Die soektog na ʼn 13-jarige meisie wat drie weke gelede as vermis aangemeld is, is afgelas nadat haar niggie haar gevind het.
Kultuur van korrupsie nou deel van ANC, sê Maimane
ʼn Kultuur van korrupsie het deel geword van die ANC en dit kan nie reggestel word nie, het DA-leier Mmusi Maimane Saterdag gesê.
Oud-prokureur in hof oor diefstal van trustgeld
ʼn Prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukkefonds (POF) het al hoe meer besorg geraak oor persone wat gekla het dat klaers nie hul POF-betalings ontvang het nie, het ʼn hof in Kaapstad Vrydag gehoor.
Drie sterf toe man hulle raakry
Drie vroue is Saterdagoggend in Limpopo dood toe ʼn man met ʼn Nissan-bakkie in vyf vroue vasgery het.
Skoolhoof en skoliere keer tieners aan wat leerlinge teister
Leerlinge van hoofsaaklik Model C-skole in Benoni, is die afgelope paar maande geteister deur ʼn bende tienerseuns van Daveyton en Etwatwa.
Vyf meisies in Gauteng van mensehandel gered
Die polisie in Gauteng het ʼn 42-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel, die besit van dwelmmiddels en pornografiese materiaal.
Goeie nuus: Ma en tweejarige veilig gevind
ʼn 37-jarige vrou en haar tweejarige dogtertjie wat Saterdagoggend uit Bainsvlei in Bloemfontein verdwyn het, is veilig gevind.
Tuks wys ‘gebrek aan insig’ met kansellasie van Serrie-opvoering
“Dit is onvanpas en onregverdig van die Universiteit van Pretoria (UP) om al die universiteit se studente te straf deur die tradisieryke Serrie-opvoering te kanselleer weens die swak gedrag van enkelinge.”
Kubayi wil nuwe olieraffinadery bou
Mmaloko Kubayi, minister van energie, het Vrydag gesê sy gaan goedkeuring by die kabinet probeer bekom om ʼn nuwe olieraffinadery te bou om Suid-Afrika se afhanklikheid van brandstofinvoere te verminder.
Vakbond onderteken loonooreenkoms met Prasa
Die onderhandelingspan van die United National Transport Union (Untu) het Vrydagaand ʼn loonooreenkoms met die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) onderteken vir die huidige finansiële jaar.
Vermoorde driejarige word begrawe
Die driejarige Courtney Pieters word Saterdag in Elsiesrivier in Kaapstad ter ruste gelê. ʼn Plaaslike motorfietsklub, blaasorkes en ʼn kadetregiment woon ook die verrigtinge by.
Ma en tweejarige verdwyn in Bloemfontein
ʼn 37-jarige vrou en haar tweejarige dogtertjie het Saterdag uit Bainsvlei in Bloemfontein in die Vrystaat verdwyn.
Twee sterf toe helikopter in die Vrystaat neerstort
ʼn Boer van die Vrede-distrik en nog ʼn boer se seun is Vrydag dood toe ʼn helikopter in Heilbron neergestort het.
Vrou verdrink by Houtbaai-hawe
ʼn Vrou het Vrydagaand verdrink nadat sy in die see geval het by die hawe in Houtbaai in Kaapstad.
Vermiste paartjie van die Oos-Kaap se liggame gevind
ʼn Paartjie wat verlede Sondag verdwyn het, se liggame is gevind.
Seëls wys die wêreld hoe lyk SA byvreters
Die SA Poskantoor het ʼn stel van vyf seëls bekend gestel wat byvreters uitbeeld.
ANC sleep voete met grondhervorming vir politieke gewin
“Waarom neem dit so lank om die oudit te finaliseer? Die antwoord is dat dit die ANC pas. Die regering kan nou aan mense sê die beloftes wat oor grond gemaak is, sal nagekom word sodra die struikelblokke uit die weg geruim is.”
GM onttrek uit SA: Swak ekonomiese beleid vernietig ekonomie
“General Motors se onttrekking uit die Suid-Afrikaanse mark is ʼn rimpeleffek van pres. Zuma se ondeurdagte kabinetskommeling in April vanjaar.”
Eskom-voorsitter ontken bewerings van ‘onregmatige invloed’
“Iemand sou uiters bevooroordeeld teen Eskom moet wees om selfs hoegenaamd hierdie bewerings as waarheid te oorweeg, gegewe die belaglike aard daarvan.”
Honderde woon Karabo se begrafnis by
Boodskappe van “geen geweld teen vroue” was Vrydag te sien by die somber, emosionele begrafnisdiens van Karabo Mokoena in Soweto.