Die algemene bestuurder van ʼn tehuis vir intellektueel gestremde kinders en volwassenes is Dinsdagaand op ʼn plaas buite Balfour in Mpumalanga oorval waartydens sy alles in haar vermoë gedoen het om minstens sewe aanvallers van die inwoners af weg te hou.
In ʼn oogwink dodelik siek: ‘Die onsekerheid oor môre verteer jou’
Van Aswegen het gekla oor hoofpyn en naarheid, maar moes kort daarna vir haar lewe in ʼn teatersaal veg.
Verbruikerskommissie ondersoek Ford
Die Nasionale Verbruikerskommissie het bekend gemaak dat hy ʼn ondersoek na Ford Suid-Afrika en sy handelaars begin het.
Vrou sterf ná verkragting: Verdagte was op parool
“Alice was die mooiste, wonderlikste mens. Sy wou altyd ander help.”
KZN-plaasaanval: Man vas ná moord op egpaar
ʼn 43-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Roger (66) en Christine (57) Solik wat in Februarie op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval en ontvoer is.
Luiperd-tragedie op pas: ‘Motoriste moet waaksaam wees’
“Om op so ʼn manier tot sy einde te moes kom, is werklik hartseer.”
Man gevonnis vir moord op vrou, kinders
ʼn Durbanse man is skuldig bevind aan die moord op sy vrou en twee kinders en vir die misdaad gevonnis.
Nege sterf in grubotsing
Nege mense is dood en talle beseer in ʼn ongeluk Donderdagoggend suid van Johannesburg.
Vliegtuig stort in landgoed neer
ʼn Ligte vliegtuig met drie mense aan boord het Woensdagaand in ʼn landgoed in Midrand neergestort en aan die brand geslaan.
Man hardloop weg van ongeluk waarin vier sterf
Die Limpopo-polisie is op die spoor van ʼn bestuurder wat Woensdagmiddag van ʼn ongelukstoneel weggehardloop het waarin vier mense, onder wie ʼn vyf maande oue baba, dood is.
Mpumalanga-sakeman in huis voor vrou, dogter doodgeskiet
ʼn 47-jarige sakeman is Woensdagmiddag in sy huis buite Secunda in Mpumalanga doodgeskiet.
Sassa begin gesprek met CPS oor toelaes
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Woensdag formeel met onderhandelings begin met Cash Paymaster Services (CPS) om sy kontrak te hernu om welsynstoelae te versprei, alhoewel die nasionale tesourie aangedui het dat hy nie dié ooreenkoms ter elfder ure kan goedkeur nie.
Mpuma-onnie geskors oor liefde vir leerling
ʼn 40-jarige onderwyser van ʼn skool in Bosbokrand in Mpumalanga is geskors nadat hy glo verlief geraak het op ʼn 15-jarige leerling by dieselfde skool.
Johan Booysen en polisie se paaie skei
Die polisie wou nie bekend maak waarom hulle besluit het om te skik met die geskorste KwaZulu-Natalse Valke-hoof, genl.maj. Johan Booysen nie, terwyl hy oor ʼn paar maande sou aftree.
Verdere hofaksie volg oor sportkwotas
“Hoewel ons nog besig is om alle dokumentasie te verwerk, is dit reeds duidelik dat die manier waarop transformasieteikens toegepas word inderwaarheid net op ’n kwotastelsel neerkom.”
Prokureur skuldig aan bedrog, geldwassery
Henry Coetzee (61) het in die Kimberley-streekshof skuld beken op 33 aanklagte insluitend bedrog, diefstal, en geldwassery.
Grondwet ongeskonde wat eiendomsreg betref
Privaat eiendomseienaars kan ’n sug van verligting slaak ná gister se parlementsitting waartydens die EFF se poging onsuksesvol was om ’n mosie te laat slaag wat artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) sou verander het.
Afrikaanse sanger in hospitaal opgeneem: ‘Gebede hou ons staande’
Die sanger en sy familie het gevra dat aanhangers hom en sy gesin in hul gebede moet opdra.
Man (22) in hof wat glo leerders verkrag
ʼn 22-jarige voormalige studente-werknemer van ʼn spogskool in Johannesburg, wat na bewering leerders by die skool verkrag en seksueel aangerand het, het Woensdag in die hof verskyn.
Kamma-sangoma in Pta-Oos vasgetrek
Die polisie het ʼn 39-jarige vrou, wat haarself as ʼn sangoma voorgedoen het, vasgetrek nadat sy glo ʼn inwoner van ʼn spogbuurt in die ooste van Pretoria met byna ʼn half miljoen rand ingeloop het.