Die 15-jarige meisie van Port Elizabeth wat vroeër vandeesweek in verband met die kaping en moord van Magda van Vuuren (53) in hegtenis geneem is, is vrygelaat.
Man skiet kollega ‘per ongeluk’ dood
ʼn 50-jarige man het na bewering sy 63-jarige kollega noodlottig gewond in ʼn skietvoorval Donderdagmiddag in Benoni aan die Oos-Rand.
‘Dood van psigiatriese pasiënte was voorkombaar’
Solidariteit Helpende Hand meen die meeste van die 36 psigiatriese pasiënte wat oor die afgelope vier maande in Gauteng gesterf het, se dood was voorkombaar.
‘Kaper’ sterf ná jaagtog, skietgeveg met polisie
ʼn Vermeende kaper is dood en nog twee verdagtes soek ná ʼn afleweringsvoertuig Donderdag in die Motherwell-omgewing in Port Elizabeth gekaap is.
Man buite plaashuis geskiet
“Toe hy uitstap, het hulle twee skote op hom geskiet. Een was mis, maar die tweede een het hom in sy bobeen getref.”
SA’ners presteer tydens uitmergelende roete in Italië
Armand du Plessis, een van die Suid-Afrikaners wat aan die uitmergelende Tor des Geants (“reis van die reuse”) in die Italiaanse Alpe deelgeneem het, het Vrydagoggend ná meer as 113 ure op die pad, die wedloop voltooi.
Foto’s: Hier is die Boereworskampioen!
Shoprite/Checkers het Donderdag die Boereworskampioen op Robbeneiland bekend gemaak ná ʼn grappige Blitzbokke-wedstryd.
Tokai-moordsaak hervat
Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Wes-Kaapse tiener, Franziska Blöchliger, in Maart vanjaar verkrag en vermoor het, sal vandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Pecanwood-moord: Seun soek borgtog
Mark Zinde (24), die seun van die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50), sal na verwagting Vrydag in die Brits-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Paralimpiese Spele 2016: Span SA verower nóg vier medaljes
Die Suid-Afrikaanse atlete het Donderdag tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië uitgeblink en nog vier medaljes, waaronder twee gouemedaljes, verower.
Platejoggie neem #DataMustFall-veldtog na die parlement
Die gewilde radiopersoonlikheid en entrepreneur, Thabo “Tbo Touch” Molefe het Donderdag aangekondig dat hy uitgenooi is om met die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdiens te vergader oor die hoë koste van breëband-internet in Suid-Afrika.
Noordwes-polisieman beseer tydens skoolbetoging
ʼn Polisiebeampte is Donderdag beseer tydens ʼn betoging by ʼn skool in Noordwes.
OB dagvaar kabinet in staatskaping-ondersoek
Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), het die kabinet gedagvaar om inligting aan haar te verskaf in haar ondersoek na bewerings van staatskaping deur die invloedryke Gupta-familie.
Simba Mhere-ongeluk: Saak weer uitgestel
Preshalin Naidoo (24), wat tereg staan op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy in ʼn botsing betrokke was waarin die aanbieder Simba Mhere (31) en sy passasier dood is, het Donderdag weer in die hof verskyn.
Video: Noodwerkers betoog oor aanvalle
Wes-Kaapse nooddienste het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om aanvalle op mediese personeel te staak. Nooddienspersoneel van regoor die provinsie het ʼn optog in Philippi buite Kaapstad gehou, ná maande se wrede aanvalle op hul kollegas.
Man deur trein doodgery
ʼn 37-jarige man is dood nadat hy Donderdag in Kempton Park aan die Oos-Rand deur ʼn trein getref is.
Staat na appèlhof oor Oscar-vonnis
Die staat gaan die appèlhof direk nader oor Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord.
Top-amptenaar by inkomstediens geskors
Die departement van finansies het Donderdag gesê hy neem kennis van die skorsing van die tweede in bevel by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Jonas Makwakwa.
Twee NVG advokate van rol geskrap
Twee hooggeplaaste amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), adv. Nomgcobo Jiba en adv. Lawrence Mrwebi, se name is Donderdag van die rol van advokate geskrap nadat die Algemene Balieraad van Suid-Afrika ʼn aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring het.
Krugersdorp-mesmoord: Slagoffer se naam bekend
Die naam van die man, wat in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval en vermoor is, is bekend gemaak.