Christine Bruins (45), ʼn voormalige dagmoeder wat daarvan beskuldig is dat sy kinders vasgebind en hulle ontlasting gevoer het, is Donderdag in die Nelspruit-landdroshof vrygespreek op alle aanklagte.
Delwer in hof ná liggaam op sy plaas gevind is
Johannes Pieter (Johan) Sonnenberg (57), ʼn diamantdelwer, het Donderdag in die Hertzogville-landdroshof verskyn nadat ʼn liggaam in ʼn vlak graf op sy wildplaas buite dié Vrystaatse dorpie gevind is.
Twee sterf in Potch-vliegongeluk
Twee mans is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Donderdag by die Potchefstroom-lughawe in Noordwes neergestort het.
Nuwe Mpumalanga-polisiebaas praat oor voorval met konstabel
Lt.genl. Mark Magadlela, nuut aangestelde provinsiale kommissaris, het Donderdag gesê sommige media berigte wat die rondte doen oor ʼn voorval waarin hy twee weke gelede met ʼn konstabel betrokke was, beswadder sy reputasie.
Solidariteit verwelkom skorsing van Eskom-topbestuur; veldtog begin
Solidariteit het vandag die skorsing van Eskom se uitvoerende hoof, Tshediso Matona, en drie ander topbestuurslede verwelkom.
Vrou se ontbinde liggaam in Bloem-gastehuis gekry
Die erg ontbinde liggaam van ʼn 40-jarige vrou is Woensdag in ʼn gastehuis in Brandwag, Bloemfontein, aangetref.
Vermiste SA pa in Finland se liggaam gevind
Herc Croeser (60), ‘n Suid-Afrikaner wat verdwyn het terwyl hy vir ʼn konferensie in Finland was, se liggaam is gevind.
Vrou vra vir water, los baba
Die Steenberg-polisie in Kaapstad is op soek na die ma van ʼn 17 maande oue seuntjie wat verlate gevind is.
Eskom skors vier hoës; ondersoek begin
Eskom het Donderdagoggend aangekondig dat hy vier senior bestuurslede, onder wie sy uitvoerende hoof, geskors het terwyl ʼn onafhanklike ondersoek gedoen word na die kragvoorsiener se sake en uitdagings.
Springs-kleuter sterf twee weke ná sy battery insluk
Die landdroshof in Pretoria-Noord het bevind dat niemand aanspreeklik gehou kan word vir die dood van Alice Swanepoel (2) nadat sy ʼn ronde batterytjie ingesluk het nie, het Beeld Donderdag berig.
Goeie nuus: Bloem-inwoners keer twee inbrekers aan
Twee verdagtes verskyn Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof nadat hulle verlede week deur inwoners aangekeer is, kort nadat hulle by ʼn huis in die Pellissier-woonbuurt ingebreek het.
Afrikaans is Groot: Steve sing wel; geen Kaapse konserte
Afrikaans is Groot (AIG) se organiseerders het bevestig dat Steve Hofmeyr een van die sangers is wat by vanjaar se konserte sal optree.
Man swaar gestraf ná hy vriendin se dogter verkrag
ʼn Man wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy vriendin se dogter verkrag het, is swaar in die Wynberg-landdroshof gestraf.
Man vas weens KZN-plaasmoord
ʼn 29-jarige man is in hegtenis geneem weens die moord op Terrence “Terry” Rizzato wat onlangs op sy plaas, Mashonisa, naby Hluhluwe in KwaZulu-Natal doodgeskiet is.
Nuuskommentaar: ’n Vis vrot van sy kop af
Ná gister se onverkwiklike gebeure in en om die parlement sal dit nog ’n hele ruk duur voordat dié vreet-en-praathuis weer die nodige vertroue sal inboesem, skryf Herman Toerien. Intussen sal nog meer ontnugterde kiesers die veiligheidsnet van burgerlike instellings opsoek.
Louca het glo longkanker
George Louca van Ciprus, wat verdink word van die moord op Teazers-baas Lolly Jackson, het glo longkanker, het The Star Donderdag berig.
Presidensie verdedig Zuma se uitlatings oor tienerma’s
Die presidensie het pres. Jacob Zuma se uitlatings oor tienerma’s verdedig en gesê hy het nie meisies uitgesonder nie.
Man tronk toe oor moord op vriendin
ʼn Man van die Noord-Kaap is in die Prieska-streekshof tot tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin.
Vyf vas oor gesteelde goedere
Vyf mense is Woensdag in Wynberg, Johannesburg, in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om goedere van ʼn vragmotor af te laai wat hulle glo gekaap het.
SA man sterf in stryd teen Boko Haram
Leon Lotz, ʼn voormalige Koevoet-soldaat, is in Nigerië in die stryd teen Boko Haram dood.