ʼn Gemeenskap is in rou nadat Karel Minnie (14), ʼn uitblinker op skool, Maandag in sy tuisdorp tragies gesterf het.
[Video] Aardklop 2017: sit aan vir ʼn fees na hartelus
“Kom ons praat uit die hart uit, en noem ʼn ding op sy naam: Aardklop 2016 was ʼn wonderwerk. Daarom gaan ons ná hierdie gesamentlike reusereddingspoging in 2017 elke uiteenlopende feesganger, deelnemer en kunstenaar se bydrae tot die sukses en voortbestaan van Aardklop vier.”
Vrou glo met suur gegooi in kaping
ʼn Vrou het ernstige brandwonde met ʼn chemikalie opgedoen nadat sy glo met suur gegooi is tydens ʼn kaping.
Gevangene ontsnap by vulstasie
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn gevangene wat buite Polokwane (Pietersburg) uit aanhouding ontsnap het.
Khoza aangekla: ‘Hoekom word ek uitgesonder?’
Khoza is Woensdag formeel ingelig oor die stappe teen haar.
Plaaswerker sterf op plaas
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man vir hartstilstand behandel. Noodhulp is op hom toegepas en hy is aan ʼn ventilator gekoppel.
Mans met ongeslypte diamante betrap
Twee mans, albei 25 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ongeslypte diamante in hul besit gevind is.
Man sterf toe kar teen brug bots
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motor teen die betonpilaar van ʼn brug gebots het.
Zimbabwe landbouleier waarsku SA boere
Agri Limpopo doen ʼn beroep op landbouers en landbouleiers om ernstig aandag te gee aan die waarskuwings van Pete Steyl.
Vrou glo met renosterhoring betrap by Jhb-lughawe
ʼn Vrou is Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn sak met renosterhoring.
ANC lê klagtes teen Khoza
Super Zuma, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê Mkhosi Khoza, die ANC-LP wat openlik die partyleier pres. Jacob Zuma versoek het om te bedank, is nou aangekla en daar sal nie enige verdere openbare gesprekke oor die saak wees nie.
Gesteelde voertuie gevind vóór hulle oor grens gesmokkel word
Die polisie in Limpopo het Woensdag beslag gelê op gesteelde luukse voertuie wat bestem was om oor die land se grense gesmokkel te word.
Voormalige prokureur gevonnis ná bedrog
Jacobus Samuel Gous, ʼn 44-jarige prokureur van Bloemfontein, is Woensdag gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van bedrog.
4 dood, drie beseer tydens skietery in Bloemfontein
Vier persone is dood en drie beseer ná ʼn skietery Woensdagoggend in Bloemfontein.
Sewe in hof oor Kaapstad-bordeel, afpersing
“Hulle het glo van 2012 tot 2015 byna R3 miljoen in die sak gesteek deur kliënte af te pers met die dreigement dat hulle beeldmateriaal van hul dade met die sekswerkers op sosiale media gaan plaas.”
Boosdoeners steek Pta-egpaar se huis aan die brand
ʼn Egpaar van Pretoria het al hul besittings verloor nadat hul huis in die Kameelfontein-gebied, noordoos van Pretoria, Vrydag onder raaiselagtige omstandighede aan die brand gesteek is.
Dié Pta-strate môre geraak deur optog
Die Tshwane-metropolisie het Woensdag ʼn waarskuwing aan motoriste gerig oor paaie wat geraak gaan woord weens ʼn beplande optog.
Sakeman voor onderneming ontvoer
ʼn 71-jarige man word vermis nadat hy glo Dinsdagmiddag voor sy onderneming in Woodstock, Kaapstad, ontvoer is.
Ma op soek na geregtigheid ná wetstoepassers seun glo doodskiet
“Ek sal alles in my vermoë doen om uit te vind wat daardie aand gebeur het. Dieselfde mag nie met nog iemand gebeur nie,” het ʼn ma van Johannesburg gesê oor haar seun se skietdood.
Huisbrand eis ouers, vier kinders
ʼn Gesin van ses is Woensdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand in Kaapstad dood.