Twee broers wat na bewering ʼn klapper aan ʼn 12-jarige seun gegee en hom aangesê het om dit aan te steek voordat dit in sy gesig ontplof het, het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.
Polisieman-pa skiet glo seun se moordenaar dood
ʼn 25-jarige verdagte is Dinsdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisroof, waarin ʼn jong man vermoor is, in Newslands West buite Durban doodgeskiet.
Jhb-motoriste gewaarsku oor dienslewering by lisensiekantore
Die stad Johannesburg het inwoners gewaarsku dat dienslewering by sommige lisensiekantore in die stad beïnvloed gaan word nadat verskeie amptenare weens bedrog en korrupsie in hegtenis geneem is, met meer inhegtenisnemings wat gaan volg.
Danabaai-brande: Verdagte in hof
Daar was glo nie genoeg bewyse om die beskuldigde vir brandstigting aan te kla nie, maar hy is deur die staatsaanklaer ingevolge ʼn munisipale verordening aangekla.
Tiener verdrink in Kliprivier
ʼn Tienerseun het in die Kliprivier naby Witbank in Mpumalanga verdrink.
Ondersoek vind diskriminasie by Kaapstad-skool
ʼn Ondersoek oor ontwrigtings in September by die Sans Souci Girls High School in Newlands, Kaapstad, is afgehandel en het bevind dat “diskriminerende praktyke” by die skool bestaan.
Bedenkinge oor raskwotas by LPC
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans het hom Dinsdag sterk uitgespreek teen rassekwotas vir die samestelling van die Legal Practice Council (LPC).
Man by besige kruising doodgery
ʼn Man is dood nadat hy Dinsdag by ʼn besige kruising in Johannesburg raakgery is.
‘Plattelandse dorpies kan verarm’
Eskom en die regering is Dinsdag gewaarsku dat die nagevolge van die Noord-Gautengse hoë hof se beslissing, dat sekere munisipaliteite se kragtoevoer afgesny mag word, die wankelende ekonomieë van dié plattelandse dorpies gaan verarm.
Kommer oor toename in padsterftesyfer
Die toename in padsterftes is rede vir groot kommer en dui op ʼn gebrek aan ʼn behoorlike padveiligheidstrategie om die slagting hok te slaan.
[Foto’s] Wes-Kaapse brande woed voort
Verskeie spanne brandbestryders het hul hande vol met twee verwoestende wegholveldbrande wat die Wes-Kaap teister en reeds duisende hektaar plantlewe verwoes en miljoene rande se skade aangerig het.
Grondgrype: ‘Dis nie net van vat nie’
Terwyl daar aanduidings is dat daar in 2017 ʼn toename in beide grondgrype en -onteienings in die land sal wees, het die sakeregtewaghond, AfriSake, Dinsdag gewaarsku grond kan nie bloot gevat word nie.
Duisende kwalifiseer outomaties vir NSFAS-befondsing
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdag gesê duisende leerders, wat maatskaplike toelae van die regering ontvang, het vrystelling gekry om hul tersiêre studies voort te sit.
Afrikaanse skole bly baken van hoop
Net twee gr. 1-leerders uit elke klas van 35 kinders, wat môre hul skoolloopbaan afskop, sal daarin slaag om meer as 40% in dié vak in matriek te behaal.
[Luister] Poppie sing laaste liedjie vir haar pa
Poppie se biologiese pa is net toegelaat om Sondae met sy twee kinders oor die telefoon te praat en “het so na hulle verlang” dat hy soms hul oproepe opgeneem het sodat hy na hul stemme kon luister as hy verlang.
Skoksyfers oor padsterftes bekendgemaak
Die departement van vervoer het Dinsdag gesê die afgelope feestyd was een van die uitdagendste nog wat die departement se hulpbronne tot die maksimum beproef het.
Gesiene boer se dood ruk gemeenskap
“Toe val die reën, mildelik en onophoudelik op sy lande. Reën waarvoor hy só lankal bid, maar waarvan hy op sy sterfbed nooit bewus was nie,” het die Afrikaanse sangeres en televisie-aanbieder Sorina Erasmus in ʼn roerende ode oor die afsterwe van haar skoonpa geskryf.
Pa sterf skielik op Kersdag
“Hy was ʼn wonderlike pa wat ongelooflik lief was vir sy kinders en enigiets onder die son vir hulle sou doen.”
Video: Kom huis toe-wenners trou toe sommer
“Vandag is ʼn gewone dag: Die son het opgekom, sommige mense het laat geslaap, ons is weer om 05:30 deur ons seuntjie wakker gemaak en ek is steeds bang vir slange. Maar wat nie so gewoon is nie, is dat ons vandag trou en lewenslange beloftes aan mekaar maak.”
Skoolhoof glo deur ryloper doodgeskiet
Die ryloper het die skoolhoof na bewering in die kop geskiet voor hy te voet gevlug het. Hy is op slag dood.