“Die man is nie versteurd nie. Hy was bewus van wat ook al hy gedoen het. Jy kan nie van kameras af wegkruip as jy mal is nie.”
EFF beweer ‘regse komplot’ teen Malema
“Toe hierdie man in die wit hemp dus die leier (Malema) se weg versper, het ons gedink dit is die oomblik waarop die sluipmoord sou plaasvind en ons parlementslid het dadelik opgetree om dit te verhoed.”
Regstappe oorweeg ná DBV honderde diere uit skuiling verwyder
“Die diere is aan hul eie genade oorgelaat. Hulle het aan alles van leukemie tot diarree gely.”
Staatsrede: Kenners sê oor Cyril se onderwysplanne
Onderwyskenners het Vrydag die planne wat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand in sy staatsrede voorgelê het om onderwys in die land te ontwikkel met gemengde gevoelens begroet.
Aanklag oor Swart Maandag-optog teruggetrek
Laesecke was een van verskeie mense wat aangekla is van die reël van ʼn onwettige byeenkoms en verkeersontwrigting in verband met die Swart Maandag-optogte wat landwyd gehou is.
Video: Klag gelê ná EFF-LP beampte klap
Dié voorval het ná afloop van die staatsrede plaasgevind en is op video vasgevang.
Inwoners raadop oor waterkrisis in Olifantshoek
“Daar dreig ʼn wateropstand in byna elke Noord-Kaapse dorp.”
Numsa skop teen verdeling by Eskom
“Die strydlyne is getrek. Die staat het amptelik oorlog verklaar teen die werkersklas.”
‘Rower’ in Bryanston-huis doodgeskiet
Die rowers het glo die huiseienaar wakker gemaak waarna hulle op hom geskiet het.
Dros-saak: Psigiatriese verslag beskikbaar
Die beskuldigde is verlede maand vir waarneming in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal opgeneem en het vanoggend weer in die hof verskyn.
Moordverdagte vier maande later vasgetrek
Die verdagte sal na verwagting vanoggend in die Port Alfred-landdroshof verskyn.
Vier sterf toe voertuig op N1 rol
Een van die oorledenes is ʼn 13-jarige seun.
Gloria-myn: Nog liggame na oppervlak gebring
Mike Elliot, sakereddingsverteenwoordiger, het gesê 22 persone, vermeende kabeldiewe, is vermoedelik nog ondergrond vasgekeer.
Bosasa: Borgtog vir voormalige tronkbaas
Linda Mti, voormalige hoof van korrektiewe dienste, het homself Donderdag aan die Valke oorgegee.
‘Gemaskerde’ betogers by Wits veroordeel
“Hul doel is om opleiding te ontwrig en instansies van hoër onderwys gyselaar te hou om hul eie politieke agenda te bevorder.”
Pa sterf, dogters beseer tydens Uitenhage-rooftog
ʼn 35-jarige man is doodgeskiet toe hy en sy twee dogters, onderskeidelik 15 en sewe jaar oud, by hul huis in Uitenhage in die Oos-Kaap aangeval is.
Ramaphosa se vyf doelwitte vir Suid-Afrika
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in Kaapstad in sy staatsrede vyf hoofdoelwitte gestel waaraan die staat vanjaar voortdurend sy handel en wandel gaan meet.
Nuwe ‘Skerpioene’ gaan korrupsie vasvat
Twaalf jaar ná die gewraakte besluit van die ANC om die bobaas-korrupsiebevegters, die Skerpioene, te ontbind, het pres. Cyril Ramaphosa die terugkeer van ‘n afkaatsing van die spesialis-eenheid aangekondig.
Olie- en gasfonds kan SA se ekonomie verander – Ramaphosa
Ook op die energiefront het hy aangekondig dat Eskom, wat in groot bestaansmoeilikheid is, ontbondel en in drie afsonderlike maatskappye onder ‘n enkele sambreelmaatskappy sal funksioneer.
Stemdag is 8 Mei
Suid-Afrikaners sal op Woensdag 8 Mei vir die sesde keer in ‘n demokratiese algemene verkiesing stem, het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig.