Die moordverhoor van Christopher Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth hervat.
Twee swanger vroue sterf in ongeluk
Twee swanger ma’s is Woensdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die N14 naby Beyers Naude-afrit in Gauteng.
Phahlane veroordeel polisieman se moord
“In die jongste voorval is een van ons beamptes vanoggend slegs ʼn paar meter van sy woning af in Phoenix in Durban doodgeskiet. Die beampte was op pad werk toe, toe die voorval gebeur het,” het Phahlane gesê.
‘Soek beter rede as rasse-integrasie vir LLB-graadprobleem’
“Moet daar nie eerder na die inhoud van programme en die gehalte van dosente gekyk word nie?”
Honde vergiftig, bakkie gesteel in Fouriesburg
Vyf honde is vroeër die week vergiftig in Fouriesburg in die Vrystaat terwyl ʼn Isuzu-bakkie gesteel is en met ʼn ander Isuzu se aansluiter gepeuter is.
PE-man sit lank vir moord op polisieman
Charles Nqaba (26), die man wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn polisiebeampte, is Woensdag in Port Elizabethse hooggeregshof gevonnis.
Damvlakke daal verder in die Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse regering het Woensdag gesê die vlak van damme in dié provinsie het verder gedaal.
Angus-biddag: Reëlings vorder fluks
Nagenoeg 34 busse sal oor die volgende paar dae van verskeie punte in die land vertrek na die It’s Time-byeenkoms wat deur die evangelis Angus Buchan sowat 4 km buite Bloemfontein aangebied word.
Skoonseun bieg oor moord op skoonma: ‘Ek was kwaad’
“Ek het haar toe uit woede met die mes begin steek.”
Hlaudi: ‘Ek sal weer vrygespreek word’
Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, het Woensdag vasbeslote gesê hy sal “wen” in sy komende dissiplinêre verhoor.
Skoolhoof met mes gesteek ná dreigemente
Die hoof het glo dreigemente begin ontvang nadat hy dissiplinêre stappe teen ʼn leerder gedoen het.
Jong man geskiet tydens rooftog by huis
ʼn Jong man is Woensdag twee keer geskiet toe drie gewapende mans sy pa probeer beroof het.
EFF sê weer ‘Die Stem’ moet uit volkslied
Die EFF het opnuut ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om Die Stem-gedeelte uit die nasionale volkslied te verwyder.
Kundiges sit veiligheidsplan vir gemeenskappe uiteen
Die ongekende reeks aanvalle en moorde op plase, kleinhoewes én in stedelike gebiede sedert die begin van die jaar noodsaak Suid-Afrikaners om toenemend self na hul veiligheidsituasie te kyk.
Pastoor-moord: ‘Ek is skuldig’
Stefan Visser (29) wat verdink word van die moord op sy skoonma, past. Elsabe van Niekerk (55), het Woensdag in die Pretoria-hooggeregshof gepleit.
Afrikaanse sanger, vrou stukkend ná baba se stilgeboorte
“Milanè, pappa het jou lief en sien uit na die dag wat ek jou kan ontmoet daar by God in die hemel.”
Kinders sien hoe ma met byl vermoor word
Die kinders van ʼn 39-jarige vrou van die Groblersdal-omgewing in Limpopo ontvang berading nadat hulle Dinsdagoggend gesien het hoe hul ma met ʼn byl vermoor word.
Raadslid met baksteen geslaan by beraad
Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan- (GOP-) beraad wat Dinsdagaand in Midrand gehou is, het in chaos ontaard nadat geweld uitgebreek het waartydens ʼn raadslid met ʼn baksteen teen die kop geslaan en nog ʼn raadslid ʼn groot sny aan sy kop opgedoen het.
Spoedvraat vas ná sneltog met Jaguar
ʼn Man is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy ver oor die spoedgrens op die N4-snelweg in Mpumalanga gejaag het.
Een sterf, vier erg beseer ná trompop botsing
Ernstig beseerde mense moes Dinsdagaand uit twee voertuigwrakke gesny word, nadat die voertuie reg van voor op die R57 tussen Sasolburg en Heilbron gebots het.