Een mens is dood en minstens 40 beseer nadat ʼn bus Saterdag op die R56 buite Ixopo in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Feesganger se lyk uit dam gehaal
Die liggaam van ʼn feesganger wat by die gewilde musiekfees, Rocking the Daisies, verdrink het, is gevind.
UV waarsku oor gevolge as klasse nie hervat
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Saterdag vir sy studente ʼn donker prentjie geskets van die praktiese implikasies indien betogers nie toelaat dat akademiese bedrywighede Maandag hervat word nie.
[Video en foto’s] Verwoestende brand woed steeds buite Tzaneen
ʼn Reusebrand buite Tzaneen in Limpopo is ná twee dae se brandbestryding uiteindelik in bedwang nadat dit minstens 1 000 ha veld en plantasie verwoes het.
Dokter gesoek ná vrou se moord
Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn dokter van Thohoyandou nadat die liggaam van ʼn 25-jarige vrou in sy huis op ʼn hospitaalperseel gevind is.
Plaaskuier ontaard in nagmerrie vir Vrystaat-gesin
ʼn Hoërskoolseun van die Vrystaat se kuier by vriende op ʼn plaas het in ʼn nagmerrie ontaard toe ʼn bakkie waarin hy was op ʼn plaaspad gerol en hy ernstige kopbeserings opgedoen het.
‘Smokkelaar’ probeer glo doeanebeamptes omkoop
ʼn Vrou is Vrydag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem nadat sy meer as $1 miljoen na Dubai probeer smokkel het.
Vrou eers ure later vir slangbyt behandel
ʼn KwaZulu-Natalse vrou moes gister na ʼn hospitaal gehaas word nadat sy op ʼn plaas naby Appelsbosch deur ʼn slang gepik is, maar dit eers ure later agtergekom het.
Drie kinders, nog twee sterf in gru-botsing
Vyf mense is dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Vrydagaand op die R34 naby Vrede in die Vrystaat gebots het.
Reeksmisdadiger swaar gevonnis op 65 aanklagte
ʼn Reeksmisdadiger wat vir meer as ses jaar ʼn skrikbewind in gebiede rondom Polokwane in Limpopo gevoer het, is 447 jaar tronkstraf en 22 lewenslange vonnisse opgelê.
NMMU-studente ‘sal sorg dat universiteit gesluit bly’
Betogende studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het Vrydag gesê hulle sal nie langer met die universiteit se bestuur onderhandel nie, aangesien hulle nie ingelig is dat klasse Maandag hervat word voordat die universiteit dit in ʼn verklaring bekendgemaak het nie.
Uitspraak gelewer oor ‘spioenasiebande’-appèlaansoek
Die konstitusionele hof het uitspraak gelewer oor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vorige bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof, wat 783 korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma heringestel het, aan te hoor.
Tutu: ‘Moet my nie ten alle koste aan die lewe hou nie’
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het die aand voor sy 85ste verjaardag gesê dat genadedood mense toelaat om die wêreld met waardigheid te verlaat en dat hy daarom, wanneer hy op sy sterfbed lê, nie ten alle koste aan die lewe gehou wil word nie.
Upington-man kom op skoonpa se lyk af
“Toe een van die buurvroue agterkom dat dit al heeldag stil rondom die huis is en gesien het dat die hek waaragter sy motors geparkeer staan, oop staan, het sy onraad vermoed.”
AfriSake kap Black First Land First se dreigemente oor grond
Die organisasie Black First Land First (BLF) wat dreig om grond in Suid-Afrika af te neem soos wat Robert Mugabe dit in Zimbabwe gedoen het, is ’n leë dop wat met die harde kant van die gereg te doen moet kry.
Sesjarige in sel aangehou oor ‘onskuldige fout’
Die familie van die voormalige Protea-krieketspeler Boeta Dippenaar is hewig ontsteld nadat sy sesjarige dogter vir 40 minute in ʼn winkelsentrum se aanhoudingsel toegesluit is weens ʼn “onskuldige fout”.
Mauritius-tragedie: ‘My lieflingkind ek mis jou al klaar’
“Jou broers mis jou ook vreeslik baie, hulle huil hulself aan die slaap oor verlange na jou.”
Miljoene rande se Viagra by lughawe gevind
Doeanebeamptes het Donderdag op Viagra-tablette, ter waarde van miljoene rande, by die OR Tambo-lughawe beslag gelê.
Tuks heropen Maandag maar…
Die Universiteit van Pretoria (UP) het Donderdag ʼn buitengewone vergadering gehou om die pad vorentoe te bespreek te midde van voortslepende #FeesMust-Fall-betogings by universiteite landwyd.
Bemiddelingsproses met Wits-studente misluk; vergadering uitgestel
“Een van die nuutste eise deur die betogende studente is dat Wits en alle ander universiteite sluit totdat die regering instem tot gratis onderrig.”