Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het Dinsdag gewaarsku die land se ekonomiese resessie kan verder verdiep.
Sterk vroue wen SA se enigste medalje by Wêreldspele
“Ons het dié keer baie gefokus op kragoefeninge, veral om die vroue se bene sterker te maak. Ons het ook teen ander spanne meegeding sodat hulle teen ʼn ‘regte’ span kon oefen.”
Polisie fnuik rooftog by bekende winkelsentrum
Een van die verdagtes is deur die polisie gewond.
‘Bestuur van rioolwaterstelsels swak, tekens van ʼn groter krisis’
“Dit kan ʼn bedreiging vir menslike gesondheid, voedselsekerheid en die omgewing inhou.”
Nóg klagtes teen Malema oor grondbesetting-uitsprake
Daar is Dinsdag nog klagtes teen die EFF-leier, Julius Malema, by die polisie ingedien nadat hy die afgelope naweek weereens sy ondersteuners aangemoedig het om grond te beset.
[Foto’s] Transitoroof: Reusesoektog begin na verdagtes
Die polisie het intussen meer inligting bekend gemaak oor vanoggend se transitorooftog in Limpopo.
ANC muilband LP oor Zuma-uitsprake
Dié optrede kom nadat Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, versoek het dat daar opgetree word teen die LP.
EFF kap weer na Indiërs, Schabir Shaik
Die EFF het gesê hy sal nie verskonend wees wanneer “sy mense onderdruk word” of op eiers loop rondom “valse minderheidsgevoelens nie”.
[Foto’s] Doodskis-video-saak: Regter, beskuldigdes besoek toneel
Die tweede dag van die veelbesproke doodskis-video-saak het Dinsdag met ʼn ondersoek ter plaatse in die Blinkpan-omgewing buite Middelburg in Mpumalanga afgeskop.
DNS-uitslae bekend ná man 31 jaar lank vermis was
Die familie van Dennis Haynes, die man van Bloemfontein wat 31 jaar gelede spoorloos verdwyn het, het Dinsdag die uitslae bekendgemaak van DNS-toetse wat gedoen is om te bepaal of hy werklik dieselfde Dennis is wat in 1986 vermis geraak het.
[Foto’s] Transitorooftog: Geld lê toneel vol
Die R71 is gesluit nadat daar Dinsdagoggend ʼn transitorooftog op dié pad in Limpopo plaasgevind het.
Vermiste Brackenfell-man gevind
Anton Steenkamp (26), die man van Brackenfell wat vermis geraak het nadat hy Vrydagaand by sy huis weg is, is opgespoor.
Raadslede met veiligheidswagte in hof ná bakleiery
Werner Senekal, hoofsweep van die raad, en Rano Kayser, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, ontvang sedert die skermutseling glo doodsdreigemente.
SA ryg medaljes in op Wêreld-oorplantingspele
Die Wêreld-oorplantingspele word elke tweede jaar gehou en bring atlete wat lewensbelangrike orgaanoorplantings gekry het byeen om hul tweede kans om te lewe te vier.
Twee brand dood in winkel
“Twee mense het doodgebrand en die inhoud van die winkel is heeltemal vernietig.”
Polisieman doodgeskiet, nog 4 gewond
In ʼn kwessie van ʼn paar uur is ʼn polisiebeampte Maandagoggend doodgeskiet en vier ander gewond in twee aparte voorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap.
Tiener vas wat kêrel versteek
ʼn Tiener van die Vrystaat is in hegtenis geneem ná sy haar vriend, wat uit aanhouding ontsnap het, van die polisie help versteek het.
Sloerstaking by skole oor raskwessie veroordeel
“Die departement veroordeel die staking, aangesien al die betrokke partye onverpoosd werk om die dooiepunt op te los.”
Doodskis-video: Eerste staatsgetuie getuig
“Ek het vir Jackson gekonfronteer en vir hom gesê hy kan nou daardie doodskis hou, want dit was nou sy eie.”
[Foto’s] Donkies gebruik om motor te smokkel
Polisiebeamptes het Maandag toegeslaan op ʼn toneel waar verdagtes donkies gebruik het om ʼn Mercedes Benz-motor oor die grens van Suid-Afrika na Zimbabwe te smokkel.