Die wetsontwerp lê enorme strawwe – met boetes van tot R10 miljoen – op vir oortredings van die wetgewing, en verklaar as oorgangsmaatreël alle huidige nasionale sleutelpunte vir die volgende vyf jaar tot kritieke infrastruktuur.
Polisie vra hulp ná twee mans sterf
Die polisie doen tans twee geregtelike doodsondersoeke.
LUR bedank amptelik ná Facebook-plasing
“Ons het nie by die ANC aangesluit vir ‘blou ligte’ nie. Die uwe, Onicca Moloi.”
Man lewenslank tronk toe ná hy stom vrou verkrag
Volgens die polisie het die vrou gebaretaal gebruik om haar ma in te lig oor wat gebeur het.
Rowers slaan tweede keer op Despatch-slaghuis toe
ʼn Soektog is van stapel gestuur na drie gewapende rowers wat Dinsdagmiddag ʼn slaghuis in die Oos-Kaapse dorpie Despatch beroof het.
Man wat op video selfmoord pleeg, het glo gemoor
Hy stap dan tot by die bestuurdersdeur van die voertuig voor hy die vuurwapen teen sy kop druk, ʼn skoot afgaan en hy op die grond neerval.
Talle beseer toe taxi teen versperring bots
“Dié wat ernstig beseer is, is behandel met pynverligtingmiddels voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.”
Beweerde verkragter sterf in aanhouding
Gemeenskapslede het die man aangerand ná die beweerde voorval.
Vrystaatse gesin wreed aangeval, polisie soek dié man
Niemand is nog in hegtenis geneem ná ’n Vrystaatse gesin verlede maand wreed in hul huis aangeval is nie.
Numsa sê Mercedes Benz voldoen nie aan ooreenkoms nie
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Dinsdag Mercedes Benz Suid-Afrika (MBSA) daarvan beskuldig dat hy nie voldoen aan die ooreenkoms om kontrakwerkers binne 12 maande permanent aan te stel nie.
Staatsinstansie glo betrokke by plundery
Die Demokratiese Alliansie het gesê hy is besorg dat die staatsbeheerde Coega Development Corporation (CDC), wat 12 hawens vir klein bote in die Wes-Kaap moet oprig, geïmpliseer word in die plundery van R1, 6 miljard van die Oos-Kaap.
900 aanklagte teen ‘seksslaaf’-stiefpa
WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Polisie se klagte-waghond losgemaak van regering
‘n Verdere ooreenkoms tussen die voorgestelde nuwe Opod-wetgewing en die art. 9-instellings is dat die hoof van Opod deur die parlement aangestel en gemonitor sal word, wat die rol van die minister van polisie grootliks sal wegneem.
Twee gevonnis oor bevelvoerder se moord
Twee mense, onder wie ʼn voormalige polisielid, is gevonnis in verband met die moord op lt.kol. Nomalizo Dukumbana, stasiebevelvoerder van die Elliotdale-polisiestasie in die Oos-Kaap, wat in 2013 by haar huis in Port Elizabeth vermoor is.
Minister hof toe oor Sassa-staking
Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het aansoek gedoen om ʼn interdik te bekom teen stakende lede van die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa).
Nog ’n Wes-Kaapse terugslag vir die DA
Die slegte nuus wil net nie ophou inrol vir die Wes-Kaapse DA nie.
Rowers slaan op twee Limpopo-skole toe
Die aanvallers het die wagte in die skoolterrein ingedwing waar ʼn private kerkdiens aan die gang was en die kerkgangers beroof.
Hof hoor modelbaas ‘is nié pedofiel’
“Die gevolgtrekking waartoe ʼn mens kom, is dat die beskuldigde ʼn probleem het daarmee om homself te beheer wanneer dit by jong meisies kom.”
Polisie geloof ná hul vermiste 2-jarige opspoor
“Daar is geen manier dat sy alleen op die berg sou kon kom nie. In die 13 jaar wat ek deel is van die Okhahlamba-soek-en-reddingspan was daar nog nooit ʼn kind van hierdie ouderdom wat in sulke omstandighede oorleef het nie.”
Nóg vier vas ná Vrystaat-egpaar se skietdood
Drie mans en ʼn 21-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die wrede moorde op Gabriel Daniel Bruwer (78) en sy vrou, Marian (67), wat verlede week op teregstellingswyse op hul plaas buite Vanstadensrus in die Vrystaat doodgeskiet is.