Minister Blade Nzimande se onkantspelery, ook waar Afrikaans ter sprake is, is niks nuuts nie. Maar dit toon ook aan hoe eng die regering die regsraamwerk beskou waarbinne die Afrikaner sy belange kan bevorder, skryf Herman Toerien.
Wildbewaarder-kamp: ‘Marteldood’-saak hervat
Die saak teen die eienaar van ʼn weermagtipe kamp waar ʼn 15-jarige seun gesterf het, hervat Maandag in die streekshof in Vereeniging.
Liggaam gevind ná kind by kerkkamp verdrink
Die liggaam van ʼn 12-jarige seun is Sondag opgespoor nadat hy in ʼn strandmeer by Wortelgat-kampterrein naby Hermanus in die Wes-Kaap verdwyn het.
Pa en seun kritiek beseer net voor Toy Run
ʼn Pa en seun is Sondagoggend omstreeks 06:50 kritiek beseer in ʼn motorfietsongeluk in Pretoria-Noord.
Natuurbewaarder Ian Player oorlede
Die bekende natuurbewaarder dr. Ian Player, broer van golfspeler Gary Player, is Sondag in die Karkloof-vallei in KwaZulu-Natal oorlede, het die Wildernis-stigting gesê.
Name van SA’ners bekend wat in Afghanistan sterf
Werner Groenewald (46), sy seun Jean-Pierre (17) en dogter Rhodé (15) is Saterdag bekend gemaak as die slagoffers van ʼn skietery in Kaboel in Afghanistan.
Omstredenheid oor Facebook-groepe se rasse-profilering
Sekere buurtwagte wat van rasse-profilering gebruik maak, het tot groot omstredenheid gelei, het die Sunday Times berig.
Afname in beurtkrag verwag
Beurtkrag behoort na verwagting teen Sondagaand af te neem, het Eskom gesê.
GRS ontvang FNB ‘Steve’ klagtes
Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het 20 klagtes ontvang oor FNB se nuutste ‘Steve’-advertensies, het die Sunday Times berig.
Video: Oudburgemeester in vangwa geboender
ʼn Video het aan die lig gekom van polisiebeamptes wat Eugene Nel, ʼn oudburgemeester van Lichtenburg in Noordwes, hardhandig behandel voor hulle hom in die vangwa inboender.
Akademia: “Ons gaan volstoom voort”
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Sondag aan Maroela Media gesê hulle gaan volstoom voort met Akademia, ondanks minister Blade Nzimande se uitlatings aan Rapport.
Gauteng-premier ontvang e-tol-verslag
David Makhura, premier van Gauteng, het Sondag die raadgewende paneel se verslag ontvang oor die ekonomiese impak van e-tol op Gauteng.
Drie SA’ners sterf in Kaboel-skietery
Die departement van internasionale betrekkinge is Sondag besig om ondersoek in te stel na berigte dat drie Suid-Afrikaners van dieselfde gesin in ʼn aanval in Afghanistan dood is.
Nkandla-heining reggemaak
ʼn Veiligheidsheining rondom pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, is herstel, het die Sunday Times berig.
Blade Nzimande sê oor Afrikaans by universiteite
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is van plan om die privaat universiteit Akademia se registrasie te onttrek indien dit eksklusief Afrikaans gaan bly, het Rapport Sondag berig.
12-jarige verdrink by Hermanus
ʼn 12-jarige seun het Saterdag by die Kleinrivier-strandmeer, tussen Stanford en Voëlklip, verdrink nadat ʼn kano omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.
Vyf meegesleur, een verdwyn in see by Kleinmond
ʼn Man in sy 20’s het Saterdag vermoedelik verdrink nadat ʼn systroom hom by Kleinmond in die Wes-Kaap meegesleur het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.
Krieketskeidsregter sterf ná bal hom tref
Hillel Awasker (55), ’n skeidsregter van Israel, is dood nadat hy in Ashdod deur ’n krieketbal teen die kaak getref is.
Berugte Moloto-pad eis 6
Ses mense is dood en een persoon is ernstig beseer op die Moloto-pad naby die Kameeldrift-polisiehondeskool in Pretoria.
Negejarige vas ná sy haar sussie slaan
ʼn Negejarige meisie is in hegtenis geneem nadat haar ma die polisie ontbied het toe sy haar jonger sussie geslaan het.