Die liggame van vyf onwettige mynwerkers is Dinsdag naby ʼn mynskag in Roodepoort aangetref.
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Twee tienerseuns verskyn Woensdag weer in die Protea-landroshof nadat twee skoolmeisies van Johannesburg verlede week in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor is.
Video: Baba op sypaadjie gebore
ʼn Vrou van New York in Amerika moes Maandagmiddag in die winter op ʼn yskoue sypaadjie kraam toe haar babadogtertjie nie vir die hospitaal wou wag nie.
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Die direksie van Media24 en die topbestuur het volle vertroue in Adriaan Basson as redakteur.
Bakkery se onsmaaklike Oscar-koekies
ʼn Gewilde bakkery in Kaapstad, Charly’s Bakery, moes Dinsdag om verskoning vra nadat sy reeks Oscar Pistorius-koekies ʼn wrang smaak in die mond gelaat het.
Vrou beseer toe trein motor tref
ʼn Vrou is beseer toe ʼn passasierstrein haar motor Dinsdag in Stellenbosch in die Wes-Kaap getref het.
Pinetown-ongeluk: Moordaanklagte teen trokbestuurder laat vaar
Moordaanklagte teen ʼn vragmotorbestuurder wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, sal laat vaar word.
Loterywenner in hof oor diefstal
ʼn Voormalige loterywenner wat daarvan beskuldig word dat hy R250 gesteel het, het Dinsdag in die Pietermaritzburg-streekshof verskyn.
Amcu-lede vas oor poging tot moord
Twee mans is in hegtenis geneem vir poging tot moord op ʼn myner by Anglo American Platinum se Khuseleka 1-skag naby Rustenburg.
Polisie steeds op bystand vir onwettige myners
Die polisie, metropolisie en nooddienste is steeds op bystand indien enige van die onwettige myners uit ʼn verlate myn in Benoni, Gauteng kom.
ANC-jeugliga geskok oor Zille-uitlatings
Die ANC-jeugliga het sy skok uitgespreek oor Helen Zille, leier van die DA, se uitlatings oor twee joernaliste op Twitter.
Eskom waarsku oor wintermaande
Malusi Gigaba, die minister van openbare ondernemings, het Dinsdag gesê die elektrisiteitstoevoer sal tussen April en Julie onder erge druk verkeer.
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het in ‘n ope brief ‘n dispuut verklaar met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie.
PUK-groet: Departement sê koppe gaan rol
Die departement van hoër onderwys het Dinsdag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê hulle neem kennis van berigte oor gebeure op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom kampus, en veroordeel dit ten sterkste.
Ruimtetegnologie vir oogoperasies
Dokters by die Maastricht-oogkliniek in Nederland het ruimtetegnologie ingespan om ‘n mikroskoop waardeur hulle sensitiewe oogoperasies uitvoer, te stabiliseer.
Belasting dikwels verkwis, teen betalers gebruik
Belastingbetalers se geld word nie net onnodig bestee en dikwels op groot skaal verkwis nie, maar word ook al hoe meer teen hulle gebruik, het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) Dinsdag gesê.
Koalisie beplan optog oor SAUK-man
ʼn Groep wat homself die “Hlaudi Motsoeneng Koalisie” noem, eis dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, moet bedank.
Geen sekerheid oor ontvoerde Pierre Korkie
Die Gift of the Givers het Dinsdag gesê daar is geen sekerheid oor die gesondheid van die ontvoerde Pierre Korkie in Jemen nie.
Foto’s: Boere boos oor slegte pad
Boere in die omgewing van Vivo en Makhado (Louis Trichardt), suid van die Soutpansberge, is ontstoke oor die toestand van die P98/2 oftewel R522-roete, veral na sowat 300 millimeter reën in Januarie in die gebied geval het.
Oscar-verhoor gedeeltelik uitgesaai
Gedeeltes van Oscar Pistorius se moordverhoor mag gebeeldsend word, insluitend die opening- en sluitingsargumente, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag beslis.