Henri van Breda, die man wat aangekla word van die moord op sy ouers en broer, verskyn Woensdag saam met sy meisie in die landdroshof in Kaapstad op ʼn ander klag.
Zuma: ‘Ons kan nie vir al die studente betaal nie’
Pres. Jacob Zuma moes Dinsdag tydens sy staatsbesoek aan Kenia bontstaan om vrae oor die #FeesMustFall-beweging te antwoord tydens ʼn mediakonferensie in Nairobi.
Ouma, kleinkinders sterf in brand
ʼn 70-jarige vrou en haar twee kleinkinders is dood toe hul huis afgebrand het in Willowvale in die Oos-Kaap.
Kaapstad spog weer met blouvlagstrande
Tien van Kaapstad se strande spog weer met blouvlagstatus, dit is die hoogste aantal blouvlagstrande in die land.
Guptas skepties oor Madonsela se verslag
Gert van der Merwe, prokureur vir Ajay Gupta, het Dinsdag in ʼn skrywe aan die openbare beskermer, Thuli Madonsela, gesê hy is besorg oor die OB se verslag wat sy Vrydag wil bekend maak.
Geweld vlam weer op by Wits
Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots.
Hulle was gelukkig getroud, beweer Panayiotou
Christopher Panayiotou het Dinsdag in sy pleitverduideliking aan die Port Elizabeth-hooggeregshof gesê hy en sy vrou Jayde was “gelukkig getroud”.
Pravin is ʼn eerlike man, sê ANC-hoofsweep
Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het Dinsdag die integriteit van Pravin Gordhan, minister van finansies, verdedig, nadat ʼn dagvaarding Dinsdag vir hom uitgereik is.
‘Terreur-tweeling’ laat vaar borgtogaansoek
Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, het Dinsdag hul aansoek om borgtog in die Johannesburgse landdroshof laat vaar.
Hof hoor van Jayde Panayiotou se laaste oomblikke
Jayde Panayiotou, die vermoorde onderwyseres van die Oos-Kaap, se ma het Dinsdag erg emosioneel geraak toe grafiese besonderhede oor haar dogter se laaste oomblikke in die Port Elizabeth-hooggeregshof aangehoor is.
Gordhan bevraagteken tydsberekening van aanklagte
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Dinsdag die tydsberekening van die bedrogaanklag wat teen hom gebring is, bevraagteken.
‘Dae van disrespek teenoor NVG se besluite verby’
Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Dinsdag gesê “die dae van disrespek jeens die besluite van die NVG is verby”, kort nadat hy aangekondig het dat Pravin Gordhan, die minister van finansies, van bedrog aangekla word.
Wynlandgoed-moord: Verdagte dood gevind
Morné Boshof, die man wat aangekla word van die moord op Anthea du Preez (64), is dood in sy tronksel aangetref.
Vyf vas wat Pta-bus glo petrolbom
Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval waarin ʼn A Re Yeng-snelbus verlede week in Pretoria glo met petrolbomme bestook en aan die brand gesteek is.
Vanderbijlpark-moorde: Man pleit
Fanie du Preez (40), die Vanderbijlpark-man wat aangekla word van die moord op sy vrou en twee kinders, het Maandag in die rondgaande hof in Vereeniging gepleit.
Dié span moet situasie op SA-kampusse normaliseer
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig dat hy ʼn ministeriële taakspan aangestel het om te help om die situasie op universiteitskampusse te normaliseer waar gewelddadige studentebetogings al weke lank voortwoed.
Madonsela: ‘Zuma weet van bewyse wat hom betrek’
Adv. Thuli Madonsela, die uittredende openbare beskermer (OB), het ʼn eis van pres. Jacob Zuma verwerp waarin hy uitstel vra in die OB se ondersoek…
Skok oor Pta-egpaar se dood
Die polisie het Dinsdag bevestig die egpaar van Pretoria wat Vrydagaand dood in hul huis in Akasia aangetref is, is tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld doodgeskiet.
Pravin Gordhan moet in hof verskyn
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangekondig dat ʼn lasbrief vir Pravin Gordhan, minister van finansies, uitgereik is.
EFF vra lede om by studentebetogings aan te sluit
Die EFF in Gauteng het ʼn beroep op sy lede en ondersteuners gedoen om hulle aan te sluit by die betogings vir gratis onderwys op verskeie kampusse in Gauteng.