Suzanne Leyden se dokters het haar Saterdag uit haar geïnduseerde koma begin wakker maak, en sy het Maandag selfs ʼn entjie geloop.
J. Arthur Brown se boete nou tronkstraf
Die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown is Maandag tronkstraf opgelê nadat die appèlhof sy vorige vonnis tersyde gestel het.
Liggaam in meer by Centurion-winkelsentrum
Die liggaam van ʼn onbekende man is Maandagoggend in die meer by Centurion Mall in Gauteng opgespoor.
Afrikaanse universiteit: Skerp kritiek oor Nzimande-‘dreigement’
Akademici het skerp reageer op minister Blade Nzimande se dreigement die naweek om Akademia se registrasie te onttrek as dit eksklusief Afrikaans bly.
Vermeende kapers by PTA-winkelsentrum aangekeer
Vinnige optrede deur die polisie het daartoe gelei dat twee vermeende kapers vinnig in hegtenis geneem is kort nadat hulle Maandag ʼn voertuig by ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria gekaap het.
Nuwe US-rektor aangewys
Die Universiteit Stellenbosch (US) het Maandag sy nuwe rektor aangekondig.
Kaapstad se beurtkrag “rassisties”
Kaapstad se beurtkragskedule het “sterk rassistiese ondertone”, het Cosatu Maandag gesê.
Wêreldvigsdag: ‘n Paar Suid-Afrikaanse syfers
Dit is vandag Wêreldvigsdag, maar hoe lyk die prentjie nou in Suid-Afrika?
Afghanistan-aanval: ‘Hy het sy kinders probeer beskerm’
Werner Groenewald (46) het vergeefs probeer om sy twee kinders te beskerm oomblikke voor hulle die naweek in Kaboel in Afghanistan doodgeskiet is, het die familie gesê.
Pa skiet dogter se kaper
ʼn Pa van Ridgeway in Johannesburg het Sondagaand een van sy dogter se vermeende kapers geskiet.
Geen beurtkrag vandeesweek nie, sê Eskom
Eskom het Maandag gesê daar word nie beurtkrag vir die week beplan nie.
Tierboskat glo op R21 in Centurion gesien
ʼn Tierboskat is glo vroeg Maandagoggend op die R21-hoofweg naby die Irene-afrit in Centurion, Gauteng gesien.
Nege sterf in KZN-botsing
Nege mense is dood en drie is beseer nadat ʼn bakkie en vragmotor op die R22 in die noorde van KwaZulu-Natal gebots het.
Nuuskommentaar: Lord (dr) Blade Milner
Minister Blade Nzimande se onkantspelery, ook waar Afrikaans ter sprake is, is niks nuuts nie. Maar dit toon ook aan hoe eng die regering die regsraamwerk beskou waarbinne die Afrikaner sy belange kan bevorder, skryf Herman Toerien.
Wildbewaarder-kamp: ‘Marteldood’-saak hervat
Die saak teen die eienaar van ʼn weermagtipe kamp waar ʼn 15-jarige seun gesterf het, hervat Maandag in die streekshof in Vereeniging.
Liggaam gevind ná kind by kerkkamp verdrink
Die liggaam van ʼn 12-jarige seun is Sondag opgespoor nadat hy in ʼn strandmeer by Wortelgat-kampterrein naby Hermanus in die Wes-Kaap verdwyn het.
Pa en seun kritiek beseer net voor Toy Run
ʼn Pa en seun is Sondagoggend omstreeks 06:50 kritiek beseer in ʼn motorfietsongeluk in Pretoria-Noord.
Natuurbewaarder Ian Player oorlede
Die bekende natuurbewaarder dr. Ian Player, broer van golfspeler Gary Player, is Sondag in die Karkloof-vallei in KwaZulu-Natal oorlede, het die Wildernis-stigting gesê.
Name van SA’ners bekend wat in Afghanistan sterf
Werner Groenewald (46), sy seun Jean-Pierre (17) en dogter Rhodé (15) is Saterdag bekend gemaak as die slagoffers van ʼn skietery in Kaboel in Afghanistan.
Omstredenheid oor Facebook-groepe se rasse-profilering
Sekere buurtwagte wat van rasse-profilering gebruik maak, het tot groot omstredenheid gelei, het die Sunday Times berig.