“Hierdie skaduverslag van Solidariteit aan die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie is meer as ’n allerbelangrike inisiatief,” het Herman Mashaba, ‘n bekende sakeman, gesê.
Rustenburg-onnie glo deur man doodgeskiet
Die vrou van Rustenburg wat glo Dinsdagoggend deur haar man doodgeskiet is, was ʼn geliefde onderwyseres van dié Noordwes-dorp en was “soos ʼn ma vir…
Minister tereggestel ná hy uiltjie knip
Noord-Korea het sy minister van verdediging met lugafweerwapens tereggestel, aldus die Suid-Koreaanse persburo Yonhap.
Athlone-verdagte skiet homself toe polisie opdaag
Die beweerde “gyselaarsituasie” in Athlone buite Kaapstad het Woensdag tot ʼn dramatiese einde gekom toe die verdagte (61) homself in sy huis geskiet het.
Steeds geen teken van vermiste Pta-vrou
Daar is steeds geen teken van Belinda Theunissen (24) van Dorandia in Pretoria wat op 4 Mei in Primrose, Germiston, spoorloos verdwyn het nie.
Miljoene in die water weens Zuma se vlug-fiasko
Miljoene rande is bestee om pres. Jacob Zuma terug te kry in Suid-Afrika ná ʼn amptelike besoek aan Moskou in Rusland.
Grondhervorming bly brandpunt op agenda tot nuwe bedeling onderhandel is
“Geörganiseerde landbou in Suid-Afrika het aanvaar dat grondhervorming onvermydelik is,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê.
Pasgebore baba leef agt dae ná hy begrawe is
’n Pasgebore baba wat agt dae tevore deur sy ouers in die Chinese provinsie Guangxi lewend begrawe is, is steeds lewend onder die grond uitgehaal.
Groot skenking vir baba wat byna verdrink
Die radiostasie JacarandaFM se bekende Good Morning Angels-program het Woensdag ‘n reuse bedrag geskenk vir die mediese onkoste van Aiden Roberts, die 18-maande oue baba van Middelburg in Mpumalanga wat verlede week byna in ʼn swembad verdrink het.
Deurbraak in saak van vermoorde Oos-Kaapse paartjie
Speurders van die Oos-Kaap het ʼn deurbraak gemaak in die saak van ʼn jong paartjie, Jacqueline Miller (20) en Carl George (20) van Mthatha wie se liggame Sondag in ʼn dam buite die dorp gevind is.
Video: PE-vrou brand los op rowers
ʼn 39-jarige vrou van Port Elizabeth in die Oos-Kaap het met haar pistool op rowers losgebrand nadat sy hulle in die vroeë oggendure in die gang van haar huis betrap het.
Man vas ná ma voor kinders doodgeskiet is
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die voorval waar ʼn swanger vrou voor haar dogter se skool in Bram Fischerville in Johannesburg tydens ʼn kaping doodgeskiet is.
‘Heksmoordenaar’ agter tralies
ʼn 31-jarige man van KwaZulu-Natal is vandeesweek in die Durbanse hooggeregshof tronkstraf opgelê nadat hy ʼn man wat hy van heksery verdink het, lewend verbrand het.
Nuuskommentaar: Stadige wegbeitel aan ANC-staatsgreep
Die DA se hofsukses teen die speaker se belang kan moeilik oorskat word. Dit is maar een van die stappe wat binne en buite die parlement gedoen kan word om ANC- totalitarisme in die bek te ruk. Die vrye media en die burgerlike instellings het ook ʼn enorme rol en om in die proses ʼn stywe rek, gordel en kruisbande in te span om die broek bo te hou, is heeltemal in die haak.
Drie vas ná plaasaanval; gesteelde vuurwapens gevind
Drie verdagtes, tussen 17 en 18 jaar oud, is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem ná ʼn aanval op ʼn plaas.
Rustenburg-egpaar dood aangetref
Die polisie in Rustenburg ondersoek ʼn saak van moord en sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen nadat ʼn man glo eers vrou doodgeskiet het voordat hy homself geskiet het.
Onderhandelaar na Kaapstad-buurt ontbied ná polisieman geskiet is
Die polisie het Dinsdagaand die dienste van ʼn onderhandelaar ontbied en ʼn verdagte se huis in Athlone, Kaapstad, omsingel nadat die man glo ʼn polisiebeampte geskiet het.
37 dood, meer as 1 100 beseer in nuwe Nepal-aardbewing
Nepal se departement van binnelandse sake het bevestig minstens 37 mense is dood ná Dinsdag se groot aardbewing in dié land.
Video: Verdeeldheid of gesonde leierskapstryd?
Politieke ontleders meen daar lê harde werk voor vir die nuwe leierskap van die DA – veral om kiesers te oortuig om hul kruisies langs dié party se naam te trek in aanstaande jaar se munisipale verkiesing.
Tshwane kanselleer kontrak ná hy daagliks R5 miljoen betaal
Die Tshwane Metro het ʼn kontrak met die maatskappy PEU vir voorafbetaalde-elektrisiteitsmeters gekanselleer omdat dit die metro te veel geld kos en nog geen verskil gemaak het aan die munisipaliteit se vermoë om wanbetaling hok te slaan nie.