Waar dit tot die begin van April nog ‘n baie stil aardbewingjaar vir baie sterk aardbewings was, was daar sedert die 2 April nou reeds vyf bielies van sterker as 7 op die momentmagnitudeskaal.
Twee sterf in botsing
Twee mense is dood en agt is beseer nadat ʼn minbustaxi en ʼn vragmotor Sondagaand op die N3-snelweg naby Estcourt in KwaZulu-Natal gebots het.
Inwoners betoog buite JHB
ʼn Gedeelte van die R554 moes Maandagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, daar betoog het.
Skutter by Joodse sentrum in VSA voormalige Ku Klux Klan-leier
Drie mense is dood toe ʼn 73-jarige man Sondag op inwoners van ʼn Joodse gemeenskapsentrum en versorgingsoord vir bejaardes in Kansas losgebrand het.
Amcu-stakers daag nie op vir MIV-behandeling nie
Meer as 1 000 stakende Amcu-werkers daag nie op vir hul maandelikse anti-retrovirale behandeling nie, volgens ʼn brief wat Lonmin aan die vakbond gestuur het.
Wit ballonne vir Oscar Pistorius
ʼn Groep mense, hoofsaaklik vroue, het die moordbeskuldigde Oscar Pistorius Maandagoggend voor die Pretoriase hooggeregshof met wit ballonne begroet.
Skip toegang geweier by Durban-hawe
Meer as 21 000 aktiviste in Suid-Afrika het ʼn skip met sy vrag van meer as 2 000 ton walvisvinvleis verhoed om by Durban se hawe brandstof in te gooi.
Nuuskommentaar: Steel die SAUK ‘n vry en regverdige verkiesing?
Dit is veral as die regerende party die staatsmedia en die openbare uitsaaier beheer wat die demokrasie gebrekkig word; wanneer die speelveld ongelyk word.
Twitter vergader met Turkse regering
Uitvoerende lede van Twitter sal met beamptes van die regering in Turkye vergader, het ʼn woordvoerder van die maatskappy Sondag gesê, nadat die land se eerste minister gesê het hy gaan dié sosialemedia-platform vir belastingontduiking vervolg.
Man vas wat glo gesin met byl vermoor
ʼn Man is Sondag in Douglas in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo twee gesinslede met ʼn byl vermoor het.
Centurion-busongeluk: Man dood, 61 beseer
Een man is Sondagaand in Centurion, Gauteng, dood en 61 mense beseer nadat ʼn bus ʼn ligte voertuig van agter getref het.
Oscar Pistorius se kruisondervraging duur voort
Gerrie Nel sal na verwagting Maandagoggend in die Pretoriase hooggeregshof sy kruisondervraging van Oscar Pistorius in sy moordverhoof hervat.
86-jarige van George verkrag
ʼn 86-jarige vrou is in Rosemore in George in die Wes-Kaap verkrag.
Een dood oor liefdesdriehoek
ʼn Man is Sondag by ʼn hostel in Durban, KwaZulu-Natal dood ná ʼn beweerde bakleiery oor ʼn vrou.
Sewe vas wat glo kluis opblaas
Sewe mense is in Mankweng in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn kluis by ʼn landboukoöperasie opgeblaas het.
Hier is die Ghoema 2014-wenners
Kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is Sondag by Carnival City se Big Top Arena vereer met Ghoema-toekennings.
Malema vra Mbeki se ma om verskoning
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het aan voormalige president Thabo Mbeki se ma om verskoning gevra dat hulle haar seun met “niks” vervang het nie, het die Sunday Independent berig.
Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak
Soekspanne het nog nie weer nuwe seine van die vermiste Vlug 370 se vliegtuigwrak van Malaysia Airlines gehoor nie.
Steun van internasionale sportliggame oor sportkwotas
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n omvattende veldtog van stapel gestuur om Suid-Afrikaanse sportondersteuners se steun te werf teen rassekwotas in Suid-Afrikaanse sport.
Video: BMW se vensters gebreek om vuur te blus
Brandbestryders moes ‘n splinternuwe BMW-motor se vensters breek om hul brandslang aan die brandkraan te koppel.