Hy het gesê hy het met sy aankoms die twee verdagtes agter op ʼn wit bakkie sien lê.
Nie-stakers ‘gyselaar’ gehou deur Amcu-myners
Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Donderdag tydens betogings die uitgangspad van die myn by Palabora Mining Company (PMC) in Phalaborwa, Limpopo versper.
R200 000 borgtog vir ‘MTN-bedrieër’
Die 42-jarige vrou is by MTN se hoofkantoor in Fairlands in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en diefstal ter waarde van ongeveer R24 miljoen.
20 sterf in ongeluk: DNS-proses afgehandel
Die DNS-toetse om die liggame uit te ken ná twee volwassenes en 18 skoolkinders in ʼn ongeluk buite Bronkhorstspruit gesterf het, is afgehandel.
Vier sterf by inisiasieskole
Die polisie in Mpumalanga het gesê hy is baie besorg oor vier sterftes wat onlangs by inisiasieskole in die provinsie plaasgevind het.
Klagtes hoop op teen SAID oor BTW-uitbetalings
“Dit is so goed as om die gans wat die land se goue eiers moet lê, van kos en water te ontneem, maar steeds te verwag dat die mandjie weer en weer gevul moet word.”
R21 betogings: Polisieman getref; motor aan die brand gesteek
ʼn Polisiebeampte sterk aan in die hospitaal nadat ʼn motoris hom Donderdagoggend op die R21, te midde van betogings op die snelweg, omgery het.
Stand van damme bekendgemaak; ingryping om waterkrisis af te weer
“Die ANC-regering probeer om hul onbevoegdheid weg te steek deur inligting van die publiek en selfs die parlement te weerhou. Gewone mense ly die meeste onder die waterkrisis, en omdat ons nie meer op die regering kan staatmaak nie, moet ons watergehalte self toets.”
Hof hoor binnekort oor geheime stemming
Die konstitusionele hof het Donderdag bevestig ʼn datum is geskeduleer vir die United Democratic Movement se aansoek oor ʼn geheime stemming wanneer ʼn mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in die parlement gedebatteer sal word.
Vermiste polisieman se liggaam gevind
Sers. Michael van der Watt (35), ʼn polisiebeampte van die Oos-Kaap wat Sondag verdwyn het, se liggaam is Donderdag gevind.
Parys-boere: Polisieman getuig oor toneel
Die eerste getuie in die sogenaamde Parys-boere-moordsaak, was Donderdagmiddag in die getuiebank in die hooggeregshof in dié Vrystaatse dorp.
Nuwe LP’s ingehuldig
Die inhuldiging volg op die bedanking van verskeie LP’s ná pres. Zuma se onlangse kabinetskommeling.
Kabinetskommeling: Hof lewer uitspraak
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer in die DA se aansoek om pres. Jacob Zuma te dwing om redes te verskaf vir sy onlangse kabinetskommeling.
Premier se konvooi ry voetganger dood
Die premier en sy konvooi was op pad lughawe toe waar hy ʼn vlug moes haal vir ʼn roudiens.
Man op parool in plaashuis betrap
ʼn 35-jarige man wat op parool was, is in hegtenis geneem in verband met ʼn huisbraak op ʼn plaas in die Ventersdorp-omgewing in Noordwes.
Regter-rasherrie: Mabel Jansen bedank
Regter Mabel Jansen, wat verlede jaar ‘n herrie veroorsaak het weens uitlatings op sosiale media, het bedank.
Pta-skool rou ná hoof se skietdood
Die adjunkhoof het gesê die tragiese voorval het by die hoof se huis plaasgevind.
Nigeriese pastoor het glo Valke-beampte aan sy kant gehad
Die Nigeriese pastoor wat daarvan beskuldig word dat hy 30 meisies seksueel misbruik het, het glo hulp van ʼn senior beampte van die Valke gekry.
Parys-boere: Só het dit gebeur, sê staat
Die verhoor van die ses mans van Parys in die Vrystaat wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Donderdag amptelik in die hooggeregshof begin.
Zuma moet in hof sê oor kabinetskommeling
“Die president moes die ernstige gevolge van sy kabinetskommeling redelik kon voorsien het, gegewe die gebeure in 2015 toe hy Nhlanhla Nene as minister van finansies afgedank het.”