Herman Pienaar (35) wat daarvan verdink word dat hy sy ouers in hul huis in Valhalla in Centurion, Gauteng, vermoor het, is vir sielkundige waarneming by Weskoppies-psigiatriese hospitaal gestuur.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Buurvrou getuig oor gille, ligte wat brand
Annette Stipp, een van Oscar Pistorius se bure, het Maandag in sy moordverhoor getuig dat sy ongetwyfeld ʼn man en ʼn vrou die aand van Reeva Steenkamp se dood hoor skree het.
Derby-Lewis: “Aanvaller wat Oscar dreig is nóg ʼn sensasie-soeker”
Clive Derby-Lewis, wat Sondag vir die tweede keer in aanhouding by die Kgosi Mapuru-gevangenis in Pretoria met ʼn skerp voorwerp aangeval is, het Maandag gesê sy aanvaller is net nog ʼn sensasie-soeker.
Video: Dieretuinwerker sterf ná hy diere groet
Die dieretuinwerker wat in sy hospitaalbed finaal totsiens gaan sê het aan die diere wat hy versorg het, is oorlede.
Germiston-juffrou vas oor porno
Die polisie ondersoek ʼn saak van kinderpornografie teen ʼn laerskoolonderwyseres van Germiston in Gauteng.
Eskom verwag nie verdere beurtkrag
Eskom het Maandag gesê dat die land se kragtoevoernetwerk vir die volgende ses weke onderdruk gaan wees, maar verwag nie dat beurtkrag vir die tydperk toegepas gaan word nie.
Koerant vra Kleinfontein om verskoning
Die Sunday Times het die Kleinfontein-gemeenskap, oos van Pretoria, Sondag in ’n berig om verskoning gevra en erken dat hy op 9 Februarie foutiewe inligting en stellings wat nie gestaaf kan word nie, oor die Afrikanergemeenskap gepubliseer het.
Aandag gevestig op kern-spitsberaad
Die oë van die wêreld is vandag op Den Haag, Nederland gerig waar die wêreld se vernaamste leiers saamtrek vir die derde kernspitsberaad.
Tweede roufase vir Mandela gehou
Oud-president Nelson Mandela se familie het oor die naweek met ʼn tweede roufase by die koninklike huis in Qunu in die Oos-Kaap begin, het The Sowetan Maandag berig.
Derby-Lewis weer in tronk aangeval
Clive Derby-Lewis (78) is Sondag vir die tweede keer in aanhouding aangeval.
Nuuskommentaar: Afrikaner en ander minderhede in die verkiesing
Te midde van die Nkandla-skandaal en ander kwessies wat ‘n aanslag teen die ANC se onaantasbaarheid loods, het ‘n kwalik opgemerkte stukkie fynskrif algaande die status van vetdruk begin verwerf – die rol van die Afrikaner en ander minderhede in die komende verkiesing.
Skolier kritiek na voertuig hom tref
ʼn 11-jarige skolier is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend in Illovo, KwaZulu-Natal, deur ʼn voertuig getref is.
Oscar Pistorius-moordverhoor hervat
Die eerste van die laaste vyf staatsgetuies sal na verwagting Maandag tydens Oscar Pistorius se moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof sy plek in die getuiebank inneem.
Aanklagte teen oud-Valke-baas verwerp
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan appèl aanteken nadat die Durbanse hooggeregshof alle aanklagte teen genl.maj. Johan Booysen, die geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, ter syde gestel het.
Bykans 1 000 verdagtes aangekeer
Nagenoeg 1 000 mense is die afgelope week tydens klopjagte in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem
Jaagduiwel ry meer as 200km/h
ʼn 48-jarige man is Sondag op die N1-snelweg in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy meer as 200 km/h gery het.
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Frankryk het Maleisië met satellietbeelde verskaf van voorwerpe wat moontlik wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines kan wees.
Groot Marico-plaasmoord: Kleinkind was ook in huis
Die boer wat Sondagoggend in Groot Marico in Noordwes vermoor is, was saam met sy vrou die eienaars van die Sumsaren-wildreservaat.
Boer vermoor, vrou met panga aangeval
‘n 59-jarige boer van Groot Marico in Noordwes is vermoor en sy 54-jarige vrou met ‘n panga aangeval tydens ‘n plaasaanval Sondagoggend.
Twee mans vas vir moord, verkragting
Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van moord en verkragting in verband met afsonderlike voorvalle.