Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Ixopo, KwaZulu-Natal, waartydens Dave en Cheryl Biggs beseer is nie.
Bronkhorstspruit-kliniek gaan nie herbou word nie
ʼn Kliniek wat tydens ʼn diensleweringbetoging in Bronkhorstspruit afgebrand is, sal nie herbou word nie, het The Star Woensdag berig.
Twee vas wat sekuriteit wou toets
Twee CNN-joernaliste wat die veiligheidsmaatreëls by die nuwe Wêreldhandelsentrum in New York wou toets, is in hegtenis geneem na ‘n paar onsuksesvolle pogings.
Raaisel oor gesteelde ambulans
Die polisie en eienaar van ʼn privaat ambulansdiens probeer nog steeds bepaal wie ʼn ambulans sou steel, berig Krugersdorp Nuus.
Verkiesing: 29 partye gaan deelneem
Altesaam 29 partye sal op 7 Mei aan die nasionale verkiesing deelneem.
Modderstorting eis minstens 16
Reddingwerkers het nog twee liggame opgespoor ná ʼn modderstorting Saterdag in Seattle, Amerika. Dit bring die dodetal op 16 te staan.
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Die soektog na die wrak van Vlug 370 van Malaysia Airlines wat vermis geraak het, hervat Woensdag.
Noord-Korea tart wêreld weer met missiele
Noord-Korea het nie gras onder sy voete laat groei na die kernspitsberaad in Nederland waar die kerndiktatuur breedvoerig onder die loep geneem is nie, en het Woensdagoggend vroeg twee middellangafstand missiele in die rigting van Japan afgevuur.
Entrepreneursterrein vir laerskool danksy boerbokke
Laerskool Dagbreek in Carletonville het besluit om ʼn entrepreneursterrein te bou met die R15 000 prysgeld wat Eddie Pienaar, die wenner van verlede jaar se Solidariteit Helpende Hand entrepreneurskompetisie, vir sy skool gewen het.
Nuuskommentaar: ‘n Nuwe wêreldorde en Suid-Afrikaanse wanorde
Sedert Suid-Afrika deur die Rubicon gestap het, bly die land in baie opsigte in diep water. Nie altyd al te skoon water nie, aldus ‘n verslag van AfriForum, en ook volgens die groen- en bloudruppelverslae. Soms daal dit letterlik tot die vlakke van poefietiek.
Foto’s: Man beseer toe trekker omslaan
Een man is beseer toe hy Dinsdag onder sy trekker naby Cato Ridge in KwaZulu-Natal beland het.
Montecasino-lyk: Twee weer in hof
Jean-Pierre Malan en Maruschka Robinson wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, verskyn na verwagting Woensdag in die Randburgse landdroshof.
Mpuma-verkragter skuldig bevind
ʼn Man is Dinsdag in die streekshof in Secunda aan 48 uit 57 aanklagte van verskillende misdade skuldig bevind, insluitend moord en verkragting.
Richmond-plaasmoord: Drie beken skuld op gru-moorde
Drie jeugdiges het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg erken dat hulle die Schutte-gesin op hul plaas in Richmond, KwaZulu-Natal, vermoor het.
Tronkstraf of boete vir boer wat glo werker skiet
Johannes Fourie, ʼn boer wat skuldig bevind is dat hy ʼn vuurwapen onwettig hanteer het, is ses maande tronkstraf opgelê, het die SAUK berig.
Graca Machel doen afstand van helfte van Mandela se boedel
Graca Machel het haar reg op helfte van haar man, wyle pres. Nelson Mandela se boedel, van die hand gewys.
Drie vas oor bokke in lykswa
Drie mans is Dinsdag in Vryburg in Noordwes aangekeer nadat hulle vier bokkarkasse in ʼn lykswa vervoer het.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Staat sluit sy saak af
Die staat het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof sy saak in die Oscar Pistorius-moordverhoor gesluit. Adv. Barry Roux het Dinsdag gefokus op die liefdevolle verhouding tussen Oscar en Reeva, en die staat het verwys na 11 misdade wat oor drie jaar in die Silver Woods-landgoed aangemeld is.
Drakensberg-wêreldrekord: Hulle het dit gedoen!
Ryan Sandes en Ryno Griesel het Dinsdag ʼn nuwe wêreldrekord opstel toe hulle die Drakensberg in minder as 42 uur oorgesteek het. Kyk ook na die interessante grafika onderaan die berig.
Zille besorg oor Woensdag se Kaapstad-protes
Inwoners van informele nedersettings hou Woensdag in Kaapstad ʼn optog na die Wes-Kaapse Wetgewer om ʼn reaksie te eis oor grond- en behuisingskwessies.