ʼn Groep gewapende mans het Woensdagoggend op ʼn winkel by Centurion Mall in Gauteng toegeslaan en dit van nagenoeg R150 000 se elektroniese ware beroof.
Video: Diefstal in ʼn japtrap uit ʼn motor
Lauren Dibb, ʼn inwoner van Johannesburg, was onlangs die slagoffer van diefstal nadat boewe ʼn afstandbeheertoestel gebruik het om te keer dat haar motor nie sluit nie.
Hof toe ná dogter sonder toestemming ingeënt word
ʼn Ma van Gauteng dagvaar die departemente van onderwys en gesondheid nadat haar dogter ʼn servikale kankerinenting sonder haar toestemming toegedien is, het die Sowetan Woensdag berig.
N2 weens betogings gesluit
Die N2-snelweg naby Harding en Port Shepstone in KwaZulu-Natal moes Woensdagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners in die gebied oor dienslewering betoog het.
Video: Diewe gefnuik wat honde skop, skiet
WAARSKUWING: Die beeldmateriaal bevat geweld en wys hoe ʼn hond geskop en een geskiet word. Sensitiewe lesers word ontmoedig om die video te kyk.
Nuuskommentaar: SA as terreurstaat en plaasaanvalle
Herman Toerien neem die jongste terreurindeks en Suid-Afrika se terreursyfers onder die loep.
Goeie nuus: Samaritaan ná drie jaar vrygespreek
Drie jaar se trane en stres, ʼn naweek agter tralies, ʼn skuldigbevinding en gevolglik vonnis is wat dit vir ʼn barmhartige Samaritaan, Annari du Plessis, gekos het om seker te maak dat geregtigheid uiteindelik vir haar en slagoffers van verkragting en mishandeling geskied.
Foto’s: Talle bekendes by die première van Leading Lady
Die première van die skreeusnaakse rolprent, Leading Lady, is tydens ʼn glansgeleentheid in Johannesburg gehou en talle bekendes, onder meer Gil Bellows het die geleentheid bygewoon.
PTA-munisipaliteit spandeer miljoene aan wegneemetes
Nagenoeg R15 miljoen is in een maand aan wegneemetes spandeer vir personeellede van die Tshwane-metro in Pretoria, het The Star Woensdag berig.
Foto: Twee sterf toe trok bakkie tref
Twee mense is Dinsdagaand in Johannesburg dood nadat ʼn vragmotor hul bakkie van agter getref het.
Video en foto’s: Groot brand by Seinheuwel
Inwoners van Kaapstad het Dinsdagaand beangs toegekyk hoe ‘n brand op Vlaeberg (Seinheuwel) gewoed het.
Duitse toeris val ver
ʼn 28-jarige toeris van Duitsland is baie ernstig beseer toe hy Dinsdagmiddag van ʼn wandelplank op die strand by Port Elizabeth geval het.
Tweejarige verdrink in KZN-swembad
ʼn Tweejarige seuntjie het Dinsdag in ʼn swembad in Kapentabaai aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink.
SA ma gevonnis oor kindermoorde
ʼn Suid-Afrikaanse ma was baie lief vir haar drie gestremde kinders en het haarself finansieel en emosioneel uitgeput om hul welstand te verseker voordat sy hulle uiteindelik vermoor het, het ʼn senior regter Dinsdag in ʼn hof in Engeland gesê.
Goeie nuus: Laurel and Hardy herleef
Al is hul laaste film reeds in 1953 vrygestel, het Stan Laurel en Oliver Hardy se aanhangers vir ʼn geruime tyd nie dié twee Britse karakters vergeet nie. ‘n Video met hul manewales volg onderaan die berig.
Shell beskuldig van leuens in Nigeriese oliestortingsaak
Friends of the Earth (FoE) Nederland en ʼn groep boere van dorpies in die Niger-delta het die Nederlandse oliemaatskappy Shell verlede week hof toe gevat om vergoeding te eis vir skade wat deur ʼn groot oliepyplynstorting veroorsaak is. Plaaslike gemeenskappe is daardeur verwoes.
Baba L gestremd weens mishandeling
ʼn Tweejarige dogtertjie wat slegs as Baba L bekend staan, is baie erg gestremd weens ʼn erge kopbesering wat sy opgedoen het toe haar ma se kêrel haar glo aangerand het, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor. Waarskuwing: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Vyf vas oor beplande rooftog by Mike’s Kitchen
Vyf mans is Dinsdag in Germiston in hegtenis geneem in verband met ʼn beplande rooftog by die Mike’s Kitchen in Lambton Court in die Oos-Rand.
Broers kry 15 jaar elk vir bylmoord
Twee broers van Mpumalanga wat ʼn man met ʼn byl vermoor het, is Dinsdag in die Nelspruit-streekshof tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis.
Padda in sy slaai
Dirk Steenekamp van Johannesburg het onlangs ʼn padda in ʼn slaai opgespoor wat hy by Woolworths gekoop het en die foto op sosiale media gedeel.