Rusland het die Krim-skiereiland ’n jaar gelede geannekseer. Is pres. Wladimir Poetin ʼn meester van die Koue Oorlog, of is sy verwysings na die moontlike gebruik van kernwapens iets wat ernstig opgeneem moet word?
Niemand nog vas ná skietery in besige PTA-restaurant
Daar is nog geen nuwe verwikkelinge in die moordsaak van ʼn man in sy 40’s wat Dinsdagaand in ʼn besige restaurant in die ooste van Pretoria voor ander klante doodgeskiet is nie.
AfriForum: ‘Los die Vrystaat vry’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag gesê hy sal baklei vir die behoud van die Vrystaat se naam nadat Mathabo Leeto, Vrystaatse LUR vir sport, kuns en kultuur, voorgestel het die provinsie se naam moet verander.
‘Dagga-kleuter’ in veilige sorg
ʼn Driejarige kleuter wat glo deur haar ouer broer gedwing is om dagga te rook, is in veilige sorg geplaas.
Vyf vas ná 8 renosters ‘verdwyn’
Die Valke het vyf vermeende renosterstropers in Mpumalanga in hegtenis geneem, amper vyf maande nadat agt renosters uit die Ohrigstad-natuurreservaat verdwyn het.
Poetin dalk weer pa
Wladimir Poetin (62) was vir ʼn hele paar dae uit die openbare oog met die verduideliking dat hy behandel word vir rugpyn deur ʼn Switserse dokter.
PE-paartjie vas weens kinderpornografie
ʼn Span spesialisspeurders van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) het vandeesweek ʼn paartjie van Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem weens die besit en verspreiding van kinderpornografie.
Veldwagter deur seekoei aangeval
ʼn Veldwagter by ʼn private wildreservaat buite Pietermaritzburg is ernstig beseer nadat hy Donderdagoggend deur ʼn seekoei aangeval is.
Beloning om moordsaak op te los
Die polisie het ʼn beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges wat in 2009 ʼn man van Pretoria vermoor en sy liggaam aan die brand probeer steek het.
Tunisië-aanval: Minstens 21 dood, 2 van SA glo gewond
Minstens 21 mense, onder wie talle toeriste, is dood ná ʼn terreuraanval op ’n museum in Tunis, die hoofstad van Tunisië.
Ma, ouma weer in hof ná kind se dood
Die saak teen ʼn ma en dogter wat daarvan beskuldig word dat hulle die kleuter Jamie Naidoo vermoor het, gaan na verwagting Donderdag in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal hervat word.
Eskom-paneel aangewys
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het die paneel aangekondig wat hom van raad sal bedien oor die regrukstrategieë van Eskom.
OB meen spioenbewerings is poging om haar te skors
Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy ʼn spioen is, kan tot haar skorsing lei, het Eyewitness News berig.
Studente in hof vir openbare geweld
Die polisie in Mpumalanga het gesê 12 studente wat in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld het Woensdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.
Ma het glo dogtertjie doodgebyt, gewurg
ʼn 24-jarige ma van Mpumalanga wat vermoedelik geestelik versteurd is, is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige dogtertjie gewurg en doodgebyt het.
Verkool op die N1: Slagoffer se naam bekend
Die man wat Dinsdag tydens ʼn ongeluk op die N1, sowat 5 km buite Ventersburg, in die wrak van sy motor verkool het na ʼn ongeluk met ʼn vragmotor, se naam is bekend gemaak.
Handleiding oor grondgrype bekendgestel
AfriForum het vandag tydens ’n blitskonferensie in Pretoria ’n handleiding oor grondgrype bekendgestel.
Man beseer na hy by Kaapstad-hawe val
ʼn 24-jarige man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagmiddag vyf meter ver geval het op ʼn skip in Kaapstad se hawe.
160 rondloperhonde doodgeskiet
Altesaam 160 rondloperhonde is in Bulawayo doodgeskiet in ʼn poging om die verspreiding van hondsdolheid te voorkom.
‘Dagga-kleuter’ opgespoor
ʼn Vierjarige kleuter wat glo deur haar ouer boetie gedwing is om dagga te rook, is gevind, het die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Woensdag gesê.