Die reuse sinkgat, langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap, het nou tot teenaan die pad ingeval en begin om die grond onder die teer uit te kalwe.
Padblokkade-skietery: Beampte hoor oor borgtog
Die verkeersbeampte, wat daarvan beskuldig word dat hy verlede Vrydagoggend ʼn motoris by ʼn padblokkade in Pretoria doodgeskiet het, het Vrydag weer in die hof verskyn, waar uitspraak oor sy borgtogaansoek gelewer is.
SAUK: ‘Zuma beskerm nie vir Hlaudi’
“Hlaudi is in 1995 by die SAUK aangestel. Hlaudi was ʼn straatkind sonder ouers en sonder ʼn huis. Hy het tot op matriekvlak gevorder, maar hy kon dit nie klaarmaak nie. Ons het hom gevat omdat hy vaardighede het en hom deel gemaak van die SAUK.”
[Video] R31 nog oop ná reusesinkgat inval
Die Noord-Kaapse departement van openbare werke en paaie het gesê ingenieurs is op die toneel waar ʼn reusesinkgat langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman ingeval het, maar die pad is nog nie amptelik gesluit nie.
Verhore oor ‘eksamenkullery’ begin
Die departement van basiese onderwys het Donderdag bevestig dat die dissiplinêre verhore van leerders van die High Quality Independent High School in Limpopo, wat daarvan verdink word dat hulle tydens verlede jaar se matriekeindeksamen oneerlik was, begin het.
[Foto’s] Vrou sterf in brand ná trompop botsing
ʼn Vrou is dood nadat die voertuig waarin sy was aan die brand geslaan het ná ʼn botsing tussen drie voertuie op Christiaan de Wetweg in Roodepoort, Johannesburg.
Rugby-bakleiery: UV maak nie verslag bekend nie
“Die aanbevelings [in die verslag] dui verder daarop dat almal by die UV daadwerklik daarna moet streef om groter begrip te kweek, byvoorbeeld begrip van wit studente vir die frustrasie en woede van swart studente [en] begrip van swart studente vir die vrees van wit studente.”
Vyf in hof oor komplot om boer glo te vermoor
Vyf verdagtes wat in die Bethal-omgewing naby Secunda in hegtenis geneem is nadat hulle glo beplan het om ʼn plaaslike boer wat hulle sy grond belet het te vermoor, verskyn Vrydag in die Bethal-landdroshof.
Harmony se ondergrondse sitstaking verby
Die nagenoeg 1 700 mynwerkers, wat aan ʼn onwettige sitstaking ondergrond by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville deelgeneem het, het vroeg Vrydagoggend teruggekeer oppervlak toe.
SAUK-ondersoek hervat vandag
Die parlementêre ondersoek na die sake van die beleërde SAUK sal na verwagting vanoggend voortgesit word met die getuienis van twee voormalige raadsvoorsitters.
Sewe onwettige immigrante vas ná ontsnapping
Sewe van die agt onwettige immigrante wat in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal uit ʼn voertuig van die departement van binnelandse sake ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Man in hof wat glo PE-student verkrag
Die mans het haar vir dood in die bosse agtergelaat, maar die student kon deur die bosse terugstrompel na Victoriaweg waar ʼn lid van die publiek haar gevind het.
Harmony-staking: 18 werkers na oppervlak gebring
Pogings om 1 700 mynwerkers, wat aan ʼn onwettige sitstaking ondergrond by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville deelneem, te oortuig om na die oppervlak terug te keer, was teen laat Donderdagaand nog onsuksesvol.
Vyf vas wat glo Mpumalanga-boer wou vermoor
Vyf mans is Donderdag in die vroeë oggendure in die Bethal-omgewing naby Secunda in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ʼn plaaslike boer, wat hulle sy grond belet het, te vermoor.
[Video] Baba Zoe sterk aan ná agt uur lange opehartchirurgie
Baba Zoe Menelaou herstel goed ná haar hartchirurgie. Sy is een van ʼn drieling wat met die hulp van ʼn surrogaat-ma vir ʼn gay egpaar van Pretoria gebore is.
Moorde, ernstige misdade het dié feesgety afgeneem
Die land se moordsyfer en dié van ernstige misdade het afgeneem in die eerste gedeelte van die 2016/17 finansiële jaar in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar.
Harmony-staking: Myners teen hul wil ondergronds gehou
Nagenoeg 1 700 werknemers by Harmony Gold-myn se Kusasalethu-skag naby Carletonville het met ʼn onwettige sitstaking ondergrond begin.
Onwettige immigrante ontsnap uit bewegende wa
Die polisie is op die spoor van sewe onwettige immigrante wat in die Mooirivier-omgewing uit ʼn vervoerwa van die departement van binnelandse sake ontsnap het.
Oord ‘dankbaar brandskade was nie erger’
Die ATKV se Goudini Spa-oord by Rawsonville het bevestig dat vier of vyf rondawels vlamgevat het toe die oord Woensdagmiddag weens ʼn veldbrand ontruim moes word.
Video: Nóg ʼn Ford Kuga brand
Dit was so hittete vir ʼn sakeman van Johannesburg wat vanoggend ʼn noue ontkoming gehad het toe sy 2013 Ford Kuga vlamgevat het.