Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag aangekondig dat 140 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes na Lesotho ontplooi gaan word.
Komediant twiet steeds vir Steve ondanks hofbevel
Conrad Koch, komediant en buikspreker agter die karakter Chester Missing, het Donderdag voortgegaan om twiets te stuur oor Steve Hofmeyr nadat die sanger ʼn tydelike beskermingsbevel teen hom gekry het.
14 behandel ná pepersproei-lekkasie
Veertien mense word in die hospitaal behandel nadat pepersproei glo Donderdag by ʼn winkel in die middestad van Durban gelek het.
Twee mans in motor doodgeskiet
Die liggame van twee mans is Donderdagoggend in ʼn toegesluite motor langs die snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal aangetref.
Ramaphosa tree vir Zuma in die bres
President Jacob Zuma het tans nie ʼn goeie verhouding met die parlement nie weens lede van opposisiepartye se gedrag, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.
Rowers skiet ma, suster voor seun
ʼn 14-jarige seun van Primrose, Germiston is wees gelaat nadat rowers tydens ʼn vermeende gewapende rooftog sy ma en ouer suster voor hom geskiet het.
Pa martel, vermoor dogter se ‘verkragter’
ʼn Man van Indië wat sy dogter se vermeende verkragter gemartel en vermoor het, word as ʼn held beskou in ʼn saak wat skokgolwe deur die land gestuur het.
Drie vas vir Durban-sleepmoord
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 20-jarige man van Overport wat Dinsdagaand in Durban met ʼn skerp voorwerp gesteek en glo in ʼn teerpad gesleep is.
Nuuskommentaar: Met sulke vriende binne laer het hy nie vyande daarbuite nodig nie
Herman Toerien neem die gewoonlik naamlose gebruik van die kuberruim om karaktermoord te pleeg, haatspraak te saai, en doodgewoon onwelvoeglik (liewer walglik) op te tree deur middel van kommentaar wat gelewer word, onder die loep.
Motorfietsryer en voetganger sterf in ongeluk
ʼn Motorfietsryer en ʼn voetganger is Woensdag dood tydens ʼn ongeluk in Main Reefweg in Florida, Roodepoort.
Twee in hof oor R85 m. se ecstacy
Twee mans het Woensdag in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn nadat daar glo ecstacy-tablette ter waarde van R85 miljoen in hulle besit gevind is.
Belastingbetaler hoes vir herskikte kabinet
Die regering het berigte ontken dat die nuwe staatsdepartemente die belastingbetaler ʼn bykomende R66 miljoen per jaar uit die sak gaan jaag.
Vier vas oor wapens
Vier mense is in hegtenis geneem nadat daar vuurwapens gevind is op ʼn kleinhoewe in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, het die SAUK berig.
Steve Hofmeyr kry hofbevel teen komediant
Steve Hofmeyr het ʼn hofbevel gekry waarvolgens Conrad Koch, die buikspreker agter die karakter Chester Missing, hom nie verder mag “teister” nie.
EFF-LP’s skuldig bevind
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se 20 LP’s, insluitend partyleier Julius Malema, is skuldig bevind aan die aanklagte wat teen hulle aanhangig gemaak is nadat hulle president Jacob Zuma uitgejou het.
Ma vas oor dwelms; seuns terug na SA
Twee Suid-Afrikaanse seuns gaan van Brasilië gerepatrieer word nadat hulle ma vir dwelmhandel in hegtenis geneem is, het die departement van maatskaplike ontwikkeling Woensdag gesê.
Eienaar ontken aparte toilette vir rasgroepe
Die bewering dat toilette by ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt, Limpopo glo vir verskillende rasgroepe geskei is, is onwaar het die eienaar van die gebou gesê.
Minister van vervoer verkeerd oor brandstofheffing en tolpaaie
Die minister van vervoer, Dipuo Peters, beoefen bangmaaktaktiek indien sy aanvoer dat die gemiddelde brandstofheffing tot R3,65 per liter sal moet styg om die koste van die Gautengse tolpaaie te dek, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.
Man ná wilde jaagtog in PTA geskiet
ʼn Vermeende kaper is Woensdag ná ʼn wilde jaagtog deur die strate van Pretoria deur die polisie geskiet en gewond.
“Waar is Zuma?” vra DA
Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het ‘n kennisgewing van ‘n mosie ingedien in die Nasionale Vergadering waarin LP’s versoek word om president Jacob Zuma te berispe.