Die vakbondfederasie Cosatu het pres. Jacob Zuma verbied om van nou af by enige van sy geleenthede te praat.
Bylmoorde: ‘Henri se wonde nie dieselfde as res van gesin nie’
’n Forensiese kenner het in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig daar was ’n “sterk kontras” tussen Henri van Breda se wonde en die beserings wat die res van sy gesin opgedoen het.
Ma se pleidooi: ‘Help, ek vrees vir my baba se lewe’
Die ma moes die baba glo self vang, waarna die babadogtertjie amper die grond getref het. Nou vrees die ma vir haar kind se lewe in die hospitaal.
Nog renosterhoring op lughawe gekry
Die horings is in stukke opgesny.
Vermiste man se liggaam dalk gevind
Kriel se silwer Toyota Prado is verlede week in ’n parkeerterrein op die Universiteit van Kaapstad se kampus gevind.
Parys-boere se verhoor neem onverwagse wending
Die sogenaamde Parys-boere-verhoor het Dinsdagoggend ʼn onverwagse wending geneem voordat die verhoor in die hooggeregshof in dié Vrystaatse dorp kon hervat.
Adjunkminister gekaap, in veld gelos
Hulle het vir ure met hom en twee veiligheidswagte rondgery voordat hulle in ʼn veld afgelaai en aangesê is om te hardloop.
Kaapstad-waterkrisis: Damvlakke in wese 10,7%
Die stad Kaapstad het Maandag gesê daaglikse watergebruik moet onmiddellik na 100 miljoen liter verminder word.
SA’ner verloor alles in Oman, bly glo
Nico Liebenberg (55) het as ‘n wewenaar na Suid-Afrika teruggekeer met net die klere aan sy lyf.
Brande by twee hospitale in KZN
Brandbestryders het hul hande vol gehad om twee brande onder beheer te bring wat in twee afsonderlike voorvalle by hospitale in KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Nóg lyke in myn gevind, ‘leier’ vas
Talle mans is vir ondervraging ingeneem en daar is ook beslag gelê op kospakkies wat glo aan die myners verkoop of afgelewer sou word. Van die kos was byna verrot.
Man langs snelweg geskiet
ʼn 58-jarige man is Maandagaand langs die N2 in Durban geskiet nadat sy voertuig onklaar geraak het.
Rower ontsnap uit beskuldigdebank
Die beskuldigde het só vinnig uit die hof verdwyn dat hy weg was voordat iemand besef het wat gebeur het.
Man in hof wat drie vroue doodry
Drie vroue is op slag dood en twee ander is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem nadat die man in ʼn groep van vyf vroue ingeploeg het.
Bylmoorde: Henri was vriendelik, joviaal by die hospitaal
Henri van Breda was volgens getuienis “vriendelik en joviaal” en het glo kalm en selfversekerd voorgekom toe hy ná die Stellenbosch-bylmoorde saam met ʼn vriend na die hospitaal is.
Beroepsduiker sterf by Sodwanabaai
ʼn 55-jarige beroepsduiker is Sondag by Sodwanabaai aan die KwaZulu-Natalse Noordkus dood.
SAPD moet opdok vir AfriForum se regskoste
Regter Hennie de Vos het gesê die dae is verby dat staatsadministrateurs nie hul werk doen nie.
Parys-boere: Staatsgetuie sê verklaring ‘was regte ding om te doen’
“Mense maak jou uit as ʼn verraaier en ʼn rugsteker en mense wat jou altyd gegroet het, groet jou nie meer nie.”
Man sterf toe voertuig hom tref
Volgens die polisie is die man dood toe hy deur ʼn voertuig op die N2-hoofweg getref is nadat hy glo van kapers probeer vlug het.
Wes-Kaap tot rampgebied verklaar
Die Wes-Kaap is nou amptelik ʼn rampgebied.