Die polisie is op soek na drie gewapende rowers wat Dinsdagaand glo ʼn huiseienaar en sy vriende in ‘n huis naby Laerskool Uitsig in The Reeds-omgewing, Centurion, vir etlike ure aangehou en beroof het.
Drie vas ná moord op bejaarde
Drie mans is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord en roof op ʼn bejaarde man by sy huis in Greytown, KwaZulu-Natal.
Woede oor ligte straf vir man wat hond doodslaan
ʼn Hofuitspraak wat ʼn man van KwaZulu-Natal slegs op ʼn waarskuwing vrygelaat het nadat hy sy hond doodgeslaan het, veroorsaak ʼn oproer op sosiale media.
Nuuskommentaar: Die SAUK in die spervuur
Onder die gevalle was die wegredigering van die uitjouery wat Zuma tydens oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens. Ongelukkig, met soveel blatante politieke inmenging, is die vraag uiteraard hoeveel subtiele beïnvloeding daar ook is, wat die gewone kyker nie raaksien nie?
Boek ná 63 jaar terugbesorg aan biblioteek
In die Engelse stad, Rugby, is ‘n boek wat 63 jaar gelede by ‘n biblioteek uitgeneem is, pas terugbesorg.
Twee onwettige mynwerkers sterf ná rots glo op hulle val
Twee onwettige mynwerkers het in ʼn mynskag in Benoni, skaars twee kilometer vanwaar 25 onwettige mynwerkers sedert die naweek in Ekurhuleni in die Oos-Rand gered is, gesterf.
VN-verslag veroordeel marteling en moorde in Noord-Korea
Die VN het die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un gewaarsku dat hy persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir misdade teen die mensdom wat in ‘n verslag van 400 bladsye aan die lig gekom het.
SA kan weer vleis uitvoer
Suid-Afrika het weer die bek-en klouseer vrye sone status, waar inenting nie toegepas word nie, met ingang van 14 Februarie 2014 herwin.
Beyers Naudeweg weer gesluit weens betogings
ʼn Gedeelte van Beyers Naudeweg in Johannesburg moes Woensdagoggend weer vir verkeer gesluit word nadat inwoners van die Zandspruit informele nedersetting naby Honeydew die pad versper het.
Grypdief kom sy moses teë
ʼn Vermeende grypdief se 52-jarige slagoffer het hom in New York se treintonnels agternagesit en hom vasgetrek sodat die polisie hom in hegtenis kon neem.
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het Dinsdag gesê enige beampte wat moontlik twee van die sogenaamde Waterkloof-4 met ʼn selpartytjie gehelp het, sal gestraf word.
Vliegtuig-kaping: Medevlieënier vasgetrek
ʼn Medevlieënier wat Maandag ʼn vliegtuig van Ethiopië na Rome gekaap het, is in hegtenis geneem.
Man wou homself aan tiere voer
ʼn Man in China het ʼn onsuksesvolle poging, om homself aan ʼn paar Bengaalse tiere te voer, oorleef.
Sanral en minister erken e-tolprobleme
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Dinsdag Sanral beveel om faktuurprobleme wat met die e-tolstelsel in Gauteng verband hou, te korrigeer.
Aansoeke om Oscar-saak uit te saai
Mediahuise gaan Woensdag by die Pretoriase hooggeregshof aansoek doen om Oscar Pistorius se moordsaak regstreeks uit te saai.
Beloning aangebied ná transitorooftog in Kaapstad
SBV het ʼn beloning van R100 000 aangebied nadat sy transitospan in Athlone in Kaapstad van ʼn onbekende bedrag kontant beroof is.
Arno Carstens: Saak duur voort
Die musikant Arno Carstens se dronkbestuur-hofsaak is Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel.
Beetge uit Brasiliaanse tronk vrygelaat
Tessa Beetge, die veroordeelde dwelmmuil, is ná vyf en ʼn half jaar uit ʼn Brasiliaanse tronk vrygelaat, het die SAUK Dinsdag berig.
Subredakteur spring glo na sy dood by Naspers-sentrum
Alan Bowen, ʼn 46-jarige vryskut-subredakteur van Media 24 sedert 2009, is Sondag dood nadat hy glo van die dak van die Naspers-sentrum in Kaapstad gespring het.
Man sterf tydens plaasongeluk
ʼn Man is Dinsdagoggend in ʼn trekkerongeluk op ʼn plaas naby Vanderbijlpark in Gauteng dood.