ʼn Bus het ‘n sesjarige seun Woensdagoggend op pad skool toe doodgery.
Baba sterf terwyl maatskaplike werkers staak
ʼn Baba van ses maande oud is Dinsdag dood nadat kinders van ʼn kindersorgsentrum van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling na ʼn ander sentrum geskuif is weens ʼn staking van maatskaplike werkers.
Twee by hof vasgetrek vir huisroof
“Die verdagtes het gedreig om hulle met ‘n strykyster te brand en die het tuinwerker probeer dwing om die huiseienaar se vrou te verkrag.”
Veldwagter glo per ongeluk doodgeskiet
ʼn Veldwagter is Maandag in Onder-Sabie in die Krugerwildtuin doodgeskiet.
Nege vas vir ‘bedrog’ met uitreiking van rybewyse
Nege mense is Maandag by drie rybewystoetssentrums in Noordwes in hegtenis geneem.
Ligte vliegtuig stort neer op Gauteng-plaas
ʼn Ligte vliegtuig het Dinsdagmiddag op Oostermoed-plaas in Hekpoort, Gauteng neergestort.
Vrou kritiek ná duik in Umkomaas
ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy Maandagoggend by Umkomaas aan die suidkus van KwaZulu-Natal ʼn lewensgevaarlike mediese toestand opgedoen het.
Padongelukkefonds by OB verkla
Die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het ʼn klag by die openbare beskermer ingedien teen die Padongelukkefonds (POF).
Dam-uitstappie eindig tragies
ʼn 12-jarige seun se liggaam is Dinsdag uit ʼn dam in Geysdorp naby Delareyville in Noordwes gehaal nadat hy van ʼn opblaasbare speelding, wat deur ʼn boot gesleep is, afgeval het.
Man by Spur verbied ná voorval by restaurant
Spur Steak Ranches het reageer oor ʼn voorval wat by Texamo Spur by The Glen-winkelsentrum in Johannesburg plaasgevind het.
[Foto’s] Stoomtrein-pretrit in die wiele gery
ʼn Stoomtrein van Friends of the Rail is Dinsdagoggend op pad na Cullinan tot stilstand gedwing nadat ʼn gedeelte van die spoorlyn gesteel is.
[Foto’s] 29 voertuie bots op N12-snelweg
Minstens een persoon is Dinsdagoggend dood en 60 persone beseer toe 29 motors op die N12-snelweg naby Putfontein in Benoni, Ekurhuleni, in ʼn ongeluk betrokke was.
Jong man dood langs pad gekry
“Gaan jou mis my seun. Jy is en was my alles. God het jou vir my geleen sodat ek kan verstaan hoe om onvoorwaardelik lief te hê.”
Droogte-krisis: Kaapstad oorweeg noodskemas
Kaapstad het effektief slegs 18,6% water oor vir ongeveer 103 dae teen die bestaande gebruikersvlakke. Die stad oorweeg die instelling van verskeie kleinskaalse korttermyn-noodwaterverskaffingskemas.
Interdik teen ‘Doom-profeet’ bekom
Die hooggeregshof in Limpopo het Maandag ʼn interdik uitgereik teen pastoor Lethebo Rabalao wat hom verhoed om Doom-insekweerder op sy gemeentelede te spuit.
Kind steeds vermis ná busongeluk waartydens 8 sterf
Die polisie is steeds op soek na ʼn vermiste seun, vyf dae ná agt persone gesterf het toe ʼn bus en ʼn vragmotor in Rustenburg gebots het.
Onderwyser en drie ander vas oor poging tot moord, brandstigting
Die polisie in Mpumalanga stel ondersoek in nadat geweld uitgebreek het tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Barberton waar mense beseer en huise en motors beskadig is.
Konstruksie twee jaar later by Majuba-kragstasie afgehandel
Eskom het Maandag bekend gemaak dat ʼn permanente steenkoolhanteringsoplossing beraam is nadat ʼn silo meer as twee jaar gelede by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga ineengestort het.
Veiligheid opgeskerp ná inbraak by hoofregter se kantoor
Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het Maandag in ʼn verklaring gesê maatreëls is reeds in plek gestel om veiligheid op te skerp by alle kritieke staatsinfrastruktuur.
14-jarige sterf ná hoof hom glo aanrand
ʼn 14-jarige skolier wat in die hospitaal opgeneem is nadat sy skoolhoof hom glo aangerand het omdat hy na bewering R150 gesteel het, het aan sy beserings beswyk.