Drie beseerdes moes met ʼn mediese helikopter van die toneel na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word.
Olifantstropery neem toe in Kruger-wildtuin
Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, het gesê olifantstropery het in 2017 in die Kruger-wildtuin toegeneem.
‘Onbevoegde’ ministers gevra om te bedank
Die vakbondfederasie Cosatu het Maandag weer ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om te bedank, tesame met “onbevoegde” kabinetministers.
Vier plaasmoorde in 48 uur: Mbalula se ingryping geëis
Fikile Mbalula, polisieminister, se dringende ingryping word geëis nadat vier plaasmoorde in die afgelope 48 uur gepleeg is.
Aankondiging volg glo binnekort oor misdaadintelligensie-hoof
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê ʼn aankondiging sal binnekort gemaak word oor die waarnemende hoof van misdaadintelligensie, genl.maj. Pat Mokushane.
Grace Mugabe: ‘SA het geloofwaardigheid verloor’
“Op geen manier kan dit ʼn uitbreiding van jou amptelike pligte wees om iemand te slaan nie,” het ʼn regsprofessor gesê.
Hof gee groen lig vir veiling van renosterhorings
Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het vanoggend ʼn permit vir die plaaslike verkoop van renosterhorings aan John Hume met streng voorwaardes uitgereik nadat hy ʼn hofbevel in dié verband bekom het.
[Video] Jong manne maak wéér litte los, dié keer saam met pa’s
“Ons pa’s was eers ietwat skepties, maar toe vát hulle hom!”
Ses ‘dronk’ taxibestuurders aangekeer
Ses minibustaxibestuurders is oor die naweek tydens ʼn padblokkade in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo onder die invloed van alkohol passasiers vervoer het.
Boer moet plaas ontruim ná doodsdreigemente
ʼn Boer van die Brits-omgewing in Noordwes moes sy plaas ontruim nadat hy glo doodsdreigemente ontvang het en daar gedreig is dat sy huis afgebrand gaan word.
Vrou glo gedwing om oor warm kole te loop
ʼn Saak is aanhangig gemaak ná die beweerde slagoffer in ʼn hospitaal opgeneem is vir ernstige brandwonde aan albei voete.
Bylmoordesaak wéér uitgestel
Die verdediging het gesê die herhaalde uitstel van die saak kos hul kliënt baie geld.
KZN-boer by beeskraal geskiet
“Die boer het teruggeskiet en die onbekende man is doodgeskiet.”
Walvis by Kleinmond gered
Die NSRI in Hermanus is ontbied nadat verskeie mense gesien het hoe die walvis tussen Palmiet en Kleinmond in boeie en toue verstrengel geraak het.
Vrou vermoor oor sy glo nie welkom is nie
“Daar het glo ʼn argument ontstaan omdat die slagoffer blykbaar nie welkom was in die motor nie.”
Man vas ná koeël meisie (12) in kop tref
Die meisie het glo voor haar huis gesit toe sy geskiet is.
Klante, werkers by McDonald’s in Pta beroof
“Drie mans het die kitskosrestaurant binnegestorm en klante en personeel met vuurwapens aangehou.”
Ouers gewaarsku oor plasing by Gauteng-skole
Die Gautengse departement van onderwys het ouers Maandag gewaarsku dat meer as 70 000 leerders die risiko loop om hul plek in skole vir gr. 1 en gr. 8 volgende jaar te verloor.
Wit boere begin internasionale regsinisiatief teen Zimbabwe
“Sonder eiendomsreg en die oppergesag van die reg sal ons negatiewe trajek as ’n mislukte staat versnel.”
Guptas verkoop mediahuise vir miljoene
Die Gupta-familie se Oakbay Investments het Maandag aangekondig hy gaan sy aandele in die African News Network-nuuskanaal (ANN7) en The New Age-koerant (TNA) vir miljoene rande verkoop.