man in hof ná natuurbewaarder se bylmoord
ʼn 35-jarige man het Dinsdag in die Hwange-landdroshof in Zimbabwe verskyn in verband met die moord op Gregory Gibbard, ‘n Australiese natuurbewaarder.
Delmas-pa voor kinders doodgeskiet
Jannie van der Schyff (46), die pa van Delmas wat koelbloedig voor sy huis doodgeskiet is, het in sy laaste oomblikke desperaat probeer om sy gesin te beskerm.
Durban-onluste: Tiener doodgeskiet, 74 vas weens geweld
ʼn Tiener is Dinsdagaand buite Durban doodgeskiet terwyl hy glo besig was om ʼn winkel te plunder.
Standbeelde in Krugersdorp geskend
Twee standbeelde in Krugersdorp aan die Wes-Rand is Woensdag in die vroeë oggendure met rooi verf besmeer.
Video: SA het al minder vertroue in strafregstelsel
Suid-Afrikaners het al minder vertroue in die strafregstelsel – en dít is volgens die regering se eie navorsing.
Pta-hof ontruim ná bomdreigement
Die hooggeregshof in Pretoria is Woensdagoggend ontruim nadat ʼn bomdreigement ontvang is.
Pa van twee voor huis doodgeskiet
ʼn Man van Delmas is Dinsdagmiddag ten aanskoue van sy vrou in hul huis se oprit doodgeskiet.
Roodepoort-ouers van moord op tweede baba aangekla
ʼn Paartjie van Roodepoort wat teregstaan vir die moord op hul vyf maande oue babadogtertjie, het glo op die vlug geslaan nadat hulle ook van die moord op hul tweede kind aangekla is, het Netwerk24 Woensdag berig.
Video: Fietstoer ter behoud van godsdiens in skole nou in Fochville
Twee fietsryers wat Maandagoggend uit Pretoria vertrek het op ’n fietstoer om geld in te samel vir die hofsaak wat ter behoud van godsdiens in skole gevoer gaan word, is nou op pad na Fochville, Noordwes.
Vrou (70) van Boksburg dood aangetref
ʼn 70-jarige vrou is Dinsdagaand dood aangetref in haar huis in Van Dykpark in Boksburg aan die Oos-Rand.
Soektog na vermiste Kaapse onnie
ʼn Soektog is van stapel gestuur na Dean Dempsey, ʼn 24-jarige onderwyser van Malmesbury in die Wes-Kaap, wat op 10 April spoorloos verdwyn het.
Nuwe kragbesparing-metode vir Jhb beplan
ʼn Nuwe kragbesparingsinisiatief wat krag beperk eerder as om dit heeltemal af te skakel, sal binnekort in Johannesburg geïmplementeer word.
Afrikaans word uitgesluit as SA-ruimtetaal
Afrikaans is nie een van die drie amptelike tale wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (Sansa) in sy beleidsraamwerk vir die gebruik van drie amptelike tale in die oog het nie.
Nuuskommentaar: Die vreemdeling in ons poorte en vreemdelingehaat
Te midde van al die gewelddadige gebeurtenisse in Suid-Afrika is dit opmerklik dat selfs burgers van lande wat beter plekke as Suid-Afrika op die internasionale vredesindeks beklee, hul weg na Suid-Afrika vind. Hier word hulle dikwels die slagoffers van xenofobiese geweld, skryf Herman Toerien.