Vier huise is in Muizenberg, Kaapstad, verwoes en drie ouetehuise ontruim nadat ʼn brand oor die naweek daar uitgebreek het.
Gemeenskapsaal in Kaapstad afgebrand
Die OR Tambo-gemeenskapsaal in Khayelitsha in Kaapstad is Sondag afgebrand.
Kar ry vrou in Centurion dood
ʼn Vrou is Sondagaand in Centurion doodgery.
Man vas ná hy glo meisie (8) verkrag
ʼn Man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn agtjarige meisie verkrag het, het die polisie gesê.
Khulubuse Zuma hof toe oor eis teen Aurora
Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se broerskind, sal Maandag ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria bring om ʼn eis van nagenoeg R1,6 miljard se skadevergoeding teen Aurora ter syde te stel.
DA eis antwoorde oor regeringsadvertensies
Die DA soek antwoorde ná berigte dat die departement van kommunikasie ’n ongemagtigde R1,6 miljoen aan koerantadvertensies bestee het.
Afrikaanse tersiêre onderrig in die kollig
In die lig van die omstrede debat oor die gebruik van Afrikaans as ʼn amptelike of primêre onderrigtaal op tersiêre vlak, sal die vakbond Solidariteit en burgerregte-organisasie AfriForum eersdaags ʼn verslag oor die reg tot moedertaalonderrig op tersiêre vlak vrystel.
216 km/h om vlug te haal
Sewe mense is Sondag op die R24-snelweg in hegtenis geneem nadat hulle die spoedgrens oorskry het.
Twee vas vir moord op Limpopo-polisieman
Twee mans is in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn polisiebeampte van die Modimolle (Nylstroom)-polisie, wat nie aan diens was nie, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Valse aantygings teen SAL-voorsitter versprei
Dudu Myeni, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL)-raad, was die slagoffer van ʼn slenter met ‘n vervalste buitelandse bankrekening in ʼn poging om haar afgedank te kry, het verskeie Sondagkoerante berig.
SA-spioene glo onttrek oor Spy Cables
Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het ontken dat ʼn vliegtuig gestuur is om ten minste vier senior intelligensie-agente uit hul poste in Afrika te onttrek nadat die sogenaamde Spy Cables uitgelek is, het City Press Sondag berig.
Foto’s: Brand woed by Muizenberg
Brandbestryders van verskeie spanne is na Muizenberg in Kaapstad ontplooi om ʼn bergbrand te help bestry.
Man vermoor glo meisie in kroeg
ʼn Man is in Diepkloof, Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 23-jarige meisie.
Video: Só val die Tulip-hotel
Die bekende Tulip-hotel in Kaapstad is Sondagoggend voor juigende skare ingeplof.
Vlieënier doen noodlanding langs pad
ʼn Vlieënier in sy 30’s is ongedeerd nadat hy Saterdag ʼn noodlanding in ʼn veld naby Witbank in Mpumalanga gedoen het.
Seun ernstig beseer tydens rugbywedstryd
ʼn Jong seun moes Saterdag met ʼn helikopter van ʼn skool in Brandfort in die Vrystaat na ʼn hospitaal in Bloemfontein geneem word nadat hy tydens ʼn rugbywedstryd ernstig beseer is.
Tiener by straatren doodgeskiet
ʼn 15-jarige seun is Saterdag in Durban tydens ʼn onderonsie met die polisie by ʼn onwettige straatren doodgeskiet.
Oud-metropolisiebaas vas vir dronkbestuur
ʼn Voormalige adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie is Saterdag in Pretoria vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Bekende Kaapstad-hotel word vandag ingeplof
Die bekende Tulip-hotel in Kaapstad word Sondag gesloop.
Man dood, 4 beseer in botsing
ʼn Man is dood en vier mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R500 naby Carletonville aan die Wes-Rand.