Monica van Schalkwyk (24), wat Donderdag heraangestel is in haar posisie as adjunk-voorsitter van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Institusionele Verteenwoordigende Studenteraad (IVSR) ná haar vroeëre skorsing, sê sy sal aanhou veg vir dit wat reg is.
Foto’s: Byleveld vereer met “baasspeurder”, “rampokker” en “tjoekie” in die WAT
Tydens die openingsaand van die landswye Piet Byleveld vraag- en antwoordtoer Donderdagaand in Pretoria, het Maroela Media Byleveld op ʼn besonderse manier vereer vir die byna 40 jaar diens wat hy aan die Suid-Afrikaanse gemeenskap gelewer het.
Kwaai skare slaan ‘verkragter’ dood
ʼn Verdagte wat in Indië aangehou is in verband met die verkragting van ʼn 20-jarige meisie, is deur ʼn kwaai skare deur die strate gesleep en doodgeslaan.
Piet Byleveld praat reguit oor verskeie hoëprofielsake
Die baasspeurder Piet Byleveld het Donderdagaand tydens ʼn vraag- en antwoordsessie by die Atterbury-teater sy mening gegee oor verskeie hoëprofielsake, waaronder die Oscar Pistorius-verhoor en die raaiselagtige moord op Anika Smit.
‘Baba-ontvoerder’ op borgtog vrygelaat
ʼn Vrou wat glo 17 jaar gelede ʼn pasgebore baba uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer het, is Vrydag op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Man in PTA-spoglandgoed doodgeskiet
ʼn 53-jarige man is Vrydag in die vroeë oggendure tydens ʼn vermeende huisroof in ʼn spoglandgoed in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Jan Kempdorp: Vier seuns weer in hof
Die vier leerders wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn koshuisleerder van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap aangerand en seksueel mishandel het, het Donderdag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn.
Swartwater-plaasmoord: Boer lewend in waterkuil met krokodille gegooi
Vier mans verskyn Maandag in die hof vir die moord op dr. Louis-John Botha (64), ʼn wildboer van Swartwater in Limpopo, dieselfde dag as sy beplande roudiens.
Nuuskommentaar: Eis teen Jansen
Universiteite is veronderstel om afgeronde jong mense te lewer wat toegerus is vir die werklike en beroepslewe, maar dit lyk soms of universiteitsbesture hierin nie ’n voorbeeldige voorbeeld stel nie, skryf Herman Toerien.
Spioenasiebewerings: ‘Ons intelligensie is nie intelligent nie,’ sê Malema
Thuli Madonsela, Julius Malema, Lindiwe Mazibuko en Joseph Mathunjwa het bewerings van spioenasie teen hulle as “snert” bestempel, het Beeld Vrydag berig.
Goeie nuus: PE-polisie vang juweelrowers
ʼn Op en wakker polisiebeampte het Donderdag ʼn groep rowers se plan gefnuik om die Fishers-juwelierswinkel in die Greenacres-winkelsentrum in Port Elizabeth te beroof.
Video: Hidro-elektriese aanleg in NK geopen
‘n Nuwe hidro-elektriese aanleg is amptelik in die Noord-Kaap bekend gestel.
Moordbeskuldigde wag steeds op hospitaalbed
ʼn Tiener wat van die moord op die Kaapstadse kunstenaar Rosemary Theron verdink word, wag nog steeds vir ʼn bed by die Valkenberg psigiatriese hospitaal.
2022 Spele kan groot inspuiting wees
Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag gesê Suid-Afrika kan ʼn groot finansiële inspuiting kry indien die 2022 Statebondspele in die land aangebied word.
Spioenasiebewerings sal ondersoek word
Die departement van staatsveiligheid het Donderdag gesê bewerings op sosiale media dat daar op die Openbare Beskermer en sekere politieke leiers gespioeneer is, sal ondersoek word.
Polisieman: ‘Ek het geweet dit is Zephany’
Lt.kol. Mike Barkhuizen het die oomblik toe hy Zephany Nurse sien, geweet sy is die baba wat in 1997 ontvoer is, het Beeld Donderdag berig.
Man terug tronk toe ná hy op parool verkrag
ʼn Verkragter van Mpumalanga wat in 2012 op parool vrygelaat is, is weer tronk toe gestuur nadat hy skuldig gepleit het op aanklag dat hy twee vroue verkrag het in die eerste ses maande nadat hy vrygelaat is.
Vrou steel glo baba by winkelsentrum
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn vrou wat glo ʼn een maand oue baba van sy ouma gesteel het by ʼn winkelsentrum in Polokwane.
Vier sterf in Vrystaat-botsing
Vier mense is Donderdagmiddag dood en sewe beseer in ʼn botsing tussen ʼn minibus en ʼn bakkie op die R30 naby Bultfontein in die Vrystaat.
Pastoor geskors wat seun glo molesteer
Die Volle Evangelie Kerk van God het bevestig dat die pastoor wat daarvan beskuldig word dat hy ’n negejarige seun verkrag en gemolesteer het, tydelik geskors is.