ʼn Spesialis-patoloog het Woensdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê die wyle anti-apartheidsaktivis, Ahmed Timol, het erge skedelbeserings opgedoen, waarskynlik voor sy afsterwe in Oktober 1971.
Plaasmoorde: ‘Syfers wys polisie prioritiseer nie’
Die jongste syfers oor plaasmoorde en -aanvalle van die TLU SA toon dat daar vanjaar reeds 47 plaasmoorde en 246 aanvalle was.
Twee vas vir Pta-moord
“Hulle het reeds hul bagasie gepak en het gereed gemaak om die polisie te ontduik.”
Vyf in hof oor ietermago
Vyf mans het in die Hoedspruit-landdroshof in Limpopo verskyn nadat ʼn lewende ietermago, wat ʼn bedreigde spesie is, vroeër vandeesweek in hul besit gevind is.
Slagoffer van Knysna-brande kry ‘nuwe hoop’
ʼn Totale vreemdeling het vir ʼn slagoffer van die verwoestende Knysna-brande ʼn “wonderlike geskenk van hoop gegee” – dít alles danksy ʼn geskenkte baadjie.
Pedofiel wil borgtog vra ná nuwe vonnis
Andries Petrus Retief (37) het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem.
Jong uitblinker sterf in tuisdorptragedie
ʼn Gemeenskap is in rou nadat Karel Minnie (14), ʼn uitblinker op skool, Maandag in sy tuisdorp tragies gesterf het.
[Video] Aardklop 2017: sit aan vir ʼn fees na hartelus
“Kom ons praat uit die hart uit, en noem ʼn ding op sy naam: Aardklop 2016 was ʼn wonderwerk. Daarom gaan ons ná hierdie gesamentlike reusereddingspoging in 2017 elke uiteenlopende feesganger, deelnemer en kunstenaar se bydrae tot die sukses en voortbestaan van Aardklop vier.”
Vrou glo met suur gegooi in kaping
ʼn Vrou het ernstige brandwonde met ʼn chemikalie opgedoen nadat sy glo met suur gegooi is tydens ʼn kaping.
Gevangene ontsnap by vulstasie
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn gevangene wat buite Polokwane (Pietersburg) uit aanhouding ontsnap het.
Khoza aangekla: ‘Hoekom word ek uitgesonder?’
Khoza is Woensdag formeel ingelig oor die stappe teen haar.
Plaaswerker sterf op plaas
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man vir hartstilstand behandel. Noodhulp is op hom toegepas en hy is aan ʼn ventilator gekoppel.
Mans met ongeslypte diamante betrap
Twee mans, albei 25 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ongeslypte diamante in hul besit gevind is.
Man sterf toe kar teen brug bots
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motor teen die betonpilaar van ʼn brug gebots het.
Zimbabwe landbouleier waarsku SA boere
Agri Limpopo doen ʼn beroep op landbouers en landbouleiers om ernstig aandag te gee aan die waarskuwings van Pete Steyl.
Vrou glo met renosterhoring betrap by Jhb-lughawe
ʼn Vrou is Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn sak met renosterhoring.
ANC lê klagtes teen Khoza
Super Zuma, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê Mkhosi Khoza, die ANC-LP wat openlik die partyleier pres. Jacob Zuma versoek het om te bedank, is nou aangekla en daar sal nie enige verdere openbare gesprekke oor die saak wees nie.
Gesteelde voertuie gevind vóór hulle oor grens gesmokkel word
Die polisie in Limpopo het Woensdag beslag gelê op gesteelde luukse voertuie wat bestem was om oor die land se grense gesmokkel te word.
Voormalige prokureur gevonnis ná bedrog
Jacobus Samuel Gous, ʼn 44-jarige prokureur van Bloemfontein, is Woensdag gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van bedrog.
4 dood, drie beseer tydens skietery in Bloemfontein
Vier persone is dood en drie beseer ná ʼn skietery Woensdagoggend in Bloemfontein.