Altesaam 21 mense in Mpumalanga het vanaf April tot Junie aan malaria gesterf en 1 790 malariagevalle is in hierdie tyd in die provinsie aangemeld.
Zuma kap na ANC-veterane
Pres. Jacob Zuma het Vrydag sy openingstoespraak by die ANC se nasionale beleidskonferensie in Johannesburg gebruik om terug te kap na die ANC-veterane wat Zuma se leierskap en die stand van sake in die ANC kritiseer.
Panayiotou: Hof sê oor aansoek om ontslag
Adv. Peter Daubermann, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko se regsverteenwoordiger, het vroeër die week ʼn aansoek om ontslag ingedien en aangevoer daar is nie genoeg bewyse om die twee mans skuldig te bevind nie.
Wag doen skietwond op toe geldwa omslaan
ʼn Veiligheidswag is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy ʼn skietwond opgedoen het toe ʼn transitovoertuig Vrydag in Drie Riviere in Vereeniging omgeslaan het.
Wynlandgoed-moord: Verhoordatum bekendgemaak
Jason Rohde, die voormalige hoof van die eiendomsgroep Sotheby’s International Realty wat aangekla word van die moord op sy vrou, het Vrydag weer in die Stellenbosch-distrikshof verskyn.
Vrystaat-egpaar sterf in brand
Die polisie is glo ontbied eers twee uur nadat die brand ontstaan het. Hulle kon daarin slaag om ʼn venster te breek om toegang tot die huis te verkry.
Brand by nóg ʼn premierskantoor
Ure nadat ʼn brand by die kantoor van die Gauteng-premier in die Johannesburgse sakesentrum geblus is, het daar nog ʼn brand by die Oos-Kaapse premier se kantoor ontstaan.
Mosie van wantroue teen Zuma dán aangehoor
Die parlement het Vrydag aangekondig wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma wat deur die DA ingestel is, gedebatteer sal word.
Karabo Mokoena se kêrel hoor oor borgtog
“Hy het aan die polisie gesê hy het haar vermoor vir ʼn bloedritueel om sy onderneming meer suksesvol te maak.”
‘SAUK moet blaam dra vir Suna se dood’
“Hoe kan ons sê ons het persvryheid as dié wat die slegte deel van die samelewing moet blootlê in vrees moet lewe?”
Man afgedank ná borsvoed-voorval
ʼn Werknemer van die Universiteit van Kaapstad (UK) is Donderdag afgedank na aanleiding van ʼn voorval waartydens ʼn vrou in die geheim verfilm is terwyl sy borsmelk uitgepomp het.
Skote klap in Standerton toe groep rowers toeslaan
ʼn Boer is in die gesig geskiet, ʼn veiligheidsbeampte is gewond, twee polisiebeamptes is in ʼn motorongeluk beseer en vyf verdagte is deur die polisie vasgetrek.
Man gevonnis vir 86-jarige se wurgmoord
Daphne Higgins se liggaam is op 15 Mei 2015 in haar huis in Bellville gevind. Sy het bloed aan haar kop en gesig gehad en haar hande was met ʼn pers trui agter haar rug vasgebind.
Hoe meer ekstra wiskundeklasse jy kry, hoe swakker is jou punte
SOS stel by Suid-Afrika se grootste Afrikaanse onderwyskongres ʼn verslag bekend wat daarop dui dat leerders se prestasie in die klaskamer self bepaal word en dat hul benadering tot wiskunde korreleer met die mate van hul prestasie.
‘Geen aansoek’ om straat na Coligny-seun te vernoem
Hy het in sy brief gesê die jong mense van Coligny en Ditsobotla sal hom ondersteun in sy aansoek om Voortrekkerstraat se naam te verander “ter nagedagtenis van die gevalle seun van die land”.
[Foto’s] Gauteng-premier se kantoor brand
“Die Johannesburgse brandweer en nooddienste is op die toneel.”
Seun gevonnis vir gru-moord op ma
Die 22-jarige Pieter le Roux van Vermaaklikheid is in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy ma.
ANC-veterane wil eie raadplegende konferensie hou
“Daar gaan altyd diegene wees wat ontken daar is ʼn krisis. Dit word gedoen met die hoop dat indien jy ʼn leuen genoeg kere herhaal, dit vir die waarheid aangesien sal word.”
Man pleit ná verkeersbeampte se skietdood
Die Delmas-hooggeregshof het Donderdag uitspraak gelewer in die moordsaak van ʼn verkeersbeampte van Standerton in Mpumalanga wat doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.
Ekurhuleni: ‘Enigste metro sonder universiteit’
“Ons het ingenieurs en spesialiste in die veld van logistiek en vervaardiging nodig. ʼn Universiteit is nie meer iets waaroor ons moet praat nie – ons moet die reis begin en só ʼn instelling oprig.”