Wit mense het geen vertroue in gesprekke oor rassisme nie omdat almal in die land nie oor dieselfde kam geskeer word nie en baie media-huise selektief is in hul verslaggewing oor rassisme.
‘Jagongeluk’: Beskuldigde die naweek agter tralies
Stefan Hepburn, die man wat op ʼn aanklag van moord tereg staan nadat hy na bewering ʼn plaaswerker tydens ‘n jagongeluk op ʼn plaas buite Modimolle in Limpopo doodgeskiet het, het vandag vlugtig in die landdroshof verskyn.
Dirk Prinsloo dalk binnekort op pad terug na SA
Prinsloo en sy destydse lewensmaat, Cezanne Visser (ook bekend as adv. Barbie), is in 2002 in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie.
Vier dán in hof vir NW-plaasaanval
Die vier verdagtes, wat in hegtenis geneem is nadat ʼn boer en sy vrou Dinsdagoggend op ʼn plaas tussen Koster en Derby in Noordwes oorval is, verskyn binnekort in die hof.
‘Jagongeluk’: Talle betogers by hof
Betogers het glo Maandag tydens Stefan Hepburn se vorige hofverskyning op hom gespoeg.
Nóg ʼn aanval op Mpumalanga-plaas
Skaars vier dae ná die wrede moord op vier lede van die Smuts-gesin op hul plaas in die Balfour-omgewing, is nog ʼn vrou op ʼn Mpumalanga-plaas aangeval.
Wat jy moet weet oor Dineo
Swaar reën sal na verwagting vanaf Donderdagaand oor die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo voorkom.
Wat het jy teen wittes? wil LP by Zuma weet
“Agbare president, wat het jy teen wit mense in Suid-Afrika? Elke keer dat iets fout gaan, blameer jy die wit mense van Suid-Afrika.”
Skoolskoen lei polisie na vermiste seun (7) se liggaam
Die liggaam van ʼn sewejarige seun is Woensdag gevind nadat hy vroeër vandeesweek ná skool nie by die huis opgedaag het nie.
Snuffelhond deur koedoe gegaffel
ʼn Teenstroperhond sterk aan nadat sy deur ʼn koedoebul gegaffel is.
Man weer in hof ná werker in ‘jagongeluk’ sterf
Die man wat na bewering ʼn plaaswerker doodgeskiet het omdat hy hom in die donker vir ʼn bosvark aangesien het, sal weer vandag in die Modimolle-landdroshof in Limpopo op aanklag van moord verskyn.
R22 miljoen se gesteelde sigarette teruggevind
Sigarette ter waarde van nagenoeg R22 miljoen, wat tydens die kaping van ʼn vragmotor gesteel is, is tydens ʼn gesamentlike poging deur die polisie en beamptes van die Johannesburgse metropolisie teruggevind.
SAL sal uitspraak oor R1,16 miljard bestudeer
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Woensdag gesê sy regskenners sal die uitspraak van die Johannesburgse hooggeregshof, dat SAL ʼn bedrag R1,16 miljard aan Comair moet oorbetaal vir skadevergoeding, bestudeer.
Opod het nie geld om Marikana te ondersoek nie
Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) het Woensdag aan die polisie se portefeuljekomitee gesê hy het nie genoeg geld om ten volle sy mandaat uit te voer nie, insluitend om die Marikana-slagting te ondersoek.
Lesings hervat by TUT ná brande op kampus
Bedrywighede by die Tshwane Universiteit van Tegnologie hervat Donderdag ná verskeie brande op die kampus Woensdagoggend gestig is.
Outistiese seun talle kere met mes gesteek in huisroof
“Ons hou nie geld in die huis nie. Dit is toe dat hulle my seuntjie begin steek en hulle het net aangehou.”
Plaasmoorde: ‘Elke Suid-Afrikaner ly daaronder’
“Die land staan geskok en moedeloos na die soveelste aanval.”
Pistool teen 8-jarige se kop: ‘Ons sal haar doodskiet’
Die broer het vertel die verdagtes het gedreig om die vrou te verkrag en hulle almal op teregstellingwyse te skiet.
Moordma probeer eie lewe neem
Dit is glo die tweede keer sedert haar inhegtenisneming dat sy in die tronk probeer selfmoord pleeg het.
Ma se smeekgebed: ‘Weerhou onheil, dat smart ons nie tref’
Dit was soos ʼn nagmerrie, maar in plaas daarvan om wakker te skrik, het die werklikheid deurgedring. “Dit breek ʼn ma se hart. Hoekom mý kind? En sal sy oukei wees?”